Dricus se debuut enkelsnit “Jou hart by my kom steel” is nou digitaal beskikbaar!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

“Ek het my hart aan jou verkoop, jy het gesweer ja tot die dood, waar is ons liefde dan nou heen, wie het jou hart by my kom steel”

Hierdie is diep rakende lirieke uit Drickus se debuut enkelsnit “Jou hart by my kom steel” wat vandees week op alle digitale platforms vrygestel gaan word.

Drickus Bezuidenhout is geen onbekende naam in die musiek industrie nie. Na jare se liedjies skryf en optredes saam bekende kunstenaars onder andere Jaun Boucher en Ricky Faber het hy besluit om die keer ‘n lied in sy eie naam aan die publiek vrytestel en ons weet sommer dit gaan diep met mense se harte praat.

Hy vervaardig self die lied saam met die bekende vervaardiger en musikant Byron Kuntz wat tans in Perth, Australie woon. Byron is bekend vir meeste van Jaun Boucher se treffers wat in die laaste paar jaar die lug golwe van SA gesien het.

Drickus is ook die Stigter van Merge Music Studio in Drie Riviere, Vereeniging en het al kwaliteit produksies uitgesit vir kunstenaars onder andere Ricky Faber, RNK en Verona Goslett om maar net ‘n paar tenoem.

Dit sal nie die eerste keer wees wat ‘n sessie musikant die gehore bekoor met ‘n solo loopbaan nie.. Rickus Nel en Danny Smoke sing tans die land aan die brand en het ook begin waar Drickus vandag staan.

Geniet die Lied!!!!

Related posts

Leave a Comment