Vibrancy-Album se laaste enkelsnit word uitgereik!

IN JUST ONE MOMENT is nie net die laaste liedjie op die inspirerende VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES-album – One – nie, maar ook die laaste weeklikse vrystelling om hierdie besonderse projek mee af te skop, wat tydens ’n liedjieskryfnaweek in 2018 lewe gekry het.

“Ek het hierdie liedjie geskryf aan die einde van ’n baie lang seisoen waarin ek myself bevind het,” vertel die sanger en skrywer van die lied – Mégan Schilder. “Ek onthou dat Rita Springer aangemoedig het om gedurende die wegbreeknaweek saam met iemand te werk en hoe skuldig ek gevoel het omdat ek nie iets outentiek kon bydra nie. So ek het toe op my eie rondgedwaal en met God hieroor geworstel.”

Volgens haar was dit ’n tyd waarin sy baie kwesbaar gevoel het, omdat sy nie geglo het dat sy God regtig kon vertrou nie. Dit het vir haar gevoel asof sy ongeloof in die gesig gestaar het, maar steeds moes sê dat Hy goed is. In een oomblik het sy egter, deur middel van sy genade, die moed bymekaar geskraap om die Lig te sien. Dit is ook waaroor dié baie eerlike en opregte liedjie gaan. “My hoop vir die enkelsnit, is dat almal net vir een oomblik moet besef wat my hart weet – dat my broer ’n meesterstuk is en my vriende kuns,” sê sy.

Kliek hier om die musiekstorie van IN JUST ONE MOMENT te kyk en die grootheid van God se genade te ervaar: https://www.youtube.com/watch?v=EKCUtQMKv7g

Alhoewel hierdie die laaste weeklikse vrystelling is om die resultaat van hierdie unieke inisiatief aan die wêreld bekend te stel, wil die organiseerders juis ook met hierdie laaste lied die publiek uitnooi om die diversiteit van ons Reënboognasie te vier.

Word deel van dié inspirerende beweging deur hierdie Augustus ’n #InHarmonieOomblik met iemand te deel deur vir hulle die volgende vrae te vra en opreg na die antwoorde te luister, sonder om te oordeel:

Vraag 1: Vertel my meer van jou lewe?

Vraag 2: Hoe voeg jy waarde tot ander mense se lewens? Gee ’n voorbeeld?

Vraag 3: Hoe ervaar en hanteer jy seerkry?

Vraag 4: Wat is jou droom?

Vraag 5: Wie is jou rolmodel en wie se rolmodel is jy?

Vraag 6: Hoe en saam met wie maak jy die wêreld ’n beter plek?

Vraag 7: Watter struikelblokke moet jy oorkom om die beste lewe moontlik te hê?

Deur deel te word hiervan, sal jy heel moontlik iemand se lewe verander… al is dit net deur belangstelling en omgee te toon of in die toekoms met meer verdraagsame oë na jou medemens te kyk.

One, die volledige album van die VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES-projek, is digitaal beskikbaar op: http://itunes.apple.chttp://itunes.apple.com/album/id/1464065361 om/album/id/1464065361

LIEDJIES OP DIE ALBUM

1. Planted (met Lebohang Kgapola en Rashid Adams)

2. Be Glorified (met Sima Mashazi)

3. Ngizokuphumuza (I will give you rest) (met Sima Mashazi en Andriëtte de la Harpe)

4. Tot Stilstand (met Carlyn Ganz en Gideon Nel)

5. Least of These (Vuka / Arise) (met Lebohang Kgapola)

6. In just one moment (met Mégan Schilder)

7. One (met Lesego Senwamadi en CJAY)

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/vibrancyza

Instagram: @Vibrancy_za

Twitter: @Vibrancy_za

Webtuiste: www.vibrancycollective.com

Hutsmerke: #Vibrancy #ONE #VibrancyCollective #InHarmonie

PUBLISITEIT EN BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS


Alani Coetsee – PUBLICIST

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →