Laat jou gedig die lig sien: Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl het ‘n genotvolle werkswinkel op Saterdag, 15 Junie 2019 oor digkuns aangebied.

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl weereens ʼn poëtiese oplossing:en  ʼn  genotvolle werkswinkel op Saterdag, 15 Junie 2019 aangebied, Negentien mense met digkunskenner prof Bernard Odendaal het dit bygewoon. Nie net vorm dit deel van die monument se Jeugdagherdenkinge nie, maar deelnemers se beste Afrikaanse gedigte sal vir die Groen Galery-uitstalling by die monument oorweeg word.

Danksy die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit en die LW Hiemstra Trust se steun, kon die ATM boonop tien leerders van drie plaaslike hoërskole identifiseer om die werkswinkel gratis ter viering van Jeugdag 2019 by te woon. Verskeie aspekte van digkuns is bespreek en daar was ook ʼn praktiese afdeling waarin daar aan deelnemers se gedigte geskaaf is.
 
Vir diegene wat dalk soms ʼn bietjie dig voel as hulle pen op papier of vinger op sleutelbord plaas om ʼn gedig op te tower, 
Die genotvolle dag, is aangebied in samewerking met die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit en die LW Hiemstra Trust, verskeie aspekte van digkuns is bespreek asook ʼn praktiese afdeling waarin daar aan deelnemers se gedigte geskaaf is. Aangesien die werkswinkel gemik is op belangstellendes wat reeds dig, maar kundigheid oor hoe om hul gedigte beter en treffender te maak wil opdoen, is hulle aangemoedig om een van hul gedigte saam te bring. Odendaal, die direkteur van die ATKV-Skryfskool, is ’n deskundige op die gebied van die Afrikaanse digkuns en self ’n gepubliseerde digter, lied teks skrywer en essay is.


 
Van die vrae wat onder die loep geneem was is:

  • Waarom skryf ons as mense gedigte?
  • Wat onderskei gedigte van byvoorbeeld prosawerk? Met ander woorde, watter kommunikasiewyses en skeppingsmiddele is in die besonder van toepassing by die skryf van poësie?
  • Verskil liedtekste en gedigte enigsins van mekaar?
  • Op grond waarvan kan ’n mens die kunsgehalte van ʼn gedig bepaal?  

    Naas opwindende musiek- en ander geleenthede, bied die ATM jaarliks ʼn reeks kursusse en werkswinkels aan wat fokus op die ontwikkeling van basiese vakkundige vaardighede. Vanjaar se program sluit onderwerpe soos boekherstelwerk, skryfkursus en stersirkelsfotografie in. Voorstelle vir bykomende werkswinkels word verwelkom. Sien www.taalmonument.co.za vir meer en volg hulle op Facebook, Twitter en Instagram. Meer oor die ATKV-Skryfskool by http://humanities.nwu.ac.za/af/atkv-creative-writing/oor-ons

Related posts

Leave a Comment