
Om weer van vooraf te begin is nogal baie pynlik. Die storie vertel van die lief en leed van ´n nuwe begin
Die see is die blouste blou wat ek nog gesien het. Daar is nie ´n wolk in die hemel nie. Die see is so stil niks beweeg nie. Ek kry die reuk van sout in my neus. Ek wens ek kon net instap en swem tot ek nie meer kan swem nie. Dis so stil. Daar is nie eers ´n geluid van voëls nie. – seker maar die hitte. Daar onder op die rots sit ´n krap.
Ek kyk op my horlosie en sien dat ek al ´n uur lank hier sit en droom. Tyd om te ry dis nog ´n half uur se ry na my bestemming. Traag klim ek in my motor. Ai, al weer ´n nuwe begin. Ek sug lank en swaar soos ´n ou mens. Die motor is so warm soos ´n sauna die sweet tap my af.
Daar is die dorpie. Hier voor links is ´n kruideniers winkel, Sammie se winkel. Langsaan ´n apteek. Oorkant die straat ´n kliniek en langs aan die Hotel – Die Royal Hotel. Natuurlik moet daar ´n hotel wees. Daar sit n paar mense op die stoep. Ai tog daardie koeldrank lyk lekker. Ek sal verby hou met bier…juk hoe hulle dit kan drink gaan my verstand te bowe. Hulle lag kliphard oor iets. Ek wens ek kon so lekker lag. Ek is bevrees ek het my sin vir humor ook nou verloor.
Verby die hotel die tweede straat links dan die eerste een regs. Daar is nommer 17. Dis ´n lang rit na die huis toe. Vyfhonderd meter so tussen die bome. Jy sal nie kan glo daar is n huis hier iewers nie. Dit lyk soos die bosveld, maar dit pas my. Ek kan lekker wegraak hier en niemand sal weet waar ek is nie. Wel die waarheid is dat niemand wel weet waar ek my bevind nie. Die windtjie deur die venster verkoel die motor ietwat. Hier in die bos hoop ek om weer my siel te vind.
Rondom die huis is pragtige grasperke en goed versorgde blom beddings. Voor die huis is parkering vir 4 motors en daar agterlangs is motorhuise. Die huis is witgeverf met ´n grasdak. Vir so ´n groot “plaas” lyk die huis klein van hier buite waar ek parkeer.
Ek klop aan die deur en wag n rukkie. Ek wou net weer klop toe ´n reus van ´n man die deur oop maak. Ek skrik amper – hy is so lank en groot. Hy is netjies geklee in ´n wit hemp en swart langbroek.
Goeie middag, jy moet ms Ms. Michelle wees? Ja, ek is. Hoekom “Ms” hy my? Kom gerus binne, Mr. Lafras sal netnou terug wees. Hy is gou kliniek toe. Ek is Eugene die butler. Kom deur.
In die groot portaal is masiewe spieël met ´n pragtige uitgekerfde houtraam. Reg in die middel van die boonste deel kyk ´n engeltjie af na my. Ek hoop jy gaan my oppas, dink ek. Onder die spieël is ´n baie mooi stink hout tafel – net die blad en vier bene – geen laaie nie. Ek sien my weerkaartsing in die spieël – my hare is wind verwaaid, maar ek gee nie om nie. Dit was ´n lang reis. Aan albei kante van die muur is twee deure. Ons gaan deur die regter kantse deur.
Weer eens ´n groot vertrek. Aan die oorkant is die muur van glas die skuif deure lei op ´n groot stoep en daar is ´n swembad. Die water skitter soos diamante in die son. Die sitkamer stel is groot oorgetrek met egte leër en hout raamwerk. Ek gaan sit in die stoel en skielik kom die kind uit in my. As ek my knieë optrek tot onder my ken sal niemand eers weet ek sit hier nie. Eugene bring my terug uit my gedagtes – sal u koffie, tee of koue koeldrank neem? Ek voel half skuldig omdat my gedagtes so ver was. ´n Koue koeldrank sal baie lekker wees. Asseblief. Die horlosie slaan vyf slae wat deurgalm in die groot vertrek. Ek besef hoe moeg ek is. Ek het al vieruur vanoggend vertrek uit Durban en ek is nou nog honger ook. My maag moet nou net nie aan die skreeu gaan nie.
Ek kyk buite en sien die wit bamboes tuin meubels en dink – dis mooi dis soos ´n hotel en hier gaan ek lekker bly en werk. Na ‘n paar minute kom ´n baie gawe middel jarige vrou in met n tee trollie in. Op die trollies is n beker lemoen sap en twee lang glase. Sy skink een glas vol en gee dit vir my. Die ys maak die sap heerlik koud. Sy stel haarself voor as Maureen. Hallo Maureen, groet ek. Ek het nie besef ek was so dors nie.
Toe ek nog ´n sluk wou neem spring ´n groot spierwit persiese kat op my skoot. Stamp amper die glas uit my hand. Toe sit ek die glas gou op die koffie tafel neer. Hy skuur en vryf en pur. Kyk my in my oë en dit lyk of hy letterlik sê “vryf my ore toe” Ek vryf sy ore. Ai kat jy is pragtig. Lyk my ek het al klaar ´n vriend gekry? Ek wens ek was ´n kat dan het almal my ook net so gevryf en my lief gehad. Ek het nie besef dat ek hard op gepraat en nie en skrik my boeglam toe ek skielik hoor: “ Ek sien jy het klaar met Ferdinand vriende gemaak.” Ek kyk verskrik op. “jammer, ek wou jou nie laat skrik het nie. Ek is Lafras. Ek is bly jy het veilig hier aangekom” Het jy ´n goeie rit gehad?” Ja, ek het dankie, ek is ietwat wind verwaaid, maar ek is hier. Ek kyk na hom terwyl hy nog so voor my staan. Ek wou opstaan, maar hy sê: “nee, sit, die kat sal jou nie toelaat om op te staan nie”. Ek kyk na hom. Hy het donker hare wat net net wil grys raak lang die kante en die mooiste blou oë, en daardie glimlag. Ai dit maak my bene lam! Net voor hy gaan sit buk hy en tel die kat van my skoot af. Kom Ferdinand sy wil darem ook haar koeldrank drink. Die kat grom kwaai – duidelik nie gelukkig om op die vloer neergesit te wees nie. Lafras is so aangenaam, en dit voel asof ons mekaar al lankal ken. Die kat pur aanmekaar en skuur teen my bene.
Ek neem toe ´n sluk koeldrank. “Michelle” sê hy: “wat het jou laat besluit om hierheen te kom? Hier is niks om te doen vir jong mense nie”. Ek is bly as hy dink ek is jonk.. .. “Ek het die advertensie gesien van huishoudster en het besluit dis tyd om my vlerke te sprei. Nou is ek hier. Ek het net ‘n verandering nodig en ´n plek van rustigheid. Ek is seker ek sal dit hier vind. Na wat ek gesien het met die oprit na die huis toe weet ek dis presies wat ek hier sal vind.
Nadat ons klaar ons sap gedrink het, roep hy na Maureen en vra haar om my na my woon eenheid te neem.
So, dis die begin van my nuwe lewe op hierdie pragtige stil see dorpie.
Die deur van my eenheid is ´n uitgekerfde olifant. Sjoe, die persoon wat die werk gedoen het is goed. Maureen maak die deur oop en stap eerste in.
Die sitkamer is groot en weereens n leër sitkamer stel. Aan die oorkant is ´n glas deur wat lei na ʼn private tuin. Dis ´n vrolike vertrek met geel, blou en groen gordyne.
Die slaapkamer het ook ´n dubbel skuifdeur wat na die tuin toe uitloop en daar is ´n groot dubbelbed en ´n bank voor die voetenend en Eugene het my tas daarop gelos. Ek sê toe vir Maureen dat ek sal uitpak ek wil eers gou bad en die stof afwas, aangesien ons oor ´n half uur gaan aandete eet.
Die bad is in die hoek en daar is ´n stort en aparte toilet. En dis groot. Die venster kyk ook uit op ´n private tuin.
Hier is nog ´n deur – ek wonder wat daar is. Ek maak die deur oop en sowaar dis ´n aantrek kamer. Ek neem my tas toe in en pak gou uit aangesien ek nie baie klere in my tas het nie. Net die nodigste kledingstukke. Daar is rakke en hangplek aan alby kante van die kamer in die muur aan die oorkant is ´n vollengte spieël.
Ek weet sommer dat ek lekker hier gaan woon. Ek het toe gou gestort en is reg vir aand ete en ek is lekker honger.
My woonstel het ook ´n klein kombuis area en n private ingang, sou ek besoekers ontvang. In die kombuis is n rooster, ketel, mikrogolf en ´n stoof en dan vier van alles – borde, messe, vurke en glase.
Daar klop iemand aan die deur. Dis Lafras, ek hoop alles is in orde? O ja! Dis perfek dankie. Dit voel of ek met vakansie is en nie werk nie. Hy lag uitbundig. Kom ons gaan eet en hy loop voor.
Ons sit buite op die patio en eet en ek merk op dat die huis in ´n u-vorm gebou is. So al die vertrekke loop op die patio uit. Ek voel soos ´n gas en nie die nuwe huishoudster nie. Ai, net soos die gordyne in my woonstel is alles vrolik. Die kleure van die kos geel, rooi, groen en net die klêure allêen maak my net nog meer honger. Dis warm en daarom eet ons vrugte en koue slaaie en koue vleis en yskoue koeldrank. Die keer mango sap met baie ys. Dis die eerste keer in maande wat ek honger is en uitsien na kos. Ek skep van alles in, koue beestong, ham wortelslaai, aartappel slaai en komkommer en tamatie slaai. My bord is letterlik oorlaai met al die kos. Ek weet nie eers of ek sal kan eet nie. Ek het tot dusver dertien kilogram in 2 maande verloor.
Lafras vertel: “Ek is ´n afgetreede dokter van Johannesburg af en het moeg geraak vir die gejaag na niks. My vrou en seun was gekaap en albei vermoor. Ek kon nie sin sien om daar te bly nie. Ek was baie gelukkig om die huis hier te vind en die stilte is baie goed vir my gemoed stemming”
Toe die vrou van die losieshuis uitvind ek was ´n dokter toe het die kliniek my ingespan en nou is ek amper voltlyds daar doenig maar ek jaag nie van hier tot daar nie ek werk op my eie tyd omdat ek wil. Jy sal vind dat almal hier vriendelik en behulpsaam is. Ek voel omdat ek werk omdat ek wil en nie moet nie doen ek ´n beter diens aan die gemeenskap.
Maar vertel my waarom is jy regtig hier? Vra hy my.
Ek, – um, ja hier kom dit nou. Vrae en antwoorde….die ewige ondervraging.
“Ek wou oorsee gaan om tuisversorging te doen, en omdat ek nie familie oorsee het nie, kon ek toe nie werk permitte en visums kry nie. Toe moes ek ernstig dink wat is die beste opsie hier in Suid Afrika. Gelukking sien ek toe die advertensie op die internet en hier is ek. Ek dink dis tyd om my vlerke te sprei en te werk wat ek wil doen en die net om geld vir ander mense te maak en hulle nonsense op te vreet nie. Ek wil rustig wees en van die huis af werk – ek is hier en ek werk van die huis af…Durban het nou so onveilig vir enkel lopende vrouens geword. En ek is regtig moeg vir die taxis en lorries op die pad. Ek het 4 inbrake gehad in ´n jaar en nou is ek moeg vir die lewe in die stad.”
“Wat van jou familie?” Vra hy.
My familie is orals. In die Kaap in Gauteng, Noordkaap – oorsee. Ek het kontak met hulle op Facebook en whatsapp. Nou ja hier is ek op n rustige klein see plekkie.
Hy vra toe: “en die liefde” Ai, ek wil nie hieroor praat nie. Dis ´n seer onderwerp. “Wel ek is ´n paar jaar gelede geskei, omdat hy aan die drink gegaan het en nie vir my wou sorg nie.” Ek sê niks van Basil nie.
Ek is skielik naar, maar neem ´n sluk koeldrank. Dis rou hier binne. “Maar genoeg van my, Wat verwag jy van my? Wat moet ek doen”?
Ferdinand spring op my skoot. Ek vryf sy ore en hy begin dadelik te pur. “O wel jy het beslis ´n nuwe friend in Ferdinand”. Hy tel die kat af, “Ferdinand ons eet jy kan nie nou hier sit nie”. Hy gee Lafras ´n vuil kyk en loop weg.
My glas word gevul met koeldrank. Ek neem n sluk en sluk die trane weg. Die ete is klaar. “Maak jou gerus tuis ons sal môre die program bespreek. Ons eet om agt uur, Maureen sal jou kom roep”.
Terug in my kamer gaan pak ek toe die res van die besitting uit. My boeke en nog ´n tas met klere. Ai hier is lekker baie pakplek. Ek sit my skoot rekenaar op die tafel in die sit kamer. My radio en cd’s in die slaapkamer.
Die raam met ´n foto van Basil op die spieëlkas. Ai dit pyn in my borskas. Ek mis hom geweldig baie.
So dis nou ´n nuwe dag, ´n nuwe maand en ´n nuwe jaar ´n nuwe hoofstuk en ´n nuwe boek.
´n Nuwe lewe. My nuwe lewe in afsondering.
Ek skrik wakker en dis nag donker. Ag nee! Nie weer drie uur in die oggend nie. Die voëls fluit vrolik met ´n gekwetter en getjirp, ek staan op en maak die gordyne oop. Dis helder dag en sonskyn – ooo pes hoe laat is dit? Ek is laat vir ontbyt op my eeste dag! Ek kyk gou hoe laat dit is my hart klop in my keel. Sjoe dis net ses dertig. Ag watter verligting en ek het lekker geslaap, maar ek was baie moeg ook nog.
