In die enjinkamer kook dit!

Geskryf deur Suna Snyman

Nia Maritz van die The Boiler Room is veel meer as net nog ‘n blitsbrein – ja! sy is vinning … maar sy’s ook deeglik, empatiek en as sy eers jou doelwitte onderhande gekry het, is jou kanse maar min om dit nie te behaal nie.

https://www.coach-sa.co.za/

Daar’s ysters in die vuur

Soos meeste van Nia se kliënte het sy heelwat ysters in die vuur en deel sy haar ondervinding en wysheid graag met diegene wat haar op sosiale media volg. Sy het ‘n string afrigtings-kwalifikasies en is ICF geakrediteer, haar indiepte studies het haar veral bewus gemaak van die uitdagings rondom tydsbestuur en beplanning en sy gee gereeld raad in die verband. Sy is ook ‘n voorloper en leier op die gebied van self-bemagtiging en ontwikkeling van persoonlike groei.

Besoek gerus haar website (https://www.coach-sa.co.za), haar Linkedin profiel en kry so ‘n dieper insig – lees nie net meer van Nia se ondervinding nie, maar ook van die hele leefstylafrigting industrie. Volg haar op facebook (onder Coach-SA) en neem deel in haar interaktiewe gesprekke en motiverings praatjies op youtube.

Nia publiseer ook leefstylafrigtings blogs op Coach-SA en gee indiepte raad en leiding saam met ander welbekendes in areas soos die voorbereiding van jou CV en die behaal van die regte akademiese kwalifikasies vir spesifieke posisies. Sy ondersteun jou deur die aansoekproses vir nuwe werk en blog ook oor leefstyl evaluasie en uitkomste.

Nia tweet ook allerhande wyshede op twitter en deel so ‘n bietjie van haar persoonlike lewe in haar Instagram profiel – sy is al self deur diep waters (sy is ‘n weduwee en alleen-ouer van ‘n tienerdogter) en haar grootste dryfveer is om andere te ondersteun en te help.

Maák dat dit saak maak Nia is ‘n medeskryfster van twee self-help boeke (Know your worth (verkrygbaar op Amazon) en Maak dit gebeur, ‘n besluiteboek). Sy het jare se ondervinding as joernalis, maar haar diepste passie lê by mense en die groot moontlikhede wat elk van ons in ons dra. Ons almal droom – en as mens iets kan droom, kan jy dit waar maak

https://www.amazon.com/s?k=Nia+Maritz&i=stripbooks-intl-ship&ref=nb_sb_noss
http://voelgoedboeke.co.za/?s=Maak+dit+gebeur&product_cat=0&post_type=product

Maai wat jy saai

Om terug te kry wat mens gesaai het is een van die wonderlikste oomblikke in die lewe – of miskien nie altyd nie … het jy al gewonder wat jy alles sal moet verander om uit te sien na jou eie oes?

Die bemagtiging van andere is Nia se missie, maar sy besef maar alte goed dat dit is nie altyd ‘n maklike pad vir mense is om in hulself te glo nie. Sy deel so veel as wat sy kan deur haar boeke en op sosiale media, maar daar kom ‘n tyd wanneer mense nie meer net wil lees oor wat andere vermag en wonder oor wat hul selfmoontlik kan vermag nie, dit is tyd om in te spring en daadwerklik verantwoordelikheid te neem vir jou eie lewe en jou persoonlike en beroeps toekomsvisie.

As mens op die drumpel staan om volle aanspreeklikheid te aanvaar dan het die tyd aangebreek dat jy die bystand en leiding van iemand soos Nia nodig het – tyd vir ‘n leefstylafrigter.

Die enigste ding waarvan ons seker kan wees: verandering

Wat beteken dit nou regtig om leefstyl afrigting te ontvang? Jy kan vir Nia kontak via email (nmaritz@outlook.com), sy gesels graag met almal wat belangstel om hulself ten volle te ontgin. In hierdie proses sny mens so na aan die been end it is belangrik om te onthou dat vertroulikheid nie onderhandelbaar nie. Nia se kliënte getuig daarvan dat sy 100% betroubaar en ‘n goeie luisteraar is.

As ‘n leefstylafrigter sal Nia jou help om jou doelwitte duidelik te stel en te verstaan; en dan ook die bystand en motivering gee om jou te help om objektiewe terugvoer te verwerk en aksieplanne daar te stel.

Bemagtig jouself

Elke kliënt is uniek en daarom word ‘n persoonlike program vir elkeen uitgewerk: diepgaande dinge word gefasiliteer deur ‘n leefstylafrigter en dit behels onder andere die aanleer van nuwe vaardighede, die ontwikkeling van stratigieë en die verandering van leefstyl – inaggenome dat mense moontlik jare-lange gewoontes en maniere van doen het wat geherevalueer moet word, is dit nie ‘n maklike pad nie.

Om die nodige veranderinge te begryp en persoonlike en beroepsdoelwitte te bepaal vra baie van ‘n mens: jou leefstylafrigter sal saam met jou werk en jou motiveer om nuwe vaardighede aan te leer en om insig te kry in jou eie lewe en manier van doen.

Onthou altyd dat enige ander mens, of dit nou jou ma of jou leefstylafrigter is, kan net aanbevelings maak – jy is die enigste mens wat verantwoordelik is vir jou eie sukses en die kwaliteit van jou lewe – maak dit die moeite werd.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →