Kwaggabees se nuwe enkelsnit Crazy mal oor jou is hier!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Sy verhoognaam laat jou nuuskierig wonder wat jy gaan hoor en dan skielik slaan ‘n, gemaklike, rou en eerlike stem jou vas teen die voorkop.

Kwaggabees is ‘n boorling van Parys in die Vrystaat waar sy musiekloopbaan vlam gevat het en musiek nou ‘n leefstyl vir hom geword het. Sedert 2012 is hy te sien op elke fees en groot verhoog in die land en het die mense op hul voete met sy uitmuntende kitaarwerk, sterk stem en danstreffers waarmee mense hom nie van ‘n verhoog wil laat afklim nie!

Vir sy eerste album in 2014 word hy genomineer vir ‘n Ghoema-toekenning vir die katogorie, ‘Beste Alternatiewe album’ van die jaar. 2016 stel hy sy tweede album, Dans Dans vry en maak dit visueel deur 6 musiekvideos wat daarmee saamgaan wat jy almal op KykNET kan sien.

Crazy mal oor jou is nie net nóg ‘n soetsappige liefdesliedjie nie, maar gegrond op ‘n ware verhaal wat jou hart gaan laat krimp. Hierdie man het ‘n liedjie geskryf vir sy seun, Meyer. Voor jy dink daar’s niks uitmuntend daaraan om vir jou kind ‘n lied te skryf nie; lees net gou verder…

Sy vrou was swanger en na fatale komplikasies was ma en seun in gevaar en die dokters moes ‘n besluit neem – nood keisersnit – of ons verloor beide. Klein Meyer is gebore en het slegs 650 gram geweeg. Een van die kleinste baba’s nóg gebore. Hy was 89 dae in Intensiewe Eenheid en na baie liefde, hoop en gebede is hy vandag ‘n gesonde vierjarige kleuter wat die liedjie kan waardeer wat sy pa vir hom geskryf het. ‘n Liefdesliedjie, maar op ‘n heel ander vlak. Kwaggabees het ook ‘n musiekvideo hiervan gemaak waar jy die pad en groei kan sien hoe klein Meyer geveg het, want om te kan leef is ‘n voorreg en hy wóú lééf!

Hierdie lied en musiekvideo gaan jou hart oorrompel en van voor die waarde van LEWE laat waardeer en die liefde van ‘n pa vir sy seun laat sien deur sy groot hande wat die snare tokkel, ‘macho look’, en growwe stem – maar gedoen met ‘n hart vol liefde vir sy bloed.

Hierdie gaan jou hart aanraak; nes Kwaggabees se musiek alreeds doen.

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

Related posts

Leave a Comment