ANDRé SCHWARTZ STEL NUWE ALBUM TYDENS INTIEME GELEENTHEID BEKEND!

Bekroonde sanger, liedjieskrywer, musikant, verhoogkunstenaar en akteur, André Schwartz het Woensdag, 19 September 2019, sy splinternuwe album, DIE PAD, tydens ‘n baie eksklusiewe geleentheid by die pragtige Fairway Hotel, Spa & Golf Resort in Randburg bekendgestel.  Talle bekendes en gaste, uit verskeie sosiale- en mediakringe waaronder Joe Foster, Kurt Darren, Lee Scott, Willem Botha, Len Muller en Sorina het dié intieme bekendstelling bygewoon. In sy toespraak het Schwartz sy opregte dankbaarheid teenoor almal betrokke by hierdie projek uitgespreek.  Hy het ‘n paar van die snitte vanaf die album vir die…

Lees meer

40 JAAR (1979-2019) liedjieboer innie langpad – Anton Goosen

Dit is vanjaar 40 jaar sedert Anton Goosen sy eerste opnames uitgereik het tydens die destydse Musiek en Liriek-beweging. 40 JAAR liedjieboer innie langpad is ‘n feesviering van die liedjieboer se vier dekades in Afrikaans: ‘n handvol nuwe opnames, ‘n handvol minder bekende weergawes en ‘n handvol alternatiewe opnames uit sy oeuvre. In Maart 1979 is die oorspronklike Kruidjie-roer my-nie (die tema-liedjie uit “Pretoria, o Pretoria”) uitgereik. Drie dae later is dit verban nadat ‘n ministersvrou gebel en gekla het. ‘n Ander liriek is geskryf en opgeneem, weer voorgelê, aanvaar…

Lees meer

Celebrate with Lorna Maseko

In Celebrate with Lorna Maseko, the former professional ballet dancer and well­known TV personality share her food journey in a love letter to you. She takes you to the township of Alexandra and tells where her love for food came from. She remembers how she enjoyed a burger and chips when she participated in the Prix De Lausanne ballet competition; how she fell in love with Asian food when she visited Hong Kong; how she participated in MasterChef South Africa and made one of her mom’s favorite chicken dishes; the role Chef Carlos Gayton played in her love for fish and Mexican food; how traditional dishes can be recreated using a bit of imagination; how she learned to prepare the perfect steak in chef’s school; how traveling exposed her to international food cultures … Now you can also make all these wonderful recipes in your own kitchen – thanks to our own celebrity chef, Lorna Maseko. Publication date: 16 September 2019 Price: R360,00 Pages: 192 Format: 260mm x 210mm  Binding: Paperback / softback Category: Cookery ISBN­13: 9780798177344 Edition: 1 Impression: 1 * Price is subject to change About the author, Lorna Maseko is a former professional ballet dancer, TV personality, celebrity chef and businesswoman. She is based in Johannesburg.   Media Enquiries Contact: Jean Pieters Tel: 021 406 3033 Email: jpieters@nb.co.za Human & Rousseau is an imprint of NB Publishers  Tel: +27 (0) 21 406 3033  Email: www.nb.co.z

Lees meer

VINCENT GORDON

As ‘n ambisieuse nege jarige het Vincent Gordon vir die eerste keer sy sang talent op die verhoog bekend gemaak, na agtien jaar se hard werk en vele optredes het hy sy eerste album ‘Asem’ vrygestel. Die liedjies in die album is veral besonders en dra baie betekenis vir hom omdat elke liedjie ‘n uitsonderlike boodskap het wat geïnspireer is deur verskeie rolmodelle ,veral sy groot treffers ‘ Stap soos Karlien’ en ‘ Dis die liefde wat tel’.  Sy persoonlike ervarings en opregte admirasie en dankbaarheid vir sy ondersteuners word onherroeplik…

Lees meer

Rise in Red stel tweede inspirerende enkelsnit vry!

“VOICES gaan daaroor om jou drome te volg en die lewe te leef wat jy verdien. Dit moedig jou aan om jouself oop te stel vir die moontlikhede wat die wêreld vir jou bied,” verduidelik die rockgroep, RISE IN RED, se hoofkitaarspeler, Jayson Reynolds, oor die betekenis agter die enkelsnit wat hulle pas vrygestel het. Hulle nuutste vrystelling bly getrou aan die positiewe boodskap en kenmerkende alternatiewe rockklank waarvoor die groep bekendheid verwerf het; en wil luisteraars inspireer om hulle eie vrese en onsekerhede te laat gaan en die positiewe…

Lees meer

Posduif se langverwagte derde enkelsnit is uiteindelik hier!

FOTO KREDIET:                                                            Tyler Walker – Big Red Photography POSDUIF, die moderne multikulturele musiekgroep met die unieke naam, het pas hulle langverwagte derde enkelsnit vrygestel en dit is reeds besig om soos ’n veldbrand onder aanhangers te versprei! LAAT VAL DIE WATER, wat deur die groep beskryf word as ’n snit met ’n “lekkerluister-aanslag”, spog met dieselfde opbouende boodskap en unieke klank waarvoor POSDUIF bekendheid verwerf het.    Volgens die musikante is hierdie ’n liedjie van hoop en dra dit die boodskap dat moeilike tye makliker oorkom kan word deur in…

Lees meer

Nicholis Louw stel hoendervleismooi weergawe van World In Union vry FT. Liezel Pieters!

Daar is min dinge wat ’n land kan saamtrek soos sport en goeie musiek. Met die Rugbywêreldbeker wat binnekort afskop, is dit dus net gepas om hierdie geskiedkundige gebeurtenis te ondersteun met ’n liedjie wat sinoniem geword het met oorwinning en versoening. Die bekroonde en veelsydige superster, Nicholis Louw, en die uiters begaafde en talentvolle sangeres, Liezel Pieters, het pas ’n hartroerende weergawe van die 1995 PJ Powers en Lady Smith Black Mambazo-treffer, WORLD IN UNION (voorheen deur Kiri Te Kanawa), vrygestel wat nie net beloof om luisteraars se asems…

Lees meer

NUWE FLIEK ONDERSOEK DIE BAND TUSSEN OUER EN KIND IN ’N POST-PANDEMIESE ERA

Die tydlose verhaal van ’n ouer, wat heeltemal toegewy is aan ’n kind, is een waarmee almal kan vereenselwig. Regisseur, Casey Affleck, se LIGHT OF MY LIFE, is ’n narratiewe rolprent wat afspeel in tydperk nadat ’n plaag amper almal in die wêreld uitgewis het. Dit is gebaseer op die Oscar-bekroonde akteur se eie draaiboek, wat drama vermeng met die storie van ’n kind en ouer se reis na genesing. Affleck verduidelik die betekenis agter die fliek as volg: “Dit is ’n baie persoonlike film vir my. Ek het hierdie…

Lees meer

Coffee Snobs – Sal jy

In ‘n tyd waarin ons verswelg word deur ‘n stormsee van liefdeloosheid, wantroue en geweld, is daar skielik ‘n veilige hawe van stilte en rus. Ek het dit gevind in die COFFEE SNOBS se nuwe enkelsnit SAL JY. COFFEE SNOBS, die sangpaar Vernette en Marius Wessels, het reeds in Suid-Afrika bekendheid verwerf met hul sensitief-intelligente lirieke en die intimiteit van hul musikale aanslag.SAL JYhet alles daarvan, én meer. Dit konfronteer die luisteraar met die vraag of jy bereid is om ‘n ander persoon by te staan, ook wanneer dit nié…

Lees meer