Kort op die hakke van ʼn hoogs suksesvolle inleidende kursus oor die herstel van boeke, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl weer ʼn kursus, met die fokus op gevorderde tegnieke soos leerbind- en bladgoudwerk, vanaf 28 tot 30 Oktober 2019 aan. Die boekherstelspesialis George Wentzel se kursus is geskik vir beginners én deelnemers wat reeds basiese boek- en papierherstelwerk onder die knie het. Wentzel, ‘n gekwalifiseerde meesterboekbinder met meer as 45 jaar se ondervinding, het voorheen in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se boekbewaringsafdeling gewerk. Sy passie is om hierdie skaars vaardigheid te onderrig en hy het al meer as 40 rampbestuur- en boekbindwerkwinkels oor die land aangebied.
Tydens die tweetalige driedagkursus sal deelnemers onder meer drie boeke maak, Solanderbokse bou, stikwerk van bladsye doen en baie meer oor boekherstelwerk leer. Ingesluit is basiese konsepte, werksprosedures asook demonstrasies van en praktiese oefeninge in skutblaaie, boekbindwerk, leerbindwerk, omhulsel afronding en bladrugsteun.
Die kursus kos R1 750 per persoon wat ʼn sertifikaat van bywoning en ʼn stel basiese gereedskap insluit. Dit vind daagliks van 09:00 tot 16:00 in die Besoekersentrum se konferensielokaal by die by die Taalmonument plaas. Koffie en tee is ingesluit, maar deelnemers moet vir hul eie middagete sorg of van die koffiewinkel gebruik maak.
“Dit was professioneel, pret en uitstekend,” het een deelnemer, Elsette Strachan, rakende die inleidende kursus in Julie 2019 gesê. “Ek het veral die praktiese sessies geniet en ʼn nuwe vaardigheid verkry,” het ʼn ander deelnemer, Slindokuhle Tshisevhe, bygevoeg. Die 16 deelnemers het almal vir Wentzel uitgesonder as ʼn besonder dinamiese en plesierige aanbieder.
Vir besonderhede en besprekings, kontak Jeffrey Pietersen by 021 872 3441 of stuur ʼn e-pos na bemarking2@taalmuseum.co.za. Sien meer oor die vorige kursus op die Taalmonument se webtuiste en Facebook-blad.
Die ATM bied jaarliks ʼn reeks kursusse en werkswinkels aan wat fokus op die ontwikkeling van basiese vakkundige vaardighede. Vanjaar se program sluit onderwerpe soos argivering, taaltoerisme en stersirkelsfotografie in. Voorstelle vir bykomende werkswinkels oor soortgelyke onderwerpe is welkom. Sien www.taalmonument.co.za vir meer en volg hulle op Facebook vir al die ander opwindende geleenthede wat by die Taalmonument plaasvind.
Give your old books a new lease on life
Book a date now for Taalmonument’s advanced book repair and binding courses
Hard on the heels of a highly successful introductory course on book restoration, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) in Paarl once again offers a course focusing on advanced techniques such as leather binding and gold-foiling from 28 to 30 October 2019. Book repair specialist George Wentzel’s course is suitable for beginners AND participants who have already acquired the basics of book and paper conservation. Wentzel, a qualified master bookbinder with over 45 years of experience, previously worked in the National Library of South Africa’s book conservation section; his passion is teaching this scarce skill, and he has conducted over 40 disaster management and bookbinding workshops all over the country.
During the three-day, bilingual course participants will amongst others create three books each, construct Solander boxes, sew flat sheets and learn a lot more about repairing books. Included are basic concepts, working procedures as well as demonstrations of and practical exercises in end papering, binding, leather binding, casing rounding, and backing.
The course fee, including a certificate of attendance and basic tool kit, is R1 750 per person and the workshop takes place from 09:00 to 16:00 daily in the Visitor Centre’s conference room at the Taalmonument. Tea and coffee are included, but participants must bring their own lunch or make use of the coffee shop.
“It was professional, fun and excellent,” said one participant, Elsette Strachan, regarding the introductory course in July 2019. “I especially enjoyed the practical sessions and have gained a new skill,” added another participant, Slindokuhle Tshisevhe. The 16 participants all pointed out that Wentzel is a dynamic and pleasant presenter.
For details and bookings, contact Jeffrey Pietersen on 021 872 3441 or send an e-mail to bemarking2@taalmuseum.co.za. See more regarding the previous course on the Taalmonument’s website and Facebook page.
The ATM annually presents a series of courses and workshops focusing on the development of basic professional skills. This year’s program includes subjects such as archiving, language tourism and star trails photography. Anyone interested in related subjects is welcome to make suggestions for additional workshops. See www.taalmonument.co.za for more information and follow them on Facebook for the other exciting events happening at the Taalmonument.
Amira Brown
Geleentheidskoördineerder / Events Coordinator is
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument
T +27 (0)21 872 3441
F +27 (0)86 231 7324/+27 (0)21 872 3642
E kommunikasie@taalmuseum.co.za
W www.taalmuseum.co.za | www.taalmonument.co.za
F www.facebook.com/afrikaansetaalmonument
T www.twitter.com/taalmonument
I www.instagram.com/taalmonument