VirAnder-U Alleen

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Loof en Prys kry ’n nuwe unieke klank vanuit die Oos-Rand deur ’n groep wat bestaan uit familie en vriende. VirAnder is daar om ’n verskil te maak in mense se lewens deur middel van hulle musiek om mense nog nader aan God te bring. Hulle musiek video vir ‘Sing ’n Hallelujah’ is al meer as 300 000 keer gekyk (Youtube,Facebook en Whatsup) in minder as ’n week

VirAnder het hulle bekendheid verwerf met die vertaalde weergawe van ‘Raise a Hallelujah’. Die groep het besluit om die lied te vertaal omrede dit vir hulle salwing dra. Die liedjie volgens die groep, is ook op die oomblik relevant as ‘n encore lied vir Suid Afrika. Die bedieningsgroep VirAnder het 3 jaar terug besluit om hulle droom te volg om mense weer nader aan God te bring. Al die liedere kom uit die pen van VirAnder se lede. Inspirasie is gevind deur hulle sterk geloof en in God se woord. Jy kan deur middel van hulle lirieke hoor hulle het net een fokus en dit is dat alles wat asem het die Here loof. Met hierdie album wil VirAnder graag hêdat die liedere almal se harte sal aanraak en dat die hoop altyd in God gevestig sal bly. Hulle CD vrystelling vind plaas op die 28ste Julie 2019 by die Woord En Lewe Kerk in Boksburg. VirAnder se Debuut-album U Alleen sal binnekort beskikbaar wees. Liedere op die album is soos volg: Prys die Heer; U Alleen; Sing ‘n Hallelujah; Meer; Braaf; Nader; Kind Van God; Ek is Vergewe; U is Goed; Wees Stil; Waarlik Vry


VirAnder bestaan uit: 
Morne Coetzee – Stem, Kitaar
Zani Coetzee – Klawerbord
Estian Le Grange – Baskitaar, Klawerbord, Kitaar
Jady van Zyl – Dromme, Perkussie, Kitaar, Stem
Chantel van Zyl – Stem
Lizelle Maree – Stem
Daniélle Ackerman – Stem
Charles Ackerman – Kitaar, Stem
 
“…en die tweede , wat hiermee gelyk staan , is : Jy moet jou naaste liefhêsoos jouself” Matteus 22:39

Kontak Vonk Musiek: 

Tel: 011 823 1771   E-pos: kunstenaars@vonkmusiek.co.za

Related posts

Leave a Comment