Ashley Winter is ‘n Suid-Afrikaner in hart en siel – en daarby is sy ook ‘n uitstekende ambassadeur vir ons land in Swansea, die stad waar sy nou saam met haar vier seuns en man woon. Die stad is geleë op die suidkus van Wallis en hulle bly in die asemrowende Gower area.

Ashley skryf christelike romanse, en dit is nie ‘n verrassing dat al haar verhale in Suid Afrika afspeel nie – sy en haar gesin het in 2009 geimmigreer en sy het ‘n deel van haar hart hier gelaat! Haar verlange na Suid Afrika dien as inspirasie vir haar huidige reeks, Love in South Africa: sy het al 10 boeke in hierdie reeks publiseer.

Ashley het ‘n besige se skryfprogram uitgewerk vir die res van 2019: sy werk aan die volgende drie titels vin haar Love in South Africa reeks en dit speel in die 70tigs af: inry-teaters, musiek (Abba, Pretty Belinda); modes (groot hare, uitklok broeke) alles uit die era van onskuldige pret en kuiers op die plaas.
Al Ashley se boeke is verkrygbaar op Amazon en haar heel eerste boek, Rachel’s Blessing is ook verkrygbaar in sagteband by Takealot. Nog ‘n bonus is Asley se gratis nuusbrief – besoek haar website (https://ashleywinter.com) en skryf in om die nuusbrief te ontvang. Elke nuwe intekenaar kry ‘n gratis elektroniese kopie van Rachel’s Blessing.
Sluit ook aan by Ashley se facebook blad – dit is vol nuus oor haar nuutste boeke en so nou en dan is daar selfs ‘n spesiale foto van haar familie.

Die Love in South Africa reeks
1. Rachel’s Blessing
2. Deborah’s Choice
3. Tanya’s Hope
4. Gemma’s Joy
5. Katherine’s Fear
6. Suzanne’s Chance
7. Isobel’s Mercy
8. Jennifer’s Dream
9. Elmarie’s Home
10. Mariaan’s List
Strome van seën
Wat verklik Ashley alles oor ‘n koppie tee?
Waar is jy gebore en getoë?

Ek was in Scottburgh aan die suidkus van KwaZulu-Natal gebore. Toe ek net twee jaartjies oud was,het ons familie Dundee, in die noorde van KwaZulu-Natal, toe getrek. Ek het universiteit toe gegaan in Pietermaritzburg. Ek kom uit die groenste en mooiste deel van Suid Afrika.
Julle het in 2009 geimmigreer. Wat was die rede vir die brawe stap?
My man, Grant, se familie is Brits, en daarom het ons Wallis toe gekom – daar is egter ‘n veel belangriker en hoër rede waarom ons opgepak het en Swansea toe verskuif het – en ons het nie eers ‘n enkele mens hier geken nie!
Die Here het ons geroep om hier ‘n kerk te stig. Soos dit maar met nuwe stigtings gaan, was die eerste paar jaar bitter moeilik. Ons was gelukkig genoeg om ‘n ander gesin te ontmoet wat dieselfde roeping as ons het, en vandat ons saamwerk gaan dit baie goed en is ons en die kerk baie geseën.
Wat doen julle alles in Swansea?
Natturlik is ons baie betrokke by die kerk, my man is ‘n ouderling en ek begelei die gemeente en die koor op die klavier. Ons ondersteun die kerk en die bediening honderd present en ons vriende en ondersteuninggroep kom almal uit ons gemeente uit.
Verlede jaar het ons ‘n huis gekoop en die area waarin dit geleë (Gower) is is een van die bes bewaarde omgewings in die hele Verenigde Koninkryk – die skoonheid van die natuur is ongelooflik en ons is so bevoorreg om dit elke dat te beleef. Die seuns gaan na baie goeie staatskole en die oudste drie moet Wallies as ‘n vak neem, dit is omtrent erger as om Afrikaans te probeer leer.
Ons gesin hou daarvan om dinge saam te doen en ons kyk graag rugby – veral as die Springbokke speel … en teen die Wallisers wen.
Noudat jy twee tuislande het, wat is vir jou die lekkerste tyd van die jaar?
As ek in Suid Afrika is dan is herfs definitief die mooiste tyd van die jaar, hier in Wallis geniet ek die somer terdeë – dit is omtrent so warm soos ‘n heerlike Suid Afrikaanse wintersdag.
Wat is jou gunsteling kos en wat drink jy graag?
Ouma se beskuit, biltong en Rooibos tee. Ek is ook lief vir Elderflower, Suurlemoen koek, Cremora tert, kaas … en natuurlik, soos alle spesiale mense nou maar is, is ek versot op sjokolade.
Wat is jou gunsteling kleur?
Groen. Ek’s baie life vir die natuur en plante.
Wat is jou gunsteling flieks?
My geliefde komedie is My Big Fat Greek Wedding. Ons kyk elke kersfees While you were sleeping, ‘n gesinstradisie wat ons hier in Wallis begin het – iets vir die hele gesin terwyl dit buite sneeu.
Wie is jou gunsteling skrywer?
Beslis Francine Rivers. As jy haar nog nie ontdek het nie, wag daar ‘n wêreld van boeke vol opwinding en romanse vir jou. Sy skryf ‘n goeie storie en tog raak sy my altyd aan die hart.
Artikel geskryf deur Suna Snyman.