
Die baie bekende Toks van der Linde (van TOKS EN TJOPS-faam)
en die sangpaar Christo en Cobus (van DIE BROERS-faam) tree op 8 Augustus by
Carnival City se BRU’s (APPLAUSE TEATER) om 20:00 op. Dis ‘n heerlike
rugby aand vol pret en plesier om die langnaweek mee af te skop.
Besprekings kan gedoen word by Computicket 08619158000. Groepe meer as 10
kry lekker afslag deur Monica te skakel by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com Die produksie word
aangebied met die vriendelike samewerking van Tafel Lager.
Daar gaan heerlik rugby gesels word deur die ou grote, Toks van der Linde en
musiek gemaak word deur Christo en Cobus. Toks gaan ook ‘n lekker
sportvasvrae aanbied om die manne en dames se sportkennis te toets. Daar
gaan ook lekker Tafel Lager pryse op die spel wees.
Toks van der Linde het bekendheid verwerf as uitstekende stut vir WP en natuurlik die Springbokke. Nadat hy uitgetree het uit rugby, het hy ‘n bekende televisie-aanbieder geword met suksesvolle TV-programme soos OOR DIE KOLE en TOKS EN TJOPS wat beskou word as een van kykNET se top programme. Hy is ook baie bekend in die korpoatiewe wêreld en is ‘n baie gewilde geleentheidsspreker wat partykeer ook sommer lekker opera sing met Figaro as sy gewildste opera.
Christo en Cobus is ‘n bekende sangpaar wat baie bekend daarvoor is dat hulle ‘n partytjie aan die gang kry. Hulle TREIN NA MARGATE wat deur Steve Hofmeyr geskryf is, is seker een van hul grootste treffers. Hulle het hierdie treffer opgevolg met 7 X 70 wat ook baie gewild is. Saam met hulle ander broer, Nic Stevens, vorm hulle ook die gewilde trio, DIE BROERS.
Kom geniet “AAND MET TOKS VAN DER LINDE en CHRISTO & COBUS.” Heelwat Tafel Lager produkte sal gewen kan word.
UITGEREIK DEUR LEFRA KOMMUNIKASIE EN BEMARKING
MEER INLIGTING/KOMPETISIES/ONDERHOUDE
CHARL SENEKAL – BEMARKINGSBESTUURDER
TEL: (011) 815 3000
EPOS: admin@lefra.com