Dis heerlik hier in my private tuin, die voëltjies bad en spat in die voëltjie bad. Ek moet gou gaan stort en regmaak vir ontbyt. Daar huil ‘n trompet hornbill – klink soos ´n baba wat huil.
Ek het al die gordyne en vensters oopgemaak vir vars lug. Gou ´n koppie koffie gemaak en gedrink.
Ferdinand verwelkom my met ´n gemiaau en skuur teen my bene. Ek tel hom op en vryf sy ore. Hy pur en lyk amper of hy glimlag. Hy raak baie vies as jy hom neer sit.
Soos gisteraand is die kos weer baie kleurvol en daar is vanoggend graanflokkies, gesondheid ontbyt, vrugte en yougard. Lafras groet my baie vriendelik en vra of ek spek en eiers wil hê.
Nee dankie die vrugte en yougard is genoeg dankie. Ek eet nie gewoonlik ontbyt nie.
Hy kyk my kwaai aan en sê: “Dis die belangrikse ete vir die dag!” Ja ek weet maar in die stad leer mens slegte gewoontes aan.
Mmm ja ek beter jou dophou, moenie dat ek jou vang nie eet nie.
Ons lag, maar eintlik weet hy nie wat die rede is nie. Ek gaan dit so los. Dis die verlede.
Ek drink gou my koffie klaar. Nou kantoor toe vir die reëls en regulasies, wat en wat nie.
Sondag middag my eerste Sondag hier. Almal is weg. Dis stil, selfs die voëis stil. Lafras is Kaapstad toe vir twee weke Die personeel is naweek af. Ek het die hele huis vir myself.
Wat is daardie klank! Dit weergalm deur die stilte van die huis. O! Natuurlik, die deur klokkie. Ek wonder wie dit kan wees. Hoop dit is nie ´n noodgeval nie. Ek maak oop. Goeie môre, groet ek. Die man het ´n baie stoute glimlag. “Goeie môre groet hy. Ek is Simon, Lafras se broer. En wie het ons hier? Ek het nie geweet my ou boet het ´n baie mooi skelmpie, vriendin? Vrou? Of huishoudster nie.” Hy is ´n rapsie langer as ek met ´n woeste bos donker krul hare en ´n glimlag soos Lafras. Ek kan nie help om te glimlag nie. “Nee ek is nie die eersgenoemde nie maar wel die huishoudster”. “Waar is die ander personeel?” vra hy. En ek antwoord: “Hulle is die naweek af nou is ek in beheer van alles. Kom binne – Lafras is Kaap toe vir twee weke, kan ek iets kry om te drink?”
Ek gaan reguit kombuis toe. Ek wou nou net die ketel aansit vir koffie. “Ja dankie koffie sal gaaf wees, maar vertel my eers, wie is jy en hoe het jy hier beland? Laas toe ek hier was, was daar geen sprake van enige iemand nie- alles behalwe ´n nuwe huishoudster”. “Wil jy gou vir Lafras bel? verander ek die gesprek dan bring ek die koffie stoep toe. Wat van iets om te eet? Ek sal vrugte bring dan kan ons dit eet.” Ek het foto´s van hom gesien. Hy is nou net ouer. Ek bring die koffie en vrugte stoep toe en wou net wegstap toe hy my terug roep. “En wat is die huishoudster se naam? En ek wag nog om te hoor hoe jy hier beland het”. Ek vertel hom toe kortliks die storie.
“Hier is niemand hier nie, kom saam met my vir ´n stappie in die berge, toe asseblief” vra hy soos ´”n stout seuntjie. “Was jy al daar? Nee, dis my eerste Sondag hier” “Dit sal lekker wees as jy saam kom, jy is tog alleen hier met niks om te doen nie.” Ek stem in en sien nogal uit na die staptog. “Nou maar goed ek gaan trek gou my stap klere aan”. Ek het toe sommer ´n piekniek mandjie gepak met vrugte, toebroodjies, neute, kaas en southappies, water en vrugte sap. Ek hoor hoe hy lag en weet hy praat met Lafras wat ´n baie goeie sin vir humor het.
Ek sit toe die mandjie eetgoed by die voordeur en stap stoep toe om vir hom te sê dat ek reg is. Hy groet Lafras en is verras dat ek so vining reggemaak het.
Lafras het my gewaarsku dat ek jou moet mooi oppas want jy kan nogal wild raak in die natuur – (dis waar, wanneer ek die onkruid uitruk dan is ek die ene modder van kop tot tone.) Wel jy beter luister na jou broer hy weet waarvan hy praat. Mm ek sien uit daarna om jou in die natuur te sien….spot hy.
Hy hou die deur vir my oop om in te klim en plaas dan die mandjie op die agterste sitplêk. Ek is opgwonde oor die stap en het al gewonder of mense daar gaan loop. Natuurlik sal ek dit nooit oorweeg om alleen te gaan nie. Hy vertel my toe hoe mooi dit daar bo in die berge is. En ek sien nog meer uit om te gaan.
Die geklêtter van voëls tref ons luidkeels toe ons uit die motor klim. Hy stel voor dat ons die opdraande pad sal neem want dit is nogal taai op sekere plekke – en was hy reg. Ek dag ek is dood toe ons bo aankom. Ek het gedink dat ek fiks is, toe nie – maar bo aangekom was die uitsig besonders mooi, mens kon amper die ewigheid sien. Ons het toe n plekkie gekry om te sit en drink toe van die yskoue water. Toe pak ons die afdraande aan. Daar onder is n rivier en ek het my tekkies uitgetrek en my voete in die water gesit. Ek het nie besef dat dat al twee ure later was nie. Ons het toe net daar piekniek gehad. Ek pak toe die messe, vurke, koppies uit en hy roep uit. Hemel maar jy is omtrent georganiseerd. Ja soek, my ma het my mooi geleer. Ek het opgelet in die klas. Hy lag en was verras oor die seleksie van kos wat ek ingepak het en komplimenteer my daaroor. Jy gaan beslis weer saam kom as jy so ´n mandjie pak. Dankie dit is regtig lekker. Dis heelik koel hier langs die rivier en die water is so skoon. Ek moet jou ma ontmoet, sy is baie slim. Is sy net so mooi ook? Ek kyk met hartseer in my oë aan. Hoe sou ek nie daardie woorde wou hoor van Bazil af nie. Moenie my so aankyk nie, ek bedoel dit. Goed ek sal dit as n komplimant aanvaar. Hy mag nie weet wat in my gedagtes aangaan nie.
Die uitstappie was heerlik ek het baie soorte goggas en voëls gesê en nie eers te praat van die verskillende veld blomme nie. Die vars lug het my goed gedoen. Dis nou al drie uur en so begin die uit tog huiswaarts.
By die huis aangekom het hy vir ons vars yskoue lemoensap ingegooi terwyl ek die mandjie uitgepak en die skottegoed gewas het. Ek was so warm en ons albei het in die swembad afgekoel.
Hy het die aand in die gaste kamer geslaap. Die volgende dag was die personeel weer op hulle pos en nadat ons saam ontbyt gehad het Simon besluit om nog ´n aand oor te slaap
Dit was so lekker om buite saam met so n vriendlike mens ontbyt te eet en te praat van die stap tog. Ai, die herinneringe! Ek moet hom vergeet, dis tog hoekom ek hier is.
Wat wil jy vir aandete hê? Verras my. Goed ek sal. Ek het toe self gekook. Ek het geroosterde hoender en aartappels gemaak met gemengde groente. Terwyl ek die uie opsny loop die trane en met die loop Simon in en vra my: “huil jy?” Ja man, die uie brand my oë. Ek moet harseer raak daar oor. Hy lag, maar dankie tog hy nie agtergekom dat ek regtig trane gestort het nie.
Ek het self die tafel gedek. Tuna en mayonnaise met uie vir voorgereg daarna die hoof maaltyd en ´n tuisgemaakte yskas tert.
Sjoe, nou het ek lekker geêet. Jammer ek moet môre weer ry, maar toemaar ek sien jou binne kort weer. Jy weet Lafras is regtig gelukkig dat jy hier is. Hy is deur ´n harde tyd nadat sy vrou en seun vermoor is. Sy het hulle seun gaan oplaar by die lughawe en oppad terug was hulle gekaap en vermoor en die kapers was nooit gevang nie.
Dit wil voorkom of Lafras nou ´n bietjie rustigheid gekry het hier op die dorp. Die mense hier is baie goed vir hom en die kliniek hou hom besig. Jy moet maar mooi vir my boetman sorg.
So is Simon toe weg die volgende dag en die lewe gaan maar weer aan. Soos gewoonlik. Ek is jammer hy moes sou gou al gaan maar hy is oppad Europa toe. Werk glo aan ´n kontrak daar.
Lafras is weer terug nou sal ek nie weer so erg verveeld wees nie. Hy het my alles gevra oor sy broer en wat ons gedoen het. Ek het hom toe vertel van ons piekniek en staptog. Ja dis my boer daardie. Hy is gek na die natuur het al die hele wêreld getoer om te gaan stap. Jy besef noudat jy om bederf het met die piekniek dat hy weer gaan terrug kom en verwag dat jy weer moet saam gaan. Wel dis nie ´n probleem nie ek het dit regtig geniet in die veld.
O ja, amper vergeet ek ons gaan dans Vrydag aand. Jy moet saam met my gaan want ek is nie lus vir die vroumens van die poskantoor nie. Sy dink sy het eie reg op my. So, jammer jy het nie ´n keuse nie. Kry jou dans skoene reg. Die dans is in die hotel. Ek hou nogal van dans, maar ek wil dans met wie ek wil en nie met al wat ´n vroumens is wat nie kan dans nie, sê hy.
Ek het baie lank laas gedans, laaste keer saam met Basil, ai die rou herrinngringe – weer.
Terwyl ek my klere na gaan om te sien wat ek gaan aantrek loop die trane alweer. Wanneer gaan ek weer mens wees? Wanneer gaan ek vergeet? Kan dit nie nou maar net ophou nie?
Ons ry so sewe uur. Ek sal reg wees. Dit sal nogal lekker wees om iets anders te doen en te sien hoe die dorpsmense patytjie hou. Ek moet erken dat ek ook maar mens sku is en as iemand net te vriendelik lyk dan hardloop ek!
Ek het net een rok en dis ´n swart een, ek hoop dit pas nog. Ek sal moet gaan soek vir dans skoene want ek het net loop skoene en dit gaan baie snaaks lyk met die aand rok.
Die week het verby gesloer. Ai ek het baie uitgesien na die dans en nou is dit tyd om reg temaak. Ek het my hare laat sny en kap. Dit voel snaaks met die korter hare. Toe ek in die sitkamer kom, staar Lafras my aan of ek n spook is …. Of so voel dit vir my.. Wow! mag ek vra wie jy is? Het jy vir Michelle kom kuier? O ja waar is my maniere. Ek is Lafras en ek neem vir Michelle uit vannaand. Aangename kennis se ek. Ek is Michelle se tweeling sussie maar jy moet versigtig wees vir my sus sy kan nogal uithaak wanner jy haar n kans gee. Hy lag en komplenteer my. Jy lyk pragtig ek hou van jou hare. Dankie jy moet versigtig wees as jy so aantreklik lyk net nou vra ek om met jou te trou! O pes laat ek gou gaan tuin klere aantrek. Ons lag albei. Wel tweeling sussie kom ons gaan verf daardie dansvloer pink en pers kolle. Reg laat ons gaan.
By die hotel word ons omtrent aangegaap. Voel of ons van n ander planet of kom. Hulle staar ons letterlik aan. Ek hoor hoe iemand vra wie op die aarde is daardie vrou? Die ander vroumens antwoord met minagting: dis seker daardie huishoudster. Skinder lekker julle almal die dokter het julle nou ‘n ding of twee gewys.
Die kos was heerlik en ek besef hoe honger ek was. Die versnapperinge en peuselhappies was uitstekend. Lafras is n aangename dansmaaat en hy kan dans. Hy het homself so geniet ons is eers een uur die volgende oggend terug huis toe.
Op die lughawe …
Dit was lekker om my familie te sien na so n lang tyd. Siestog tannie Makkie gaan nou vining ater uit. Sy raak oud, maar sy doen glad nie slêg vir negentig jaar nie. Sy is dierbaar en ek sit pens en pooitjies op haar bed en gesels. Sy vertel van haar kinders wat daar was die vorige dag. Ons praat oor staaltjies van hulle kinderdae en hoe stout hulle was. Sy se ek lyk op n druppel water soos my ma en verwar my met haar suster.
Die lughawe is groot en ek is alleen en senuweeagtig om die vliegkaartjie te kry. Ek het aanlyn geboek nou moet ek net gaan inboek. Ek soek die redery se inboek plek. A, daar is dit en ek weeg my tasse kry die kaartjie en gaan na die hek. Sjoe ek het lanklaas gevlieg. Na ‘n jaar van afsondering is dit vreemd om in die beskawing te wees. Die kinders raas want dis uit hulle normale omgewing en die mense sit en lyk baie verveeld met hulself. Hulle lyk almal so ernstig, sommige sit en doen iets op hulle skootrekenaars die meeste ander sit op hulle selfone,mens hoor net ping ping soos die boodskappe deur kom en die ourers moet die kinders probeer kalmeer en besig hou. Om ‘n uur te sit met jou eie gedagtes en om niks te doen behalwe om te wag vir die tyd om te vlieg is sieldodend veral as jy hiper aktief is. Somige van die vroumens lêes n tydskrif. A daar kom die vliegtuig nou in. Nou nie meer lank nie. Ek kan nie meer wag om op daardie vliegtuig te kom nie. Ek wens ek was n vlienier of ‘n lugwaardin. Ek sal maklik my hele lewe land kan gaan vlieg.
Daar kom die aankondiging nou. Almal staan op en haas hulle na die deur asof die plek besig is om af te brand. Hemel dit gaan nie maak dat ons vinniger op die vliegtuig kom nie! Onse ouers. En niemand glimlag nie hulle is so ernstig – hemel weet hoekom en ek kan nie ophou glimlag van opgewondenheid nie. Ek gaan vlieg! Intussen lyk dit of hulle na julle begrafnis toe gaan. Dis ‘n lang gang na die vliegtuig toe. Ek wil oopbars van opgewondenheid mens kan sweer ek het nog nooit gevlieg nie. Ek sit met ‘n lawwe glimlag op my gesig ek voel soos n kind met ‘n nuwe speeding.
Uit eindelik is ons in in sitplêkke en vasgegordel. Ek sit by die venster. Nou kom al die aankondigings. Ek hou die lugstrook dop – ek wil sien wanneer ons opstyg – dis die beste gedeelte. Die motors lawaai daar trek ons weg met die spoed word ons teen die sitplek vasgedruk nie hard nie maar jy kan voel dis met ‘n spoed wat ons nou wegtrek. Die vliegtuis spoed voort en daar lig die vliegtuig en ons is in die lug. Ons vlieg omtrent langs die see en nou is ek letterlik en figuurlik in die wolke. Die wolke lyk soos katoen wat nou net gepluk is. Ons styg bo die wolke uit en nou is die hemel pot blou en helder. Ver onder lyk dit soos sneeu op die berge met al die wolke. Daar is wolke net waar jy kyk daar onder. Dit voel nie eers dat ons vlieg nie dit voel of ons net sit en kyk na buite. Dis prentjie mooi. Ons vlieg sestig duisend meters bo die aarde. Om te dink dit is net twee ure van Kaapstad na Durban en per motor is dit meer as 12 ure se ry. Dis mooi is dit nie hoor ek meteens hier langs my. Dis is pragtig. Is dit jou eerste vlug. O jitte nee ek is net mal oor vlieg en voel soos n kind met ʼn nuwe speeding.
Ek het jou dopgehou op die lughawe en jy is die vrou met wie ek wil trou.
My oë rek! Wat! Regtig sê hy, toe ek jou sien toe wou ek al met jou praat, maar ek wou jou nie afskrik nie. Hier is my foon nommer – hy gee my sy nommer. Ek gaan jou nie ontvoer en onder verdowing sit en jou vorseer om met my te trou nie ek wil jou net meer sien en ek wil he jy moet my lêer ken sodat jy uit eindelik ja sal se. Ons kan telefonies gesels en miskien skype. Waarheen gaan jy? Ek is so geskok maar ek vertel hom dat ek huis toe gaan. Waarheen gaan jy? O ja wat is jou naam? Hy vertel my sy naam is Wynand en hy gaan Durban toe vir besigheid. Hy is n ingeneur en hy reis baie en ja wanneer ek kan moet ek defnitief saam gaan. Hy sal reel vir die visas waar nodig is. Ek is dood ernstig ek wil jou graag beter leer ken. Of anders kan ek vir jou ‘n werk gee as persoonlike assistent.
Ek gaan hom skok sien of ek hom kan afsit. Wel as jy met my wil trou dan moet jy ten minste een miljoen rand in my persoonlike rekening in betaal. Dan sal ek daar oor nadink en vir jou ‘n antwoord gee.
Toe vuur hy terug en skok my. Gee my asseblief jou bank besonderhede. Ek haal my bank kaart uit my beursie en gee hom die besonderhede en net daar plaas hy geld oor in my rekening ek dog hy speel. Nou is ek die een wat geskok is en dood bang. Goed se ek ek sal jou persoonlike assistant wees, maar ek sal ‘n maand moet kennis gee. Hy het sowaar tienduisend rand oorgeplaas in my rekening Hy moet van sy sinne beroof wees. Wat is fout met jou vra ek hoekom ‘n dom ding doen soos dit? Ek is mal oor jou ek sal enige iets doen om jou aan my sy te he. Ons het nie eers besef hoe vining die twee ure verby gegaan het nie. Ons het gesels asof ons mekaar al jare ken. Hy is baie aangenaam en aantreklik daarby.
Ek gaan saamspeel en sien waarheen hierdie storie lei.
Ons land en ons gaan ons eie weë.
´n Week later lui my foon en ek hoor Wynand se stem. Hallo my pragtige meisie en hoe gaan dit vandag. Jammer dat ek nou eers bel maar dit het woes gegaan op hierdie uitstappie. Dis ‘n verassing. Dit gaan goed hier, is jy in die Kaap? Ja ek is, maar ek het n vraag vir jou. Wat is op jou emmer lys? Wat is die ding wat jy die graagste wil doen?
My lys: n besoek aan Kanada, julle bootreis, julle helikopter reis, skydiving – dis genoeg vir nou stuur my jou epos adres dan gee ek jou die lys. Maar vir nou is dit die belangrikste.
Dit klink soos n lewens avontuur. O ja dit is.
Stuur my jou lys asseblief. O, die rede hoekom ek bel is dit. Ek sal jou kom haal op die einde van die maand. Wat het Lafras gese? Natuurlik was hy nie gelukkig nie maar hy reken dat ek nog jonk is en dat ek die geleentheid moet gebruik. En my lewe moet lewe.
Hy weet dat iets baie sleg skeef geloop het en daarom het ek die werk daar aanvaar. Ek het hom nooit die storie vertel van Bazil nie.
Wynand het my gereeld gebel en ons het land en sand gesels elke aand.
Dis Saterdag môre en gewoonlik baie rustiger hier. Ek skakel die radio aan vir musiek maar die nuus is aan – “”Oorseese man vermoor op staptog”. Ek luister met ´n halwe oor. “Simon wat die wereld vol gereis het om staptogte te doen is wreed vermoor terwyl hy op ´n staptog was saam met ‘n vriend” – WAT NEE! Dit kan nie wees nie. Ek val op julle stoel neer. NEE DIT KAN NIE WEES NIE. ´n Klop aan my deur laat my skrik. Ek maak die deur oop Lafras kyk na my en vra wat is fout. Ek wys na die radio. Ek kon nie julle woord uit kry nie. Simon was slegs 35 jaar oud en het die vriend van Amerika na die natuur reservaat geneem om te gaan stap. Die keer het hulle die voëls gaan sien wat so pas gemigreer het. Toe kom die trane. Lafras vertel my dat hy ´n uur gelede die oproep gekry het. Die vriend het glo nadat Simon vir hom vertel het om te hardloop vir hulp – weggekom en Simon was toe met ´n mes gesteek. Hy het onder ´n bos weeggekruip en daarom kon die polisie nie hom opspoor nie. Die volgende dag het ander lopers sy lyk gekry.
Die volgende paar weke was baie hartseer die begrafnis was gereël en afgehandel. Die telefoon was aanmekaar besig. Ek wil nooit weer so-iets beleef nie. Hy was so ´n saggeaarde liewe mens en hy is in die natuur dood waar hy die gelukkigste was.
