Sonja Lochenberg – Alles net vir jou

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Asof die voorreg om ‘n plaasmeisie te wees nie alreeds ‘n riem onder die hart is nie, is hierdie sangeres ook ‘n direkte afstameling van dié Andries Pretorius. As klein dogtertjie op ‘n plaas tussen Ottosdal en Lichtenburg het sy gedroom van gehore groter as die skape, beeste en hoenders om haar en vandag het die melkweg die ster laat val.

2006 neem sy haar debuut album op onder die bekwame hande van Blackie Swart met die treffer, ‘Twee plus Twee’. Dié plaasmeisie begin toe boer in tydskrifte soos Huisgenoot en Vrouekeur.

2008 neem sy haar tweede album, ‘Droom van my’ op. En nou is sy terug met ‘n splinternuwe album getitteld, ‘Alles net vir jou.’ ‘n Album gevul met liedjies uit haar eie pen, geinspireerd deur die liefde – goed of sleg.

‘Boertjie van die Klein Karoo’ gaan groot aanklank vind, veral (tong-in-die-kies) onder die Boer soek ‘n vrou deelnemers.

En dan maak sy die album se plaashek toe met ‘n treffer / duet saam met die Liefling-faam en bekende sanger, Rudi Claase.

Sy vertel hoe haar ma, ver swanger met haar, vir ure na Bles Bridges gestaan en luister het in die OK Basaars en ander winkels waar kunstenaars destyds opgetree het. Daar het sy reeds die ritme en emosie van musiek gevoel deur haar ma. Dan vertel sy verder hoe sy as tweejarige dogtertjie op die kombuistafel gestaan en sing het met kombuistoerusting as mikrofoon.

Vergeet van die generaals; musiek vloei sterker deur haar are as haar gesogte voorgeslagte.

Sonja, die blonde boeremeisie, sing in die taal van liefde. ‘n Tema wat ons almal al seergemaak het, maar ook vlinders in die maag en sterre in die oë gegee het – nes die sterre in haar oë om jou te vermaak en van voor verlief te word.

Uitgereik deur Muller’s Music (Pty) Ltd

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

Related posts