Valeska Muller se debuut-album is nou beskikbaar!

Valeska Muller het oor die jare die kuns bemeester om met haar strelende stem, ritmiese musiekverwerkings en eerlike lirieke diep spore te trap in die harte van luisteraars regoor die land. Daarom het dié geliefde ster aanhangers behoorlik aan die gons met die vrystelling van haar langverwagte debuut-album, MY SIMFONIE, wat nie net haar stem en talent behoorlik laat skitter nie, maar ook ’n musiekversameling bied wat aan elke smaak sal voldoen. “Hierdie album is letterlik ‘MY SIMFONIE’. ’n Uitgebreide musikale samestelling van my lewe en, natuurlik, my groot liefde…

Lees meer

Die vierde Proe’toria-Fees is om die draai – Bespreek nou jou kaartjies aanlyn!

“Ek glo kos en kultuur is wat ons gemeenskap die beste bind en kan laat ontsnap uit die stres van die alledaagse lewe. Watter beter plek is daar dan ook nie om albei te geniet, as in die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine – saam met vriende, familie, lekker kos en goeie musiek- nie? Kom ontsnap saam vir ’n fantastiese dag in die stad,” sê Joe Foster oor die vierde jaarlikse PROE’TORIA-fees in Gauteng, waarvan hy een van die uitgesoekte sangers is wat gaan optree.  Op 31 Augustus 2019 vier EPH Events die Lente met…

Lees meer

PROE’TORIA, IT IS ALMOST TIME FOR THE FOURTH ANNUAL PROE’TORIA OUTDOOR FESTIVAL – BOOK YOUR TICKETS ONLINE!

“I believe that food and culture are the things that bring communities together and give us the opportunity to escape from the stresses of everyday life. There is definitely a no better place for a get-together with friends and family to enjoy good food and great entertainment than the Pretoria National Botanical Gardens, so come and enjoy the day with us,” says Joe Foster about the fourth annual PROE’TORIA. He is one of a selected few artists that is set to perform at this great event. On 31 August 2019…

Lees meer

Scott Engelbrecht, sing soos ‘n nagtegaal!

Suid Afrika het lanklaas ‘n kinderster gehad en wat nog daarvan as hy, van alle dinge, kan sing soos n nagtegaal! Scott Engelbrecht is slaggereed om met sy kinderskoene, diep spore te begin trap in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, want hy doen dit reg. Om mee te begin het hy profesionele sangopleiding onder die begaafde hande van Malie Kelly en Yulia Patrascoiu, en dan is daar ‘n groot familie en Lydia Winchester in die prentjie – die’ wenresep staan geskryf, groot op die swartbord. Scott is tans 10 jaar oud en…

Lees meer

Die Rietrotte van Rietvallei Hoër (1) deur Nerine Ahlers

AGTERGROND As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die intrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sê daar bestaan nie iets soos ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8’s vir ontbyt en spoeg hulle soos fyngekoude grate uit. Een vir een. Wanneer Daniël en Malebo een nag uit die koshuis glip en hulle vasloop in ’n skelm – wat vir Peet soos ’n lammetjie laat lyk…

Lees meer

Die bullebakke – Episode 2 deur Aaron Blabey

DIE BOEK / THE BOOK 10 000 hoenders is vasgevang in ’n hoë-tegnologie-hoenderplaas. Wie sal hulle kan red? Dit klink soos ’n missie vir die nuutgestigte Goor Gawies-klub. Mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha is gereed vir die uitdaging. Maar daar is een klein probleem … Een van hulle is baie lief vir hoendervleis. Maar toemaar, hulle is mos nou Goeie Ouens. Wat kan tog nou verkeerd gaan?        Dié prettige boek is van bladsy 1 tot 144 vol snaakse illustrasies wat lui lesers sal geniet! 10 000 chickens…

Lees meer

Die bullebakke – Episode 1 deur Aaron Blabey

DIE BOEK / THE BOOK Ontmoet mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha. Hulle maak mens bang, hulle is gevaarlik en hulle is sommer net … GOOR. MAAR hierdie vier ouens wil graag helde wees. Hulle is moeg daarvoor om as slegte ouens gebrandmerk te wees. En hulle wil dit bewys, of jy nou daarvan hou of nie. En hul eerste missie as GOEIE ouens besluit mnr. Wolf om honde uit ’n maksimum-sekuriteit-hondeskut te red. Maar sal die missie slaag met dié vier bullebakke saam?        Dié prettige…

Lees meer

So You Want to Build a Startup? Matthew Buckland

DESCRIPTION ‘Successful people who pretend they have it all worked out and have executed flawless plans to get to their objective – are not being truthful. Be careful of these posers … In reality, business and life is a series of successes and setbacks.’ After bailing out of the corporate world, new-media journalist Matthew Buckland built a digital-marketing and media business, Creative Spark, that employed 70+ people and counted top global and local brands as clients. He fulfilled many an entrepreneur’s dreams when, after five years, he sold his baby…

Lees meer

Ming­Cheau Lin – Yellow and Confused

‘Strangers pulling their eyes slant at me when they walked by. They’d pretend to be Chinese and make fake nasal­pitched noises that they thought passed for an Asian language.’ Ming­heau Lin’s family emigrated from Tainan, Taiwan, to South Africa when she was three years old. Growing up in the ’90s, in the largely Afrikaans Bloemfontein, within a small East Asian community, she was always the outsider. Too ‘yellow’ for the whites, but ‘not Asian enough’ when she didn’t conform to the rules of her first­generation Asian elders. Taiwanese or South African, good girl or rebel, creative or a disappointment? Ming­Cheau, widely known for her passion for Taiwanese home cooking and popular cookbook, Just Add Rice, shares her personal journey as she tries to understand and rise above the hurdles she has experienced. Yellow and Confused provides a colourful and engaging look into an authentic and uniquely South African life.   About the author, Ming­Cheau Lin was born in Taiwan and is the author of Just Add Rice (2018). She grew up in Bloemfontein, is a freelance copywriter and runs a food blog butterfingers.co.za as a platform to share insights into Taiwanese culture through recipes and stories. She has a BA in creative brand communications, specialising in copywriting. Media Enquiries Contact: Jean Pieters Tel: 021 406 3033 Email: jpieters@nb.co.za Kwela is an imprint of NB Publishers  Tel: +27 (0) 21 406 3033  Email: www.nb.co.za Publication date: 25 August 2019 Price: R280,00 Pages: 236 Format: 234mm x 152mm  Binding: Paperback / softback Category: Biography ISBN­13: 9780795709203 Epub ISBN: 9780795709210 Mobi ISBN: 9780795709227 Edition: 1 Impression: 0 * Price is subject to change

Lees meer

Jan Braai – Vegetaries

‘n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee ­ is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings ­ sal selfs die vleiseters terugkom vir nog ‘n skeppie!  Oor die skrywer   Jan Scannell – beter bekend as Jan Braai – se groot passie is vleis en vleisbraai. Jan het Nasionale Braaidag eiehandig ’n jaarlikse kuieren kosfees gemaak deur  Erfenisdag nie­amptelik te herdoop tot Braaidag. Die een aktiwiteit wat alle Suid­Afrikaners saambind is immers om kos oor oop vure te kook. Medianavrae Contact: Jean Pieters Tel: 021 406 3033 Email: jpieters@nb.co.za Human & Rousseau is ‘n druknaam van NB­Uitgewers  Tel: +27 (0) 21 406 3033  Email: www.nb.co.za Publikasiedatum: 30 Augustus 2019 Prys: R370,00 Bladsye: 200 Formaat: 250mm x 200mm  Bindstyl: Sagteband Kategorie: Kookkuns ISBN­13: 9780798179379 Uitgawe: 1 Druk: 0 * Prys onderhewig aan verandering

Lees meer