Daar was drie inhemse bome geplant ter herdenking aan Simon se liefde vir die natuur en die lof betuiginge was daar was was ongelooflik. Ching van Amerika het ook gepraat. “Simon is my held, hy het vir my gesê – hardloop kry hulp” – en toe veg hy vir sy lewe teen die twee aanvallers. Hy het sy lewe vir my gegee.” Hier het almal gehuil. Dit was hartroerend. Ching se pa was ook daar en het net gesit en huil omdat sy seun se lewe gespaar was.
Wynand het my toe kom haal soos hy belowe het en toe ry ons na sy huis in Durban. Ek het besluit om vir ´n week verlof te neem. Hy het intussen die huis daar gekoop omdat ek gesëê het dat ek nie op’ n ander plek sal wil bly nie. Hy het die aand oorgeslaap en vir my vetel dat van nou af sal ek hier woon wanneer hy op sy besigheids toere moet gaan. Die volgende dag het ek hom lughawe toe geneem omdat hy dringende besigheid het om af te handel. In die week het ek toe lekker alleen gebly en die huis verken aangesien dit my nuwe blyplek gaan wees.Toe vir die eeste keer bars ek in trane uit. Ek het gehuil asof ek nooit weer gaan ophou nie. Die herrineringe! My hart wil ontplof van opgeboude hartseer, selfs na ‘n jaar wat ek sonder Basil geleef het. Dit was nie maklik nie. Sal ek ooit sonder hom kan leef?
Droog die trane af en geniet jou vakansie – praat ek met myself.
Die huis is groot, dis ‘n kassarm van n plek en die huis is perfek. Dis groot en daar is vrugte bome. Advokados, mangos, naartjies, dis ´n fees van vrugte bome.
Daar is groot grasperke, blybaar doen tuindiense die gras so ek het nie nodig om bekommerd te wees oor die versorging van die tuin nie.
Die tuinier en huis hulp kom glo elke Saterdag in. Ek parkeer die motor en gaan kombuis toe om koffie te maak. Dit voel of ons mekaar al jare lank ken.
Ek wonder hoe dit met Lafras gaan. Ek wonder wat het van Bazil geword, en of ek moet gaan vir koffie. En soos toeval dit wil hê is ons amper bure ek is so naby aan hom. Hou jou in vrou se ek vir myself hy het sy keuse gemaak. Ek wonder of hy toe uitgevind het dat sy ´n krimineel is of hoeveel geld het sy en haar man van hom af gesteel of het hy nog sy huis. Die versoeking is groot om na sy huis toe te gaan en te sien hoe dit met hom gaan.
Al die vrae. Ek sal weldra uitvind.
Wynand het my so baie vertel van sy toere met sy besigheid en ek het gewonder of hy my wel sal saamneem. Die tyd wat ons mekaar leer ken het het hy my wel laat vergeet van Bazil en ek is dankbaar daaroor.
Ek het by my aankoms terug by Lafras vir hom vertel dat ek ´n maand kennis gee. Lafras was baie wys hieroor en het vir my gesê dat dit tyd is om weer te lewe en hy weet dat ek weggekruip het vir my verlede. Jy moet tog eendag vir my vertel waarom jy hier kom wegkruip het. Ek vermoed dit moet ´n man wees. Ja, jy is reg – dit is n man. Weet jy, jy mag nog nie so dink nie maar dinge sal wel weer uitwerk vir die beste. Jy glo in die Here en Hy sal krom paaie weer reguit maak.
Die maand het verby gesloer. Toe ek my kar klaar gepak het is dit tyd om te groet. Ek huil en al huildende trek ek daar weg. Die pyn is ligter en ek sien uit na my nuwe lewe.
So huilende begin ek my nuwe lewe.
Dis Dinsdag en Wynand bel my en ek is al twee dae in my nuwe tuiste nog nie heeltemaal uitgepak nie, maar hy sê ek moet ´n naweek tassie pak hy kom my Vrydag op laai vir die naweek en bring asseblief jou paspoort saam en onthou om ‘n aand uitrusting of twee in te pak – dis interessant dink ek. Die Vrydag oggend, daag hy so sewe uur op en ons drink toe gou koffie en daar gaan ons.
Hy verras my toe met ´n boot reis. O jitte ek wonder of ek al die nodige klere in het vir ‘n boot reis. Ek het my baaikostuum in en aand klere. Moenie bekommer nie daar is winkels op die skip as jy iets nodig het.
Die boot reis was heerlik en hy het nie vergeet van my emmer lys nie. Ek is beindruk en hy doen sy woord gestand. Die vriendskap gaan beslis interessant wees. Die eerste aandete op die skip was baie aangenaam, maar ai daar is baie mense hier. Dis nie juis wat ek sal noem stil rustige romantiese rit nie. Wynand het gereël dat ons ´n tafel alleen kan kry sonder dat mense dit met ons deel (hy kry ook enige iets reg).
Aan tafel vertel hy my dat hy ´n persoonlike assistant nodig het en dat ek die rol moet vertolk. Dit beteken dat ons baie sal reis en ek moet selfs saam oorsee gaan. Goed dit sal nogal n uitdaging wees maar ja, ek moet werk vir ´n inkomste want ek gaan nie op sy nek lê en in sy oë kyk en vra vir geld om “panties” te koop nie. Die werkery pas my goed.
Na n besige dag van verkenning op die skip is dit tyd om aantetrek vir die aand ete, dis ons beurt dat die kaptein by ons kom aansit om te eet.
Ek het ´n swart rok met silver diamante skourerbandjies aan en ´n solitaire diamant hangertjie wat Wyand vir my gegee het. Ek het silwer hak skoene aan want ons gaan glo dans na die ete. Die uitrusting is plein maar smaakvol. My hare is toe by die haarsalon gedroog blaas en lyk nogal mooi so reguit – en nie die gewone woeste krulle nie.
