Reshane Viljoen was onlangs by bekendstelling van Lance James se nuwe album, Swan Song

Die gemiddelde kunstenaar se rakleeftyd is gewoonlik so lank soos sy laaste treffer nog hoorbaar is en dan stilweg verdwyn; maar dan kry kunstenaars wat groter as hul treffers is. Kunstenaars soos Lance James wat al vir meer as 60 jaar die wêreld bekoor met sy outydse sjarme en nie treffers na-jaag nie, néé, die treffers jaag hom na. Op die ouderdom van 80 het Lance besluit dis tyd om sy laaste “Swan Song” te sing. Dít is gewoonlik die lied wat jy sing voor die gordyn vir oulaas sak. Die lied wat mense soos Edith Piaf gesing het en daarna inmekaar gesak het. Die lied waarmee jy ‘n era groet wat jou net goed gedoen het en jou die platform gegee het om harte aan te raak en jou passie te leef.

Lance James het pas sy Swan Song album bekendgestel met die hulp van die befaamde Matthew Fink, Benjy Mudie en as uitvoerende vervaardiger, Charles Kühn. Die eindproduk ‘n samestelling van oorspronklike, unieke en emosionele sielvolle snitte wat nie net herinneringe van die laaste 60 jaar oproep uit Lance se loopbaan nie, maar ook jou hart opnuut gaan verwarm.

Alhoewel Lance James met sy Swan Song eintlik sy aanhangers wil nalaat met ‘n versamelstuk, maak hy in die goeie sin van die woord ‘n nuwe blik wurms oop – want duidelik begin ‘n mens wonder of dit regtig ‘n groet-album is as jy luister na die nuwe snitte en duette met kunstenaars met ‘n heel ander aanhang as die stereotipiese Lance aanhangers wat sy gewildheid net gaan verdubbel. Hy gaan ‘n hele nuwe mark deurboor met hierdie album, maar die wonderlike is dat die unieke Lance James-stem steeds die middelpunt van die album bly. Sy suksesresep het nie vernader, hy het ons net weereens kom verras – soos ons die man met die hoed al ken vir dekades.

Liedjies soos ‘Trouble will soon be over’ wat al in 1927 geskryf is. ‘Don’t let the old man in’ met gepaste lirieke soos “Many moons I have lived, my body’s wearthered and worn. Toast each sundown with wine, don’t let the old man in” wat Lance se lewensreis haarfyn beskryf.

‘Cry to me, ‘The Glory of Love, As long as I live’ (duet met Nianell), ‘The pain of loving you’ (duet met Elizma Theron en Liza Brönner)…net om ‘n paar te noem.

‘n Swan Song is gewoonlik waarmee jy groet. DANKIE sê vir elke skone môre. Dankie sê vir elke nuwe dag. Dankie sê, dat HY oor jou gewaak het, deur die donker nag.

Lance James sê DANKIE met sy Swan Song vir jare se ondersteuning en dra die boodskap oor dat hy nou die ateljeemikrofoon gaan ophang langs sy hoed.

Maar ek so idee ek moet afsluit deur te sê: …..Lance James is terug…..

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →