AGTERGROND
As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die intrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sê daar bestaan nie iets soos ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8’s vir ontbyt en spoeg hulle soos fyngekoude grate uit. Een vir een.
Wanneer Daniël en Malebo een nag uit die koshuis glip en hulle vasloop in ’n skelm – wat vir Peet soos ’n lammetjie laat lyk – begin hulle probleme werklik. Moet hulle vir iemand daarvan vertel? Kan hulle dit waag? Sê nou daardie ou kom een donker nag terug om sy dreigemente uit te voer?
Hoërskool is beslis nie vir sissies nie!
OOR DIE OUTEUR
Nerine Ahlers matrikuleer aan die die Hoërskool Menlopark en studeer verder aan die Universiteit van Pretoria, waar sy ’n MA-graad verwerf. As gekwalifiseerde taalonderwyseres gee sy Frans op hoërskool.
Sy is die skrywer van Onkant en medeskrywer van Liefde is …, Ek en jy, Weg en die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; Sms’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees; Skaduwees, skatte en skelmstreke en Soene, sonroom en seestrome. Liefde is … en Selfone, skelms en sjokolade ontvang albei ATKV-Kinderboektoekennings.
VERKOOPSMOONTLIKHEDE
Nerine Ahlers is ’n gerekende jeugboekskrywer en van haar boeke het al pryse verower. As hoërskoolonderwyseres is sy bekend met die leefwêreld, taalgebruik en belangstellings van tieners. In Die Rietrotte van Rietvallei Hoër word aktuele kwessies soos misdaad en gesinsprobleme op uiters suksesvolle wyse verweef met die prettige kaskenades van ’n klomp tienerseuns. Die boek is die eerste boek in die Rietrotte-reeks. Mense wat dié boek koop sal dus ook die opvolgende boeke koop om uit te vind hoe Daniël se lewe verloop.
LESERSPROFIEL
Jong tieners (graad 6 tot 8, ouderdom 12 tot 14), veral seuns.
TITEL: Die Rietrotte van Rietvallei Hoër (1)
OUTEUR: Nerine Ahlers
GENRE: Jeugfiksie
PRYS: R160.00 (BTW ingesluit)
VERSKYNINGSDATUM: Julie 2019
ISBN (gedrukte boek): 978-1-4853-0998-7
ISBN (e-boek): 978-1-4853-0999-4
ISBN (epub): 978-1-4853-1000-6
FORMAAT: 213 x 137mm
HARDEBAND/SAGTEBAND: Sagteband
AANTAL BLADSYE: 132
VERSPREIDING: Wêreldwyd

Minnistraat 8, Clydesdale • Burnettstraat 1067, Hatfield, 0083 • Posbus 35110, Menlopark, 0102
Tel. 012 3436279 • Faks: 012 3436279
martie@proteaboekhuis.co.za • www.proteaboekhuis.com