Loki is tans besig met die laaste afrondings van die nuwe Afrikaanse album. Hy is welbekend vir sy talent om ‘n instrument te bespeel, maar op die album word sy besonderse stem asook sy skrywers-vermoë beklemtoon. As ‘n veelsydige musikant het hy die volgende te sê oor die nuwe album; “’Storie’ het ‘n goeie balans tussen die verskeie genres en klanke op die album. Ek glo as mense van die liedjie hou, sal hulle ook die res van die album geniet.”
Loki Rothman skiet ook binnekort ‘n musiekvideo vir ‘Storie’ en beplan ‘n bekendstellingstoer vir die nuwe album. Hou hom dop, hier kom GROOT dinge. Coleske Artists is opgewonde om aan te kondig dat Loki Rothman se nuwe enkelsnit ‘Storie waar my hart breek’ in Junie 2019 vrygestel word. ‘Storie’ is die eerste enkelsnit vanaf Loki se langverwagte debuut Afrikaanse album, wat binnekort bekend gestel gaan word. Loki het self die lied neergepen asook saam Juan Floors Oosthuizen vervaardig en verduidelik dat die lirieke gebore is “ uit die oogpunt van iemand wat onseker is oor die persoon waarmee hulle in ‘n verhouding is. Dit gaan oor die maak of breekpunt van ‘n verhouding, en die opweeg van hoe die lewe sal wees sonder die ander persoon ”
Loki Rothman is tans besig met die laaste afrondings van die nuwe Afrikaanse album. Hy is welbekend vir sy talent om ‘n instrument te bespeel, maar op die album word sy besonderse stem asook sy skrywers-vermoë beklemtoon. As ‘n veelsydige musikant het hy die volgende te sê oor die nuwe album; “ ‘Storie ” het ‘n goeie balans tussen die verskeie genres en klanke op die album. Ek glo as mense van die liedjie hou, sal hulle ook die res van die album geniet
Tien jaar gelede het Loki Rothman die harte van Suid Afrikaners verower met sy uitmuntende kitaarspel op die gewilde televisie program SA’s Got Talent . Sedertdien het hy homself oor en oor bewys as meer as net ‘n geniale kitaarspeler; hy’s ‘n uitmuntende sanger, liedjieskrywer en musiekvervaardiger. As ‘n jong musikant het hy die wêreld getoer saam met Jack Parow, Die Antwoord en Toya Delazy. In 2015 stel hy twee albums vry; sy debuut solo album “The Way Back” , wat in die daaropvolgende jaar genomineer is vir ‘n SAMA toekenning, asook ‘n instrumentale album “ Syndactyly ”. In 2017 het hy ‘n Woordtrofee gewen vir beste solokunstenaar in kontemporêre musiek en weer in 2019 vir beste groep saam met die Soweto String Quartet.
Loki Rothman is nie onbekend by Afrikaanse gehore nie, hy’t die afgelope paar jaar skouers geskuur met bekendes soos Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke en Riana Nel. Die grootste hiervan is natuurlik sy musiekverhouding met Laurika Rauch, saam met wie hy Andre Swiegers se lied ‘Blou’ verwerk en opgeneem het. Hulle het in 2017 weer kragte saam gespan vir ‘n nuwe verwerking van Laurika se treffer ‘Kyk Hoe Glinster Die Maan’ vir die Afrikaanse film ‘Liewe Kersfeesvader’. Aanhangers van beide Loki Rothman en Laurika Rauch kan weer opgewonde raak oor ‘n splinternuwe duet “Fitzroy Straat”. Loki het die lied geskryf vir sy Oupa Louwtjie Rothman wat verlede jaar oorlede is… Loki Rothman skiet ook binnekort ‘n musiekvideo vir ‘Storie’ en beplan ‘n bekendstellingstoer vir die nuwe album. Hou hom dop, hier kom GROOT dinge.
Volg en ondersteun vir Loki op Sosiale Media: Loki Rothman, @lokirothman @LokiRothman
PR & Bemarking: Marne du Plessis (marne@marketingzoo.co.za) 012 004 0642
Jana de Beer (jana@coleskeartists.co.za) 012 740 3000.