Klein begin, groot gewin. Sedert die eerste kykNET Silwerskermfees in 2010 was die droom om ’n filmfees te hou wat nuwe geleenthede vir jong talent skep en ervare filmmakers ’n ruimte bied om hul kennis te deel.
Daardie droom het tot kruisbestuiwing gelei wat vrugte afgewerp het. Die afgelope nege jaar is meer as 160 kort- en speelfilms vervaardig. Van die jongelinge van nege jaar gelede is vandag gevestigde regisseurs, draaiboekskrywer en vervaardigers. Idees waarvan die saadjies by die fees geplant is, gesprekke tussen rolspelers en blootstelling aan jare lange ondervinding het nuwe lewe in die plaaslike filmbedryf geblaas en selfs internasionale erkenning tot gevolg gehad.
Vanjaar se kykNET Silwerskermfees bring weer opspraakwekkende, toonaangewende, ontluikende en hoogs kreatiewe stemme bymekaar vir ’n vier dae lange fees van verskeidenheid ter viering van ons inheemse stories en filmkuns.
Benewens die kortfilms en speelfilms wat by die fees debuteer, is daar ook ’n groot aanbod van films wat die afgelope jaar by ander feeste die tonge los gehad het. Daaronder tel verskeie hoog aangeskrewe dokumentêre oor ’n wye reeks onderwerpe.
Die fees bied ook vanjaar werkswinkels aan in samewerking met Wesgro. Van die onderwerpe wat bespreek gaan word, is filmfinansieringsmoontlikhede en die oowegings wat belangrik is vir Suid-Afrikaanse filmmakers wat graag hul werk internasionaal wil versprei.
’n Groot fokus is die digitale wêreld en die nuwe moontlikhede en platforms wat dit bied. Peter Cowley, die Britse vervaardiger van die reeks Tabloids: The Animated Web Series (2018), gaan sy kennis kom deel. Daar is ook ’n plaaslike element: Die vier web-episodes wat vanjaar deel van die kortfilmkompetisie is, sal op 21 Augustus op kykNET se webblad te sien wees en kykers sal vir hul gunstelinge kan stem.
Nog ’n opwindende internasionale gas wat vanjaar die fees gaan bywoon en haar kundigheid in gesprekke gaan deel, is Dorothee Wenner. Dorothee is ’n filmmaker van Berlyn en sy is al meer as 20 jaar betrokke by die Berlinale, onder meer as die Sub-Sahara-verteenwoordiger van dié filmfees. Arnold Vosloo, wat reeds dekades lank in Amerika woon en naam gemaak het in Hollywood-treffers soos The Mummy, sal ook die fees bywoon en ’n praatjie aanbied. Arnold is te sien in Griekwastad, ’n rolprent oor die gesinsmoord wat die land geskok het en by die Silwerskermfees debuteer.
Vanjaar is The Theatre on the Bay in Kampsbaai deel van die fees en lede van die publiek kan hier vertonings bywoon. Kaartjies is vanaf 2 Augustus by Computicket beskikbaar. Daar is ook ‘n spesiale voorskou van Fiela se kind by die Labia-fliekteater in Kaapstad. Kaartjies hiervoor is by die Labia te koop.
Die speelfilms in kompetisie, met ander woorde die films wat vanjaar vir die kykNET Silwerskermfees-toekennings in aanmerking kom, is:

Flatland

Griekwastad

Poppie Nongena




Racheltjie de Beer



Toorbos


Die kortfilms in kompetisie, met ander woorde die kortfilms wat vir die kykNET Silwerskermfees-toekennings in aanmerking kom, is:
Binnelandse Sake : https://kyknet.dstv.com/fliek/binnelandse-sake
Die begrafnis : https://kyknet.dstv.com/fliek/die-begrafnis
Gebles : https://kyknet.dstv.com/fliek/gebles
Hoe om ’n perd te teken : https://kyknet.dstv.com/fliek/hoe-om-n-perd-te-teken
Janneman : https://kyknet.dstv.com/fliek/janneman
Lakens : https://kyknet.dstv.com/fliek/lakens
Miemie : https://kyknet.dstv.com/fliek/miemie

Die gelykenis : https://kyknet.dstv.com/fliek/my-gelykenis
Oedipus: Die musical : https://kyknet.dstv.com/fliek/oedipus
Rooilug : https://kyknet.dstv.com/fliek/rooilug

Sussie : https://kyknet.dstv.com/fliek/sussie

Swaaibraai : https://kyknet.dstv.com/fliek/swaaibraai
Van nasionale belang : https://kyknet.dstv.com/fliek/van-nasionale-belang
Vinnie + Olga : https://kyknet.dstv.com/fliek/vinnie-en-olga

Die digitale web-episodes wat te sien is, is:

Afrikaans 101
Deur die blare
Fliektyd
Groener
Ander films wat te sien is, sluit in:
Bestaande films:
Exorcist of Apartheid
Far from the Castle
Porselein
Dokumentêre:
Billy Monk – A Shot in the Dark
Buddha in Africa
Dalene

Goldblatt
Liyana

Sisters of the Wilderness
Skeef

Stroop

The Colour of Wine
The Fun’s Not Over
The Space: Theatre of Survival
Whispering Truth to Power
Speelfilms buite kompetisie:
Bhai’s Café
Freedom
Knuckle City

Lo-def kortfilms film ontwikkelingsprojek van kykNET by die Vrystaat Kunstefees asook studentefilms van AFDA en City Varsity.



Kaartjies vir die publiek by Theatre on the bay is vanaf 2 Augustus beskikbaar by Computicket:
- Theatre on the Bay
- Kaartjie pryse – R 175 per dag (vir `n minimum van 5 en maksimum van 8 screenings.)
- Kaartjies kan dan opgetel word by die Theatre on the Bay Box Office. / online
Kaartjies is beperk
Lindi Herbst
EPG and Publicity Coordinator
T: 0116866265
137 Bram Fischer Drive, Randburg