Frikkie van Biljon – Dalk Nooit

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Frikkie van Biljon kom al ‘n lang pad na sy eerste optrede voor ‘n gehoor toe hy ‘n knapie van skaars vyf was. Hierdie Vrystaatse plaasseun het groot naam gemaak op plaaslike radiostasies landwyd met sy debuutenkelsnit, JOU WêRELD. Skaars ‘n paar maande later en Frikkie verras ons met ‘n nuwe enkelsnit, ELKE STUKKIE KAAP. ‘n Liedjie waar hy die pen gedeel het met Steffie Le Roux; ‘n sangeres wat ook deesdae op almal se lippe boer. Stadig maar seker kruip Frikkie onder die volk se vel in en is terug met die mooiste ballade, DALK NOOIT.

‘n Ballade oor die liefde. Die taal van liefde is universieël, maar soms word ons verlore in die vertaling daarvan. Frikkie, wat die musiek geskryf het en die lirieke deur Jan Albert Short, benader die die liefde met moed, maar ook twyfel. Sal dit ooit gebeur? ‘n Lied wat beslis vinnig ‘n groot treffer gaan word, want elkeen van ons was al in die posisie waar ons vrae oor die liefde gevra het. Dalk of dalk nooit?

Frikkie het al wat ‘n sangkompetisie gewen met lof en selfs ‘n op ‘n jong ouderdom ‘n platekontrak losgesing by Corrie Myburgh. Hy was nog skaars op hoërskool, toe sing hy al die wêreld aan die brand; tree op by ATKV oorde en doen voorvertonings vir groot kunstenaars soos Jannie du Toit, Christa Steyn, Rina Hugo, Steve Hofmeyr en vele meer. 

Hierdie rekenaarporgrammeerder en pa van vier kinders droom groot! Behalwe vir sy bediening by die Gereformeerde Kerk in Centurion is hy volstoom op pad om vir Suid Afrika sy talent te wys. Frikkie is besig om, enkelsnit vir enkelsnit, te wys hy is besig om sy ankers vas te slaan in die Afrikaanse musiekbedryf.

Frikkie het ook ‘n voorsmakie van sy musiekvideo as lusmaker wat hier beskikbaar is (die video word 19 Julie 2019 digitaal beskikbaar gestel):

Volg vir Frikkie op sosialemedia:

Facebook: https://www.facebook.com/frikkievb

Instagram: https://www.instagram.com/frikkievb

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UC4C4-ABpKESdCRb3UVoVhtw

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

Related posts

Leave a Comment