Baie dankie vir elkeen van julle se gebede, ondersteuning, aanmoediging en geduld die afgelope jaar. Hierdie is nog net die begin! |


Dít is waarna jy nog kan uitsien…
Joyce Meyer se spesiaal saamgestelde inhoud sal beskikbaar wees op RoepTV.com in September! Joyce Meyer onderrig sedert 1993 God se Woord deur middel van die “Enjoying Everyday Life”-reeks. Sluit by ons aan vir 15 episodes van inspirasie, konfrontasie en diep toewyding oor hedendaagse kwessies, soos dit in die Bybel aangespreek word.
Hierdie RoepTV.com produksie fokus op die lewens van bekende Suid-Afrikaanse sportspersone. Ons vertel daardie een insident wat hul lewens drasties verander het en so ‘n impak gemaak het dat hul verstom kon staan oor God se genade en goedheid. Wees op die uitkyk vir hierdie lekker, nuwe program eksklusief beskikbaar op RoepTV.com in September
Ervaar die rou egtheid van Michael W Smith agter die skerms terwyl hy na Suid-Afrika toer in 2019. Van ‘n verpaste vlug tot ‘n goddelike ontmoeting deel Michael verhale van ‘n leeftyd in die gospelmusiek bedryf, die verantwoordelikheid van leierskap en goddelike onderbrekings wat dien om die Een Ware Koning te verheerlik. Eksklusief beskikbaar op RoepTV.com in September.
Kliek op die skakel om nou op RoepTV.com in te teken.