
Die talentvolle en pragtige Taye Brink van Boksburg het onlangs die
musiekvideo vir haar tweede Afrikaanse enkelsnit, OOR DIT, bekendgestel.
Die musiekvideo, wat deur JT Ferreira in Centurion en Krugersdorp verfilm en
vervaardig is, handel oor haar as sangeres wat dit probeer “maak” in die
musiekbedryf, maar die “vervaardiger” dink sy is maar net nog ‘n sangeres wat
sy tyd mors.
“Die afgelope paar jaar het ek baie getwyfel in myself as mens. Waar ek inpas
in die samelewing. Is ek goed genoeg om my stem te gebruik deur my musiek om my
boodskap daarbuite uit te stuur. Die video kan in soveel maniere
ge-interpreteer word. Maar my groot doel met die video is om die boodskap oor
te dra om net jouself te wees. The best version of you en glo in jouself
want jy is dit werd,” vertel Taye.
Taye
het al talle hoogtepunte in die musiekbedryf gedurende die afgelope nege jaar
behaal. Sy het al skouers geskuur met internasionale kenners en agente
soos Kim Myers van die ARTS EXPO, Tashia Stafford van Icon Studio’s Atlanta en
Nate Butler van America’s Got Talent en tree gereeld by plaaslike feeste en
geleenthede in Suid-Afrika op.
Sy het groot bewondering vir moderne Country- en Pop-kunstenaars soos Taylor
Swift en Carrie Underwood maar is glad nie een is vir frilletjies en
fieterjasies nie. Sy is mal is oor visvang en diere. In haar vrye tyd
skilder sy en werk aan musiek.
Kyk die musiekvideo hier:
https://youtu.be/s7zhaVMFIf0
Oor Dit is nou beskikbaar op JOOX:
https://joox.page.link/QqB9x
SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook: https://www.facebook.com/TayeBrink/
Twitter: @tayebrink
Instagram: @taye_brink
Publisiteit & Bemarking
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za
STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST