Scott Engelbrecht, sing soos ‘n nagtegaal!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Suid Afrika het lanklaas ‘n kinderster gehad en wat nog daarvan as hy, van alle dinge, kan sing soos n nagtegaal! Scott Engelbrecht is slaggereed om met sy kinderskoene, diep spore te begin trap in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, want hy doen dit reg. Om mee te begin het hy profesionele sangopleiding onder die begaafde hande van Malie Kelly en Yulia Patrascoiu, en dan is daar ‘n groot familie en Lydia Winchester in die prentjie – die’ wenresep staan geskryf, groot op die swartbord.

Scott is tans 10 jaar oud en die tweede oudste van vier seuns. Alhoewel hy nog met laerskool-tuisonderrig besig is, is hierdie jongman ver by sy tydgenote verby. Nadat hy die Paul Potts rolprent gekyk het op sesjarige ouderdom, het hy die Italiaanse woorde nagemaak en prettig gaste en vriende vermaak. Duidelik kon ‘n geoefende oor tussen die grappies hoor – hier is gróót talent!

Daarna het Scott begin sing saam met Yulia Patrascoiu, ‘n professionele Russiese Opera-sangeres. Deesdae doen hy nie net meer somme en leer lees en skryf nie, maar spog al met ‘n repertoire wat van Russiese- tot Italiaansemusiek insluit. Malie Kelly, ‘n bekende in die musiekwêreld het klein Scott onder haar vlerk geneem, en hierdie jongman het pas sy eerste album uitgebring.

Neil Engel was agter die stuur van die produksie en nou spog hul met ‘n album met sterk klassieke verwerkings, goeie opnames wat die rugsteun is vir Scott se seun-sopraanstem wat gemaklik in die ‘treble voice range’, nootvas jou vervoer met sy soet, suiwer stem.

‘SONDER JOU’ gaan beslis ‘n groot gunsteling op radiostasies wees, maar dan pak hierdie jongman, gemaklik liedjies aan wat groter en baie ouer as hy is. Treffers in die operakringe soos ‘O MIO BABBINO CARO’ wat Callas bekend gemaak het; ‘FUNICULI FUNICULA’ gaan harte steel; ‘AVE MARIA’ pak jy nie met kaalhande aan nie. Scott vloei gemaklik deur die note en emosies. ‘HOW GREAT THOU ART’ en ‘OH HOLY NIGHT’ gee die album ‘n gewyde einde. Binnekort gaan sy musiekvideo van die bekende, ‘JERUSALEM’ ook oor die plaaslike TV- kanale te sien wees.

Scott se ‘held’ is die ontslape Gé Korsten – maar ek wil amper so ver gaan om te sê; ‘n nuwe Gé is gebore.

Sy stout-seuntjie-glimlag en soet stem gaan harte steel so ver hy gaan. ‘n Nuwe ster is in ons midde.

Uitgegee deur: Kelly Engel Music Group

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

Related posts

Leave a Comment