Meertalige duet herinner luisteraars van God se liefde en genade!

Wanneer kreatiewe breine in die geestelike gemeenskap bymekaar kom om musiek te skryf oor rus, genesing en versoening, kan jy nie anders as om ’n baie inspirerende en passievolle eindresultaat te verwag nie. Dit gee nie net geboorte aan ’n besonderse projek soos VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES nie, maar lei ook tot die ontstaan van liedjies soos, NGIZOKUPHUMUZA (I WILL GIVE YOU REST), wat nie net verskillende tale en kulture verenig nie, maar ook die belofte van God se liefde aan die wêreld verkondig.

Die enkelsnit, wat die vyfde vrystelling is vanaf die album ONE, is geskryf deur In Harmonie se ervaringsontwerper, Andriëtte de la Harpe, in samewerking met Simangele Mashazi, Thami James, Karien de Waal en het ’n lekkerluister wysie wat luisteraars uitnooi om saam te sing. Sima en Andriëtte is ook die pragtige stemme wat op hierdie sielvolle snit gehoor kan word.

Omdat die lewe so besig is, bereik almal soms die punt waar hulle gedaan is. Daarom moet ons konstant daaraan herinner word dat God ons uitnooi om rustig te raak by Sy voete, sodat ons vir ’n slag Sy vrede kan ervaar. Hierdie lied is dus geskep om mense te herinner aan God se ewigdurende liefde, sodat elkeen vrede in hulle harte kan hê.

“Ons wou ’n lied oor rus skryf en wou dit eenvoudig hou om sodoende ook ’n ontspanne atmosfeer  te skep. Deur die snit in Afrikaans en Zoeloe te skryf, is nogal uniek gegewe die geskiedenis van ons land. Ons wou dus daardie spanning binnedring met die kontras van ’n wiegelied. Dit is regtig so mooi wanneer jy op die Here vertrou om Sy hart te deel deur middel van twee baie diverse tale,” sê Thami James. “Ons voel dat alhoewel die styl van die liedjie soortgelyk is aan ’n wiegelied, dit steeds ’n kragtige boodskap dra waarin ons hoop en bid vir oomblikke van versoening tussen hierdie twee kulture.”

Kliek hier om die musiekstorie van NGIZOKUPHUMUZA (I WILL GIVE YOU REST) te kyk:

NGIZOKUPHUMUZA (I WILL GIVE YOU REST) kan saam met die inhoud van die res van die album afgelaai word by

http://itunes.apple.com/album/id1464065361?ls=1&app=itunes

http://itunes.apple.com/album/id/1464065361

LIEDJIES OP DIE ALBUM

1. Planted (met Lebohang Kgapola en Rashid Adams)

2. Be Glorified (met Sima Mashazi)

3. Ngizokuphumuza (I will give you rest) (met Sima Mashazi en Andriëtte de la Harpe)

4. Tot Stilstand (met Carlyn Ganz en Gideon Nel)

5. Least of These (Vuka / Arise) (met Lebohang Kgapola)

6. In just one moment (met Mégan Schilder)

7. One (met Lesego Senwamadi en CJAY)

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook:   https://www.facebook.com/vibrancyza

Instagram:  @Vibrancy_za

Twitter:   @Vibrancy_za

Webtuiste:  www.vibrancycollective.com

Hutsmerke:  #Vibrancy #ONE #VibrancyCollective #InHarmonie

PUBLISITEIT EN BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS


Alani Coetsee – PUBLICIST

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →