Saarkie stel nuwe musiekvideo vry!

Die immers gewilde rock-groep, SAARKIE, het onlangs hulle nuwe enkelsnit, Suidwes-Afrika, vrygestel wat reeds op talle trefferparades landswyd pronk. Nou volg die musiekvideo van hièrdie gewilde liedjie.

Die lied is geskryf deur Adèle Fouché, Lila Botha en voormalige lid, Erika Pretorius.

“Die video is geskiet by die Visrivier Canyon. Ons avonture gee vir ons inspirasie vir ons liedjies –  ons het die Visrivier Canyon in Namibië gaan stap wat 90km in totaal is.  Ons was 19 vriende waarvan 9 verdwaal het en vir 3 dae weggeraak sonder kos of water! Hulle is uiteindelik gevind en dit was baie traumaties vir almal,” vertel Lila, die drommer van die groep.  

Mjön van Blommestein (een van die lede van Saarkie) het met die kreatiewe konsep na vore gekom, die regie behartig en die video is vervaardig deur Girl with Hat Productions (Mjön se maatskappy). “Ons het ook gebruik gemaak van ‘n drone (Andy van www.nowaytoofar.de) om van die skote oor die Visrivier Canyon te verfilm,” vertel Mjön.

“Die lied sal altyd vir ons spesiaal bly omdat dit ‘n lewenservaring was wat ons altyd sal onthou.  Die Canyon is ongelooflik mooi en ons het die staptoer vreeslik geniet.  Toe ons vriende nie by die eindpunt aangekom het teen sonsonder nie, het ons geweet iets is verkeerd.  Baie mense het gehelp soek na hulle en ons was so bly toe almal veilig terug is. Die liedjie is spesiaal want dit was hoe ons gevoel het op daardie oomblik toe almal na hulle gesoek het,” voeg Lila by.

SAARKIE bestaan uit Adèle Fouché (kitaar- en mondfluitjiespeler, voorsanger en liedjieskrywer), Lila Botha (dromspeler en agtergrondstem) en Mjön van Blommestein (baskitaar-, ukulele- en mondfluitjiespeler, agtergrondstem, en mede-liedjieskrywer) en vier vanjaar hulle tiende bestaansjaar.  Hulle word beskou as een van die mees suksesvolle rockgroepe in die land. 

Kyk video hier: https://youtu.be/zuYBUJ1OBio

Kry Suidwes-Afrika op hierdie digitale platforms:

Spotify: https://open.spotify.com/track/0gPcC9ZP5iVadNmqYzfzzt?si=UE5QuPGcS1WXX1inGrctAw

Deezer: http://www.deezer.com/track/406540612

iTunes: https://itunes.apple.com/za/album/suidwes-afrika/1282128919?i=1282128931

Kry die volle album, Queen van die Toorbos hier:

https://itunes.apple.com/za/album/queen-van-die-toorbos/1282128919

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/saarkieband/

Twitter: @SaarkieBand

Instagram: @saarkieband

Webblad: www.saarkie.com

NAVRAE

Besprekings

Elize Fouché

Sel: 082 575 3184

E-pos: info@saarkie.com

Publisiteit & Bemarking

Starburst Promosies

Gizela Arndt

Sel: 083 399 6869

E-pos: gizela101@gmail.com

Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS


Alani Coetsee – PUBLICIST

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →