Jan Braai – Vegetaries

‘n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee ­ is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings ­ sal selfs die vleiseters terugkom vir nog ‘n skeppie! 
Oor die skrywer   Jan Scannell – beter bekend as Jan Braai – se groot passie is vleis en vleisbraai. Jan het Nasionale Braaidag eiehandig ’n jaarlikse kuieren kosfees gemaak deur  Erfenisdag nie­amptelik te herdoop tot Braaidag. Die een aktiwiteit wat alle Suid­Afrikaners saambind is immers om kos oor oop vure te kook.
Medianavrae Contact: Jean Pieters Tel: 021 406 3033 Email: jpieters@nb.co.za Human & Rousseau is ‘n druknaam van NB­Uitgewers  Tel: +27 (0) 21 406 3033  Email: www.nb.co.za

Publikasiedatum: 30 Augustus 2019 Prys: R370,00 Bladsye: 200 Formaat: 250mm x 200mm  Bindstyl: Sagteband Kategorie: Kookkuns ISBN­13: 9780798179379 Uitgawe: 1 Druk: 0
* Prys onderhewig aan verandering

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →