BESKRYWING / DESCRIPTION

‘Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.’
Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nursegesin kerse aangesteek en gehoop en gebid.
’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie.
Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

‘I saw my mommy walking to the court with a hoodie on and a scarf covering her face. She looked almost like someone that was poor. People were cursing at her . . . and that broke me. This is the woman who was there for me every day, making lunch for me and my friends when we came from school, and now here she is on television being called a criminal.’
The kidnapping of baby Zephany Nurse from the cot beside her mother’s hospital bed made headline news. Desperate pleas from her parents to return her safely went unanswered. There was no trace of the baby. For seventeen years, on her birthday, the Nurses lit candles and hoped and prayed.
Living not far away from the Nurses, 17-year-old Miché Solomon had just started Matric. She had a boyfriend. She had devoted parents. She was thinking about the upcoming school dance and the dress her mother was going to make for her. She had no idea that a new girl at her school, who bore an uncanny resemblance to her, and a DNA test would shake her world to its foundations.
Miché is now 22. This is her story – for the first time in her own words. Told with astonishing maturity, honesty and compassion, it is also a story of what it means to love and be loved, and of claiming your identity.
OOR DIE OUTEUR / ABOUT THE AUTHOR
Joanne Jowell is ‘n professionele skrywer sedert die ouderdom van 28. Sy het ‘n akademiese agtergrond in Engels en Sielkunde. Haar eerste boek, Managing the Quarterlife Crisis: Facing life’s choices in your 20s and 30s, is in 2003 gepubliseer. Zephany is haar sesde boek. Joanne woon saam met haar man en drie kinders in Kaapstad.
With an academic background in English and Psychology, Joanne Jowell began writing professionally at age 28. Her first book, Managing the Quarterlife Crisis: Facing life’s choices in your 20s and 30s, was published in 2003. Joanne lives between the mountain and the sea in Cape Town with her husband and three children. Zephany is her sixth book.
Kontak Jean Pieters by jpieters@nb.co.za of 021 406 3033 vir meer inligting oor die boek en die skrywer
For more information about the book or its author, please contact Jean Pieters at jpieters@nb.co.za or 021 406 3033
Uitgewer/Publisher: Tafelberg Publikasiedatum/Publication Date: 13 August 2019 Prys/Price: *R260.00 Bladsye/Pages: 296 Formaat/Format: 198mm x 130mm Bindstyl/Binding: Sagteband / Soft Cover Illustrasies/Illustrations: Ja / Yes Kategorie/Category: Biografie / Biography ISBN-13 : 9780624086437 / 9780624086406
- Prys onderhewig aan verandering / Prices are subject to change