Neil Nachtrein – Op plekke waar ons eens was

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Neil is ‘n sanger en liedjieskrywer uit die hartjie van die Vrystaat. Elkeen het sy eie storie waar hy begin het, maar Neil sin was regtig aan die onderste spar van die leer na sukses. Hy het in 2003 begin deur ‘open mic’ aande in London te doen. 2006 begin hy sy eie musiek skryf en keer terug na sy vaderland waar hy eers plaaslik in Bloemfontein opgetree het waar daar ‘n geleentheid was. In 2012 reik hy sy eerste album, ‘Gisters & Blisters’ uit en sedertdien tree saam op as lid van Blomtrein (met sy sangmaat, Jan Blohm).

Na 3 jaar van Blomtrein ry, besluit Neil om op ‘n ander stasie af te klim en sy eie trein se stoom aan te vuur. Die grootste deel van sy vertonings is oorspronklike, alternatiewe afrikaanse musiek, maar hy kan ook ‘n ‘rock & blues covers’ behoorlik ‘rock’. Sy verhoogpersoonlikheid is gesellig, lig en komies. Maar tussen woorde en stiltes, word hy intiem met elkeen in die gehoor. Dis so asof jy voel jy ken hom persoonlik wanneer jy daar uitstap.

Sy nuwe album is gepak met oorspronklike musiek en kyk jy na die titels, kan die nuuskierigheid jou nie inhou om dadelik te begin luister nie. Titels soos “Pelgrim, Stilste uur (wat besig is om ‘n groot treffer te word), Op plekke waar ons eens was, 1998, Rivier” en nog vele meer. Dis als tema’s, woorde en ervaring uit Neil se pen wat jou tot diep in hierdie man se siel sal laat sien. Hy trek jou in, of jy dit wil voel of nie. Jy word deel van Neil Nachtrein…

Hy persoonlik glo daar moet ‘n gevoel van jouself in jou musiek wees. Al skryf jy ‘narrative’ oor iets anders of iemand anders; of wat jy gesien of observeer het, moet daar ‘n stukkie van jouself uitgetrek word om dit te kan voel en weergee. In sy eie woorde sê hy: “Ek dink daar’s ‘n verskil tussen invloede en inspirasie. Dit wat ons luister en dit wat ons lees – dis als invloede. Inspirasie kom uit die werklikheid uit. Partykeer is dit net iemand wat jy sien sit by homself of ‘n paartjie wat saam onder ‘n sambreeltjie stap.”

Luister na Neil en jou hart gaan die shant hoor en jy gaan wil saam reis na nuwe bestemmings. Nuwe stasies. Selfs al is dit na binne. Neil Nachtrein is dié nuwe naam op almal se lippe wat van so bietjie meer alternatiewe musiek hou.

Hou vas jou hart; Neil gaan jou saamvat op reis.

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

Related posts

Leave a Comment