STEM SAAM – VIA (kanaal 147), Vrydae 20:00

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

A Capella is wanneer mense sing en hul stembande as enigste instrument gebruik om musiek mee te maak. Dit sit ook gewoonlik nie in enige ou se broek om dit te kan doen nie. Bekendheid en bemarking gaan jou nerens bring nie, want hier tel net een ding; ware talent!

Die Amimato a Capella sangkompetisie word jaarliks aangebied waar skole van reg oor die land kan deelneem. Nou vir die eerste keer word hierdie kompetisie profesioneel opgeneem en verpak vir TV sodat die hele land kan sien wat agter die skerms gebeur om dié kuns, klank en perfekte harmonieë tussen stembande en kinders te meng tot ‘n klank wat asems wegslaan.

In STEM SAAM het die produksiehuis, CoolerBox Brothers met die stigter van Animato A Capelle kompetisie, Lizelle van Staden (stem)bande saamgesnoer en is tans besig om laasjaar se top drie wenskole, agter die skerms te skiet en dit weeklik op VIA uit te saai. Die regisseur is George van Rooyen en die vervaardigers is Marno Koen en Michael van Zyl. In elke episode volg hul die drie skole van waar hul oudisies hou, repiteer, optredes doen en als wat nog daarmee saamgaan om vir die hele land te wys hoe ware talent lyk.

Die drie skole wat laasjaar in die Top 3 posisies ge-eindig het, word gebruik in die STEM SAAM reeks en hulle is Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria met Steffie Le Roux as afrigter en Anja Woolls as organiseerder. Dan is daar ook Hoërskool Linden, Johannesburg met afrigters, Marius van Staden en Abigail Vos, wat georganiseer word deur Da Nielle Jordaan. Die derde skool wat gebruik word in die reeks, is Hoërskool Generaal Hertzog, Witbank. Die afrigter daar is Hester Kritzinger en een van die skoolmeisies, Lee-Ann – georganiseerd deur Alula van Wyk.

Die kyker kan alreeds inskakel vir ‘n blik wat agter die skerms gebeur waar hierdie drie skole nou in ‘n TV-reeks teen mekaar gaan meeding in 13 episodes. Die publiek kan ook die Semi- en Finale opnames bywoon op 4 en 5 Oktober 2019 wat opgeneem gaan word by die Woord en Lewe Kerk by h/v Tichardstraat en Kingficherlaan, Sunward Park, Boksburg. Kaartjies is slegs R60 en beskikbaar by www.itickets.co.za.

A Capella musiek is hier om te bly, veral as jy kyk na internasionale platforms waar a Capella die in-ding is. Dink maar aan Glee, Pitch Perfect, Pentatonix, ens. CoolerBox Brothers het invloede van reg oor die wêreld saamgesit, talent op eie bodem gebruik en só, hul eie stempel op ‘n genre gesit wat nooit sal uitsterf nie.

Kyk STEM SAAM, elke Vrydagaand om 20:00 op VIA (Kanaal 147).

Stem Saam Episode 4 Voorsmakie

In hierdie week se episode tree die ‘Acapelle’ van Generaal Hertzog op by die kerk vir hulle eerste optrede van die jaar, ‘n gespanne Juffrou Hester sukkel om die basse op die regte noot te kry en sy word onkant gevang toe drie van die meisies besluit om die klere drag te verander.

By  Hoërskool Linden deel die afrigters die uitslae van die mini sêr, en een van die leerders kry weer kans die om haar eie verwerking aan te leer vir die groep wat deel gaan wees van hulle program vir Animato A capella kompetisie.

Afrikaans Hoër Meisies Skool Pretoria het vanaand hulle drama en sêr aand, waar die meisies vir die eerste keer die jaar gaan optree,  soos wat almal rond hardloop om alles reg te kry, hardloop die tyd ook uit en afrigters is nie meer seker of hulle alles betyds gaan klaar kry nie.

Uitgereik deur: CoolerBox Brothers

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Sel: 082 554 8453; E-pos: lydiaw@mweb.co.za

Related posts

Leave a Comment