kykNet – Augustus 2019 HOOGTEPUNTE

Lui maar op, Belinda
Maandae om 20:00 op kykNET
Komedie
Met Brümilda van Rensburg, Annelisa Weiland, Eric Nobbs, Duncan Johnson, Carmen Maarman en Wian Taljaard
Die wedervaringe van Ian Jantjies en die ouer werknemers van sy winkel, Ian en Ander – Belinda Swanepoel, ’n eertydse Afrikaanse aktrise, Annetjie Nel, ’n militaristiese en konserwatiewe bakster, en die arme, sjarmante boereheld Frans Wessels. Die jong bleeksiel Dirkie word as hoof van sekuriteit aangestel.
5 Augustus
Belinda vind stoute briewe tussen Maggie se goed en lees dit skaamteloos terwyl Frans waarsku dat sy die slapende honde moet los. Annetjie probeer vir Dirkie ʼn liefde vind, maar dis dalk nie so eenvoudig soos sy gedink het nie.
12 Augustus
Maggie en ‘n aantreklike bouer daag by die winkel op en Annetjie kry snuf in die neus. Intussen draai ʼn meisie vir Dirkie om haar pinkie en Belinda verlang na haar verlore roem.
19 Augustus
Belinda hoor ‘n sepie is opsoek na ‘n ‘ouer aktrise’ en besluit dis nou of nooit. Ian probeer sy hoogtevrees oorkom en Annetjie is jaloers op Belinda se verhouding met Frans.
26 Augustus
Almal kla oor hoe hard hulle werk en Ian implementeer ‘n strategie uit sy nuwe boek “Beter Baas, Beter Klaas”. Dirkie is die baas, Belinda doen sekuriteit, Annetjie slaan die till, Frans bak, Ian verbrou en Maggie ontplof… soos gewoonlik.

Alles Malan Dinsdae om 20:00 op kykNET
Drama
Met Nadia Valvekens, Ivan Zimmerman, Elsabé Daneel, Albert Maritz, Matheo Olivier, Nicole Fortuin, Greteli Fincham, Sean Marco Vorster en Marius Weyers
Alles Malan is ’n familiedrama wat in die Paarl buite Kaapstad afspeel.
13 Augustus
Dit is Brenda en Derik se 40ste huweliksherdenking. Derik besluit op ‘n groot fotosessie van hom en sy kinders. Frik moet moeilike besluite neem om Malan Vervoer te red. Elani speel oop kaarte met Johan.
20 Augustus
Derik en Frik sukkel om Malan Vervoer aan die gang te hou, terwyl Brenda die waarheid begin uitvind oor die bedrog. Nico en Lee-Anne se verhouding begin wankel. Freek en Karli is op die skool se boelielys.
27 Augustus
Konflik tussen Derik en Frik bereik breekpunt wanneer Derik besluit om weer die bestuur van Malan Vervoer oor te neem. Nico loop ‘n ou skoolvriendin raak. Elani is vreesbevange oor die geboortedag en Freek rebelleer teen sy ouers.


Kokkedoor
Realiteit
Donderdae om 20:00 op kykNET
Met Hetta van Deventer-Terblanche, Nic van Wyk en Sam Woulidge
Ná twee gewilde seisoene van Koekedoor asook Kokkedoortjie en Koekedoortjie, keer Kokkedoor wéér terug na kykNET. En, dié keer trek die reeks ’n byderwetse stadsbaadjie aan. Vir Kokkedoor 3 soek kykNET weer na die perfekte kombinasie van onthoukok en kinkelkok.

1 Augustus
Min dinge se familie en troos soos melkerige kos en kaneelgeure. Met hierdie nostalgiese episode neem Kokkedoor ons terug na die ongekompliseerheid van kinderjare en die knuskos wat ons verbind met die omgee van ons ma’s en oumas.
8 Augustus
Vir hierdie uitdaging trek Kokkedoor die koelsak nader, gepak met die ikoniese smake biltong en naartjies -nostalgiese geurtemas wat verklap dat daar rugby gekyk gaan word langs die veld.
15 Augustus
Wie neem die verfkwas op vir ‘n pampoen? Wie kyk na ‘n aartappel, ui of koolkop en trek die skilderdoek nader? Deur die eeue was dit die kunstenaarsiel wat die mooiheid, simboliek of aardsheid van groente kon vertolk. Met die landery-tot-tafel’-tradisie wat floreer en die verskuiwing na die plantaardige eetstyl is groente nou op die troon as die held en nie as die byspeler nie.
22 Augustus
Die Kokkedore vier die oes van die see met ‘n vernuwende kykie na die visbraai. Die seekosfees bring sofistikasie na die Weskus-tradisie, en bly geanker in eenvoud wat hierdie manier van eet-en-kuier so gesellig maak.
29 Augustus
Hierdie episode roep die naguile en stadsdiere en bring die romantiek van twee uiteenlopende wêrelde bymekaar – die flikkerende liggies van die stad en ‘n Bosveld-kampvuur onder ‘n sterrehemel.

https://youtu.be/m6K04KJzU6M

Elders: Japan
Reis
Dinsdae om 21:00 op kykNET
Met Erns Grundling
Elders: Japan is die tweede Elders-reeks ná verlede jaar se Camino-avontuur in Spanje. Hierdie keer reis Erns Grundling en ’n klein kameraspan na Japan, waar hulle die Land van die Opkomende Son gaan verken.
6 Augustus
Erns stap verder op die Kumano Kodo pelgrimstog, maar vroegoggend begin dinge skeefloop. ‘n Lang stapdag volg vol verrassings, wat ‘n gholfhou, steil berge en ‘n slang insluit onderweg na die Hongu Taisha heiligdom.

https://www.facebook.com/storiemaker86/videos/365817980756304/

13 Augustus Erns stap verder op die Kumano Kodo pelgrimstog, maar vroegoggend begin dinge skeefloop. ‘n Lang stapdag volg vol verrassings, wat ‘n gholfhou, steil berge en ‘n slang insluit onderweg na die Hongu Taisha heiligdom.
20 Augustus
Erns se Kumano Kodo pelgrimstog eindig by die Hongu Taisha-heiligdom. Iets skreeusnaaks gebeur tydens ‘n heilige ritueel, hy bad in ‘n vuurwarm onsen en besoek Japan se hoogste waterval, voor hy ‘n inspirerende pelgrim ontmoet.

27 Augustus
Erns ontmoet twee Suid-Afrikaanse sendelinge in Kobe en besoek die hoogste wolkekrabber in Japan. Hy voer bokkies in Nara, gesels met ‘n Suid-Afrikaner wat vir Japan se nasionale span uitdraf en deel in groot Halloween-pret in Osaka.

Tien vininge feite oor die skiet van die reeks:

  1. Erns het uit Kaapstad met drie vlugte (altesaam 23 uur in die lug) gereis tot by die Narita-lughawe buite Tokio, en daarna nóg 90 minute in ‘n bus tot by die buurt Shibuya.
  2. Die vreemdste (en gevaarlikste) ding wat Erns in Japan geëet het, was fugu (blaasoppie). Die vis is 200 keer meer giftig as sianied, en as dit nie presies reg voorberei word nie kan jy vinnig sterf.
  3. Erns het die Nissan Stadion in Yokohama besoek waar die Springbokke op 21 September teen die All Blacks in hulle eerste groepwedstryd van die Rugbywêreldbeker speel. Hy mag nie op die veld geloop het nie, maar hy kon aan die gras raak.
  4. Op die Kumano Kodo, die Camino in Spanje se susterpelgrimstog, het Erns sowat 43 km oor drie dae gestap. Die terrein was baie bergagtig en veel meer uitdagend as die Camino.
  5. Jy kan Mount Fuji buite seisoen in die sneeu klim, maar jy moet dit liefs saam met ‘n professionele gids aanpak. Erns en sy mede-vervaardiger, PJ Kotzé van Bonanza Films, het dié ikoniese berg saam met David Niehoff van Kanto Adventures geklim.
  6. Erns en die span het baie trein gery in Japan, wat die Shinkansen of Bullet Train insluit wat vinniger as 300 km/h deur die landskap blits. In Japan is die treine basies altyd betyds – hulle bied selfs amptelik verskoning aan as ‘n trein te vroeg by ‘n stasie opdaag!
  7. Het jy geweet Jan van Riebeeck het Japan besoek in die 1640s? Hy wou glo daarna diervelle van die Kaap uitvoer na Japan. Dalk het Japan ‘n direkte rol gespeel in die VOC se besluit om hom na die Kaap te stuur.
  8. In Japan is jou besigheidskaartjie belangriker as jou paspoort. Maak seker jy het ‘n netjiese besigheidskaartjie as jy die land besoek en wil sake doen, of bloot professionele mense ontmoet. Erns het besigheidskaartjies gehad, maar hy kon dit selde betyds in sy sak opspoor…
    5
  9. Japan het ‘n bevolking van 126.8 miljoen mense, en ‘n werksloosheidpersentasie van slegs 2.3% – die Japannese is besonder ywerig en produktief. Erns en die span se gids in Toyota City, Mitsu Ogino, is ‘n hardwerkende en passievolle toerisme-beampte.
  10. Erns se boek oor sy reis saam met die span in Japan, Sushi & Shosholoza, is by die drukkers en vroeg in September op die rakke, terwyl Elders: Japan nog uitsaai en voor die Rugbywêreldbeker afskop.

Met ’n huppel in die stap
Leefstyl
Woensdae om 17:30 op kykNET
Met Riaan Cruywagen as aanbieder en Simon Bruinders en Lieb Bester as veldaanbieders
Met ‘n huppel in die stap begelei sestig-plussers met kundige advies oor die lewe ná aftrede.
7 Augustus
Ons kuier saam met Carel Trichardt, Petru Wessels, Simon Bruinders, prof. Fransjohan Pretorius en prof. Kobus Eloff en hoor van toekennings wat hulle ontvang het vir besondere lewensbydraes.
14 Augustus
Ons hoor van verenigings waarin jy mag belengstel: ‘n boerevereniging op die hoëveld, ‘n bekende kultuurvereniging, sterrekundige verenigings en die Suid-Afrikaanse Dendrologiese vereniging.
21 Augustus
Vandeesweek fokus ons op valskermspronge, brullende motorfietse en viertrek-uitstappies. Dit spel net een woord: Avontuur-uitstappies vir senior mense.
28 Augustus
In ‘n tyd waarin mense worstel om hulle begrotings te laat klop, vertel kundiges hoe om spaarsamig te lewe. Ván spaarvarkies tót goeie beleggings ná aftrede kom onder die vergrootglas.

Jan Braai vir Erfenis
Leefstyl
Saterdae om 18:00 op kykNET
Met Jan Scannell as aanbieder
In seisoen 9 van Jan Braai vir Erfenis deurkruis Jan en die span die wêreld opsoek na nuwe avonture, pragtige plekke en lekker braairesepte.


3 Augustus
Dié week fokus Jan Braai en die Ontspan op sampioene, vir daai perfekte umami geur. Ons besoek ‘n sampioenplaas en leer alles oor die groei van die kulinêre staatmaker. Dan volg die sampioenbraaibroodjie en ons sluit af met die olimpiese kampioen van alle sampioen burgers. Maak vas jou sitplekgordel, dis heerlik.
10 Augustus
Jan Braai en die ontspan spandeer ‘n dag al langs die R43 op die Agulhas Wynroete. Broodjies in Baardskeerdersbos, Evangelie in Elim, Zoetendal se Soesaties, Die Oystercatcher se burgers lei alles tot ‘n hoogtepunt van Jan se viskerrie potjie by Standveld Wynplaas, Afrika se mees suidelike!
17 Augustus
Jan gaan vang geelstert in die geelstert mekka op die 5 myl bank buite Srtuisbaai. Die braai opwarmingsoefening vind plaas met Calamari Braaibroodjies en die hoogtepunt word bereik wanneer die vars geelstert gebraai word, met Jan se ma se resep.
24 Augustus
Veertig lekker mense ry saam in die Jan Braai Fietstoer. Daara word egter meer gebraai as gefiets. Dis lam chops, boerewors, vark ribbetjies, steaks, hamburgers, kerrie potjie, roosterkoek, lambs ribbetjies en kerrie sosaites! Jan deel ook sy botterskorsie lasagna potjie geheime en stel die wêreld bekend aan die braaibroodjie wafel!
31 Augustus
Die week se braai avontuur speel af in Stilbaai met ‘n braai by ‘n plaas slaghuis, ‘n braai by ‘n kaasplaas en die beste hoender potjie wat jy die jaar gaan eet langs die Goukou rivier.


https://kyknet.dstv.com/program/slank/nuus/ontmoet-die-gesinne-slank-gesonde-gesinne/nuus

Slank
Leefstyl
Sondae om 17:30 op kykNET
Met Leandie du Randt as aanbieder
Vier bekende Suid-Afrikaanse families word oor ‘n tydperk begelei deur geneeshere en dieetkundiges om ‘n gesonde leefstyl van lae koolhidrate en gesonde vette aan te moedig. Die bekendes wie saam met hul families deel is van Slank is Eloïse Cupido, Ingrid Paulse, Bertha Wahl en Vicky Davis.

4 Augustus
Mense vra gereeld wat die regte kos is om te eet sodat jy ‘n gesonde eet- en leefstyl kan handhaaf. Kenners deel hul opinies hieroor.
11 Augustus
Kenners gee raad oor hoe gesinne ‘n bekostigbare begroting kan opstel vir hul maandelikse kos-uitgawes.
18 Augustus
Vind uit hoe suiker- en graanvrye eetgoed by spesiale geleenthede soos braaivleise en partytjies voorgesit kan word sodat daar steeds gesond geëet kan word.
25 Augustus
Goeie mediese advies is om nie net gesond te eet nie, maar ook om gereeld te oefen. Ons sien watter soort oefeninge gesinne kan doen om aan te pas by hul lae koolhidraat, gesonde vet dieet.
*Kyk hier vir resepte en Leandie se raad vir gewigverlies.

Kunsvlyt
Realiteit
Maandae om 17:30 op kykNET
Met Michelle Holtzhausen as aanbieder
Dis tyd om te eksperimenteer, uit die boks te klim en wild oor die lyne in te kleur. Kunsvlyt 3 het tien nuwe kunsvlyters wat hul kreatiwiteit moet inspan om met elke probeerslag met ’n nuwe unieke skepping vorendag te kom.
5 Augustus
Is dit ‘n sirkel of is dit ‘n raam? As ‘n Kunsvlyter ‘n ding eers beetkry, kan enige iets daarmee gebeur en oorspronklikheid moet vandag hooggety vier!
12 Augustus
Markte is die ideale platform vir enige kunsvlyt entrepreneur om sy produkte aan die publiek bekend te stel. Sal ons kunsvlyters se projekte die markte se goedkeuring wegdra?
19 Augustus
Iets wat oud is en eintlik weggegooi moet word, kry ‘n ‘alternatiewe’ doel en ‘n tweede kans wanneer vlytige Kunsvlyt vingers dit in iets splinternuuts moet omskep.
26 Augustus
Die beoordelaars vra bloot net vir ‘n geskenk vir iemand spesiaals – maar alles raak vinnig omgekeerd! Plus die Kunsvlyters besef gou die waarde van die “Wit Kwas Trofee!”

https://kyknet.dstv.com/program/kunsvlyt/herwin-ou-denims-kunsvlyt-3/foto
*

Madiba: ‘n Uitsonderlike Roeping
Dokumentêr
Sondae om 20:00 op kykNET
Met Zelda la Grange
’n Mini-reeks bestaande uit ses episodes waarin Zelda la Grange vertel van dele van oudpresident Mandela se lewe waarvan min mense weet.
4 Augustus
As ’n jong seun het hy dae lank beeste opgepas met die sagte groen gras, heuwels en hutte met grasdakke as agtergrond. Ná sy pa se dood is die jong Nelson Mandela te voet saam met sy ma van Qunu na Mqhekezweni. Dit was hier waar Regent Jongintaba ingestem het om hom aan te neem en hom as sy eie seun groot te maak en waar hy sy ma moes en die dorpie waarvoor hy so lief was moes groet.

https://kyknet.dstv.com/program/kwela/madiba-se-rots-kwela/video


11 Augustus
“Opvoeding is die magtigste wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander.” Mandela was die eerste lid van sy familie om formele opleiding te kry en dit sou die koers van sy lewe verander. Hy was 16 jaar oud toe hy sy eerste keer ’n paar skoene gekry het en ook die hand van ’n blanke man geskud het – die hoof van die skool, eerwaarde Harris. Mandela het uitgeblink op skool and is daarna na Fort Hare Universiteit waar geloof ’n hoeksteen was. Sy grootste ambisie was om ’n verlater by Bantoeadministrasie te word sodat hy ’n salaris kan verdien en vir sy ma kan sorg en vir haar ’n huis kan koop. Maar dinge het nie so uitgewerk nie en met ’n sameloop van omstandighede is hy gedwing om Johannesburg toe te gaan.
18 Augustus
“Ons diepste vrees is nie dat ons onvoeldoende is nie. Ons diepste vrees is dat ons magtig sonder end is.” Hy het as ‘n jong man in Johannesburg begin werk en het besluit om in die regte te studeer met die hoop dat hy eendag sy eie mense kan help. Die regte het hom inspireer en veral die feit dat alle mense gelyk is, maak nie saak wat die kleur van hulle vel is nie. In die beginjare was hy brandarm met net een pak klere om te dra en somtyds dae wat hy sonder kos gegaan het. “Ek het geleer dat waagmoed nie die afwesigheid van vrees is nie, maar die triomf oor dit. Die brawe man is nie die een wat nie bang is nie, maar die een wat sy vrees kan oorkom.
25 Augustus
Mandela het sy eie gesin begin, ‘n suksesvolle prokureur geword en aktief in die politiek betrokke geraak. Die vryheid en menswaardigheid van sy mense het sy lewe geword. Hy moes egter in die geheim begin werk en is deur die polisie in hegtenis geneem toe hy die land met ‘n vals paspoort probeer verlaat het. Kort daarna het die Rivonia-verhoor begin. Die drieuurlange toespraak wat Nelson Mandela
10
op 20 April 1964 gegee het, word vandag nog gesien as een van die grootste toesprake van die 20ste eeu. Zelda volg in hierdie episode sy voetspore deur Johannesburg en die res van Suid-Afrika en selfs tot Robbeneiland waar hy sy vonnis uitgedien het.

Mood Swings met Jolene Mccleland en Elna van der Merwe Musiek
Sondag 11 Augustus 10:30 op kykNET en kykNET NOU!
Die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars Jolene McCleland (mezzosopraan) en Elna van der Merwe (klavier) lewer ‘n uitvoering van die kaleidoskoop van rolle en stemminge wat tipies is vir die mezzo-sopraan op die verhoog.

Universiteite Stellenbosch Simfonieorkes Met Daniel Bioco Musiek
Sondag 18 Augustus 10:30 op kykNET en kykNET NOU!
Die Universiteit Stellenbosch se Simfonieorkes, onder leiding van die Israeli-Amerikaanse dirigent Daniel Boico, die Spaanse saksofonis David Salleras, SA pianis Christopher Duigan en slagwerkspeler Emilio Lorenzo, smee kragte saam in ‘n uitvoering van die Japannese komponis Takashi Yoshimatsu se kleurvolle en ritmies betowerende Cyber Bird Concerto. Ook op die program is Brahms se innemende Tragiese ouverture en die Slawiese warmte van die Sesde Simfonie van Antonin Dvorak.

Hulde aan Nellie du Toit Musiek
Sondag 25 Augustus 10:30 op kykNET en kykNET NOU!
Met ‘n sangloopbaan van bykans drie dekades op al Suid-Afrika se belangrikste verhoë, sal Nellie du Toit altyd as een van ons voorste soprane onthou word, ‘n ware prima donna assoluta. Met hierdie konsert bring die Woordfees deur musiek en gesprekke met kunstenaars en vriende na aan Nellie du Toit hulde aan een van SA se grootste kunstenaarsgeeste en die invloedryke mentor van ‘n paar generasies van nuwe sangsterre. Met Virginia Davids, Magdalene Minnaar, Arline Jaftha en Aubrey Lodewyk.

Arendsvlei
Telenovella
Maandae – Woensdae 20:00 op kykNET&kie
Met Sherman Pharo, Chrystal Donna Roberts, Rehane Abrahams, Craig Adriaanse, Jawaahier Petersen
5 Augustus
Almal geniet hulself gate uit by die matriekafskeid. Anton besluit hy en Nicolene hoef nie langer hulle verhouding weg te steek nie. Hamilton kom verras almal met ‘n item. Maar Wendy het haar eie planne vir hoe dinge gaan verloop en die aand eindig op in ‘n tragedie.
6 Augustus
Dis ‘n jail house rock! Beatrice sukkel om gewoond te raak aan haar nuwe omstandigehede. Hamilton belowe om haar by te staan, en Gertie probeer haar moed inpraat. Sam vind dit ook moeilik om te aanvaar tot Lee-Roy haar lekker op haar plek sit. Thys sien uit om dinge na ‘n dieper vlak te vat. Chantel is opgewonde oor Evan. Wendy se planne vat vlam.
7 Augustus
Thys moet oral vure doodslaan, terwyl Beatrice het ‘n teorie wat hom bekommerd maak.
12 Augustus
Sam dink sy gaan dit regkry om Arendsvlei te verlaat, maar haar oupa Ruiter verras haar met sy besluit om te bly. Beatrice kry nog hartverskeurende nuus. Lionel kry uiteindelik ‘n antwoord van Janice.
13 Augustus
Hamilton is gefrustreerd omdat daar nog nie antwoorde is rondom die oorsprong van die video nie. Samantha gaan lê ‘n besoek aan haar ma af wat rampspoedig eindig. Evan neem wraak op Chantel.
14 Augustus
Chantel word in hegtenis geneem, en die hele Arendsvlei is geskok. Vernon konfronteer sy suster oor die vermiste vuurwapen. Hamilton vra vir Beatrice ‘n belangrike vraag.
19 Augustus
Vernon en Emile vind albei uit van die pistool wat gebruik was om David mee to skiet. Dit lei na ‘n
konfrontasie tussen die manne. Claudia gee Lionel advies oor hoe om vir Janice te beindruk maar Lionel hou nie van wat hy hoor nie.
20 Augustus
Lionel speel oopkaarte met Janice – sy moet dink oor die toekoms. Hamilton ondersteun vir Beatrice. Gertie is emosioneel oor haar dogter. Claudia omgekrap oor Vernon nog nie by die polisie was nie. Emile gaan oor tot drastiese aksie.
21 Augustus
Die hele arendsvlei is in a toestand, oor claudia wat missing is. Veral wendy, wat glad nie beindruk is nie. En hoe langer die span vat om haar op te spoor, hoe gevaarliker raak dit vir almal. Veral emile. En natuurlik wendy.
26 Augustus
Kaptein Karelse maak groot vordering in sy ondersoek na Chantel en die vuurwapen. Janice klop by Steve aan vir hulp met die soektog na Claudia. Vernon maak ‘n selflose besluit.
27 Augustus
Spanning bou wanneer nog waarhede ontbloot word oor die oorsprong van die wapen waarmee David Abrahams geskiet is. Sal Claudia betyds gevind word?

28 Augustus
Claudia se familie is steeds diep bekommerd oor waar sy kan wees, terwyl sy haar weg huis toe probeer vind. Karelse sit druk op Wendy oor haar verhoudings met Emile en David. Chantel maak oop oor haar angstigheid ná die aanval.

Tussen Ons
Geselsprogram
Donderdae 20:00 op kykNET&kie
Augustus is Vrouemaand en om dit te vier, hou kykNET&kie en Tussen Ons ‘n geleentheid. Kaartjieverkope open teen einde Julie – hou gerus kykNET&Kie se sosiale media en kykNET.tv dop vir meer inligting.

The Voice SA 3
Kompetisie
Begin Vrydag 2 Augustus 21:00 op kykNET NOU!
Met Francois van Coke, Lira, Riana Nel en Riky Rick
Die gewilde sangkompetisie, The Voice, is terug vir ‘n derde seisoen. Vind uit wie in elk van die vier beoordelaars se spanne opeindig. Wie sal uiteindelik die kroon dra as wenner van The Voice SA seisoen 3?

Interessant om te weet…
• Inskrywings vir kykNET se nuwe realiteitsreeks, Hoor my, Sien my, Soen my, is tans oop. Een deelnemer spandeer ’n ongewone dag saam met drie potensiële pasmaats, en beleef die dag deur hulle oë, want dié pasmaats dra elkeen lyfkameras. Die deelnemer kan met die pasmaats gesels en flankeer, maar hulle kan mekaar nooit sien nie. Aan die einde van die dag moet ons deelnemer nét een kies. Sal dit liefde op die eerste oogopslag wees? Vanes-Mari Proudfoot sal die aanbieder van die reeks wees. Skryf hier in.. • Inskrywings vir ‘n nuwe realiteitsreeks vir 2020 open begin Augustus. Hou kykNET.tv en kykNET se sosiale media dop vir meer nuus. • Die kykNET Buite Ekspo vind 2 – 4 Augustus by die Sondela Nature Reseve & Spa, in Bela-Bela plaas. Hier’s meer inligting. • Twee van kykNET se nuwe dramas, wat later die jaar en vroeg volgende jaar uitgesaai sal word, skiet tans in Kaapstad. • Twee nuwe komedies, vir Oktober en vroeg volgende jaar, skiet tans in Gauteng. • kykNET maak binnekort opwindende nuus bekend rondom programme. Hou kykNET.tv en kykNET se sosiale media dop vir meer inligting.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →