FOTO KREDIET: BRENDAN CROFT

Die amptelike premiere van die nuwe Quentin Krog rolprent, ANDER MENS, wat op 23 Augustus 2019 in fliekteaters landswyd open, is op Woensdagaand, 7 Augustus 2019 by Ster Kinekor, Cedar Square in Fourways gehou. Neil Sharim was die seremoniemeester vir die aand en het talle bekendes en gaste, uit verskeie sosiale- en mediakringe verwelkom; waaronder Dawid Louw, Christelle van den Bergh, Bouwer Bosch, Zetske van Pletzen, Altus Theart, Sharoney, Hendri Myburgh, Beer Adriaanse, Mila Guy, Simoné Nortman en vele meer.





In sy toespraak het Krog sy span, die akteurs en Marche Media bedank vir hulle harde werk en toewyding.




Van die akteurs wat in die fliek te sien is wat op die rooi tapyt verskyn het is Jana Cilliers, James Borthwick, Bennie Fourie, Marlee van der Merwe en André Weideman.
AMPTELIKE FOTOS VAN DIE PREMIERE:
https://www.dropbox.com/sh/olks82j7h5zry3q/AAD9ba83bIfFXamMdlOGE_Hna?dl=0
ANDER MENS vertel, met oorgenoeg aksie en donkerhumor om kykers op die punte van hulle stoele te hou, die spanningsvolle verhaal van ’n doodgewone en baie vervelige boekhouer, Daniël Niemand, wie se lewe onherroeplik verander nadat ’n reeks misverstande sy bestaan heeltemal omvergooi. Alhoewel die chaos tot groot tragedie lei, help dit hom ook om ’n belangrike persoonlike oorwinning te behaal.
Die fliek is vervaardig deur Marche Media (Die Seemeeu, Kanarie) in samewerking met kykNET Films, M-Net Movies en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI) en word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal by plaaslike bioskope begin draai op 23 Augustus 2019.




Kyk die lokprent hier: https://youtu.be/NM7zUkjcZ2c
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/AnderMens2019/
Twitter: @marche_media
Instagram: @Ander_Mens_Film