Die orkes het mooi
rustige musiek gespeel. Aandag asseblief” sê die sanger. Ek wil die volgende
lied opdra aan ´n baie spesiale dame. Wynand vra my om te dans. “Lady-Oh” Lady-oh, Lady-oh,
I walked the streets again last night
I saw you in the city light
Like a vision,
Lady-oh
Lady I, Lady I,
I’ve been waitin’ around
Such a long, long time
Believin’ I could make you mine
Just wanting you
Lady-oh
But here I am and there you are
Much too far to even hear me
Hurts a lot,
You know it does, it hurts a lot
Oh, Lady-oh,
Am I gonna ever learn
What I never learned, before
City lights, city lights
Burn so warm and they burn so bright
But me, I walk the city night
To forget you,
Lady-oh
But here I am and there you are,
Much too far to even hear me
Hurts a lot, you know it does, it hurts a lot
Hey, Lady-oh,
Am I gonna ever learn
What I never learned before
Dis een van my gunsteling liedjies van Neil Diamond. Ek sluk hard aan die knop in my keel. Die trane dreig om oor te loop. Hy het onthou van my gunsteling liedjies
Ons dans toe so al na die middel van die dansvloer toe Wynand met eens op sy knieg neersak. O, Nee moenie nou ʼn hart aanval kry nie – Is jy ok vra ek hom. Hy druk sy hand in sy sak en haal iets uit. Sjoe dis sy hart pille. Die voldgende oomblik maak hy die dosie oop met n diamant ring en sê:” van die eerste oomblik toe ek jou op daardie lughawe gesien het het ek geweet jy is my trou vrou. Ek het jou lief en ek sal die gelukkigste mens wees as jy saam met my sal oud word. Ek sal ʼn geëerde man wees as jy met my sal trou. Sal jy met my trou, asseblief”. Ek staan met my mond oop. Ek kyk op en sien dat almal opgehou het met dans en staan rondom ons en wag vir ʼnantwoord. Ek kyk af na hom in sy smekende oë. My hart klop oorverdowend in my ore. Dis nie Basil nie – dis verby Michelle. Kry rigting. Ja, goed, ek sal en hy vlieg op en omhels my, hou my vas asof ek gaan wegvlieg. My liefling ek het jou innig lief sê hy, en steek die ring aan my vinger. Dis ʼn groot enkel geel diamant op n dun band, en pragtig. Ek hoor toe eers hoe almal hande klap.
Ons het tot seker een uur die oggend gedans. Dit voel snaaks met die ring aan my vinger. Basil wil my nie hê nie so ek moet aangaan met my lewe en hom vergeet. Hy en daardie goudjagter is seker nou al getroud.
Wynand vra my toe of ons nie sommer hier op die skip kan trou nie, maar dis waar ek my voet neersit. Wynand, jy moet my tyd gee om gewoond te raak om ʼn man in my lewe te he. Ek was te lank alleen en gewoond om alles self te doen. Ek het nogal selfsugtig geraak met die tyd. Ek sal jou laat weet wanneer ek reg is om te trou. Ek voel hartseer en die musiek maak my nog meer hartseer. Ai gaan ek hom nooit vergeet nie. Hierdie is ʼn bitter soet romans. Ek moet probeer gelukkig wees.
Michelle solank ons verloof is gee ek jou tyd om gewoond te raak aan die gedagte. Dankie
So, nou is die naweek ook verby en terug in Durban vind ek toe uit dat die huis in my naam geregistreer is as verlowings geskenk. Bo en behalwe alles het hy gesê dat dit tyd is om ʼn nuwe voertuig te kry want hy wil nie langs die pad vassit op sake besoek nie.
Na drie weke hier in Durban en baie e-poste en tikwerk na die verskillende maatskapye moes ons toe Kanada toe gaan vir besigheid. Nou moet ek die vliegtuig kaartjies, hotele en visas bespreek maar ek is maar baie dom met die sort van ding, en so saam saam bespreek ons al die nodig besprekings.
Wynand plaas toe ʼn groot bedrag geld op my debiet kaart, sodat ek oorsee kan koop wat ek wil sonder om te vra vir geld. Dis baie gaaf van hom en ek herken hy bederf my ongelooflik baie en ek het nog nooit kort gekom finansieel nie.
Die visas het drie weke geneem en ons moes Pretoria toe gaan om dit te kry. Ons het toe vir die naweek daar gebly en toe vlieg ons van Johannesburg Kanada toe.
In Kanada is baie interaktiewe museums. Dorpies van die dae van die goudsoekers wat gerestoureer is, halfweg stasie vir die poskoetse en plekke wat die lewe van die Noord Amerikaanse Indiane uitbeeld. Almal dra tradisionele drag en dit voel of jy terug in tyd beweeg het.
Stanley park is ʼn groen oase in die middel van Vancouver en het ‘n panoramiese uitsig oor die see. Ons het twee uur gestap teen ʼn vinnige pas rondom die park te stap. Daar is orals totum pale. Dit beeld die geskiedenis van die Indane uit. Dis ʼn misverstand as jy dink dit het te doen met Godsdsiens. Ons is toe met ʼn veer boot na Vancouver eiland toe. Butchart Gardens is wêreldbekend. Daar is onder andere ook ʼn Japanese tuin, ʼn roostuin en sesonke tuin wat deur die burgermeesters vrou so omskep is.
Dit was werklik ʼn belewenis in Kanada. Ek sal beslis weer daar heen gaan. Dit was ook onder andere op my emmerlys. In die vliegtuig se ek vir Wynand dat ons Desember kan trou.
Hy was oor die maan van blydskap. In Johannesburg lig hy my in dat hy vlieg dadelik Kaapstsad toe vir besigheid. Ek bly toe in Pretoria en gaan sien toe my familie. Dit was weer ʼn tranedal van blydskap om almal weer te sien. Ons reël toe sommer gou ʼn re-unie en kry almal wat kon bymekaar om weer as familie te kuier.
Ons besluit toe om na die dieretuin toe te gaan in Pretoria en om weer die diere te sien was lekker en tog voel ek jammer dat hulle so opgehok moet wees en aan die anderkant is hulle nie veilig in die natuur nie. Ons is toe met die kabel spoor op en die wat kon en wou het saam afgestap. Ons het toe ook by die kafee daar ʼn roomys geeet.
Na ʼn week, wat heeltemaal te kort was is dit tyd om terug Durban toe te gaan. Ek maak toe al my e-poste oop en daar was baie. Wynand het alweer geld oorgeplaas na my spaar rekening en dit was nie my gewone salaris nie. Dit verstaan ek nie. Ek was te moeg om nou om te gee. Ek het amper vir 2 dae aanmekaar geslaap.
Ek was besig om koffie te drink toe die foon lui. Ek was opgewonde want dit moet Wynand wees en ek wonder wanneer hy huis toe kom.
Met ʼn skok hoor ek Basil se stem ek is lam in my knieë en moet dadelik gaan sit. Ek bewe so laat amper die selfoon val. My hart slaan ʼn slag bommelakiesie. Ek kan skaars asem haal. My maag draai na alle rigtings toe en ek is duislik.
Hallo Michelle, hoe gaan dit? Kan ons gaan koffie drink. Alles in een asem. Ja natuurlik, o ja hallo dit gaan goed en met jou? Wat het van sy snoosie geword, hoekom bel hy my? Kalmeer Michelle kalmeer!
Ek gee hom my adres en sê hy moet liewers hierheen kom. Ek het nie kans gesien om hom in die openbaar te ontmoet met hierdie onstuimige gemoed van my nie.
Kom Saterdag middag dan kan ons vleis braai – ek was nie baie lus vir nog ʼn alleen naweek nie. Dit klink lekker, kan ek iets saam bring. Net koeldrank as jy wil. Hoe laat sal ek daar wees? So teen 3uur is goed. Ek het lekker fillet biefstuk en braai wors dan kan ons uie en aartappels op die kole braai en ek sal lekker wortel slaai maak. En natuurlik sy gunsteling peppermint krisp yskas tert.
Saterdag breek aan ek spring aan die werk en besluit om liewers aartappel slaai te maak en wortel slaai – dis is warm dag. Heerlike sonskyn. Ek kontak hom en vra dat hy sy baaikostuum moet bring vir afkoel in die swembad.
Te gou gaan die oggend verby en die deurklokkie lui. Ek laat hom in en hy staan insy volle aantreklikheid voor my. Dis onregverdig dat een mens so ʼn mooi glimlag moet hê.
Ons hou mekaar vas en die trane rol. Ek wikkel my los uit die omhelsing en bied koeldrank aan. O, ek is bly dat jy jou baai klere gebring het. Kom ons gaan koel af dan kan ons die vuur aansteek. Ek moet die trane wegsluk. Hy vee ook ʼn traan af.
Ek het versnapperings voorberei, en hy help himself met skyfies en kaas. Ek trek my rok oor my skouers en spring in die swembad. Hy volg, en ek spat hom nat en ons lag soos uitgelate kinders. Ek klim uit skink koeldrank en ons sit op die trap van die swembad en drink die koue sap.
Ek het jou gemis en ek is verskriklik jammer dat ek jou so seer gemaak het. Sal jy my ooit kan vergewe? Ek weet en besef dat ek nie kan verwag dat jy my moet vergewe vir wat ek jou aangedoen het nie. Die trane loop sonder dat ek huil en toe op die kriminele oomblik lui die foon.
Is dit Michelle? Ja dit is; antwoord ek. Ek is dokter Groenewald van die Groote- Schuur hospitaal en ek is bevrees ek het nie goeie nuus nie. Wynand het gevra ek moet jou bel. Wat is fout was hy in ʼn ongeluk, wil ek bekommerd weet. Wel – nee, hy was nie in ʼn ongeluk nie maar hy het prostaat kanker gehad…. Ek gee hom nie kans om klaar te praat nie. Wat bedoel jy gehad? Nou raak ek paniekerig. Ek het hartkloppings. My hart is hamerslae in my borskas. Ek gaan sit. Basil klim uit die swembad en kyk my bekommerd aan. Hy vat my hand. Die dokter se stem klink oorverdowend hier in my ore. Is jy daar? Mmm jammmer ek is antwoord ek met ʼn bewende stem. Ek is so jammer Wynand is oorlede. Hy wou nie gehad het dat jy hom moet sien ly nie, dis hoekom hy alleen Kaap toe gekom het.
Dit kan nie wees nie – dis onregverdig. Ons het dan planne gehad om te trou. Ja ek weet hy was ongelooflik gelukkig omdat jy ja gesê het. Michelle die prokureer sal met jou in aanraking kom omtrent die testament en die begrafnis reelings. Hy sal jou persoonlik kom sien om die nodig reelings te tref.
Ek het ʼn bottel sherry en vra vir Basil om vir my ʼn dubbel in te skink. Wat is fout vra hy. Jy is spierwit bleek lyk of jy ʼn spook gesien het. My verloofde is dood, blaker ek dit uit. Dis ʼn skok vir Basil hy het nie besef dat ek verloof is nie. Hy merk toe eers die ring aan my vinger op en dis sy beurt om nou bleek te word. Hy staar my verslae aan.
Hy trek my op en hou my vas en nou loop die trane onbeskaamd oor my wange. En ek huil soos n baba. Al die seer van die verlede – al die gewoond raak aan Wynand die goeie tye wat ons gehad het. Basil gee my die glas sherry en sê ek moet dit drink. Ek gulp dit sommer met een sluk op en gaan sit.
Hy besluit toe om die vuur aan te steek. Jy moet iets eet ek is in elk geval ook honger. Terwyl ons wag vir die vuur vra hy my uit oor Wynand en ek vertel hom van ons wedervaringe. Ek voel toe nogal redelik lighooftig na die sherry maar besluit om nog een te drink – die keer baie stadiger. Ek sit verslae en staar na die swembad. Dankie tog Basil het nou weer terug in my lewe gekom.
Ek kyk na hom en sê : “ die lewe is so kort en net soos ‘n weerlig is dit verby. Ek vergewe jou maar ek het geweldig seer gekry. Dit het lank geneem om weer iemand te vertrou. Wat wil jy nou van my hê. Wat verwag my van my? Wel, laat ons nou maar eers die vleis op die kole kry. Met die nuus het ons nie gepraat oor wat met Basil bebeur het nie. Ons het geëet, en gesels oor my jaar wat verby is. Ek het hom die foto’s gewys van alles wat ek aan gejaag het. Ja, dis net jy wat sulke goed sal aanvang. Sky diving, warmlug balon, helikopter rit, bootrit en al die ander belewenise. “Die avontuurlustige meisie van my. Dit is presies wat ek van jou gemis het”.
Dit is al tien uur toe hy totsiens sê en ek nooi hom toe uit om saam met met kerk toe te gaan die volgende dag. Ons rëel toe dat hy my 8uur kom haal.
Ek het min geslaap. Wat gaan nou gebeur? Ek het wel die huis maar wat van die inkomste om die water en ligte en belasting te betaal. Nou het ek nie meer ʼn inkomste nie. Gelukkig het ek nie al die geld wat hy inbetaal het gebruik nie. Ek sal darem ʼn maand of drie oor die weg kam kom. Miskien moet ek nou die huis verkoop. Uit eindelik raak ek in die vroeë oggend ure aan die slaap. Tien minute later lui die wekker. Ag nee. Ek het dan nou net aan die slaap geraak. Ek het wonderbaarlik twee ure geslaap. Ek spring uit die bed, stort trek aan en maak koffie. Basil het vroeg gekom so ons drink toe eers koffie. Het jy darem geslaap vra hy. Ja so ongeveer twee uur lank. Ons gaan kerk toe. Die dag was rustig en die prokureer meneer Olivier het ʼn afspraak met my Maandag tien uur. My senuwees is klaar.
Dis net voor tien uur toe die deur klokkie lui. Meneer Olivier is stiptelik. Hy het ʼn akte tas saam met hom. Ons stap toe na my kantoor toe. Hy maak sy skootrekenaar oop en begin dadelik. Die laaste wil en testament van Wynand Gerhardus Nienaber is soos volg, maar voordat ek dit lees moet jy eers na die video opname kyk. Hy skakel die video aan. Daar sit Wynand met koffie in sy hand. Michelle ek hoop jy het ʼn koppie koffie in jou hand.
Wel wie kan nou aan koffie dink? Ek het die opname gemaak om aan jou te verduidelik hoekom ek alleen Kaap toe is. Ek het net ʼn paar maande oorgehad toe ek jou ontmoet het. Ek het langer gehou as wat die dokters gemeen het want ek wou eers jou emmer lys deur gemaak het. Dit was ‘n fantastiese avontuur al die dinge wat jy gedoen het. Sommiges kon ek nie doen nie want ek was te bang. Ek het jou bewonder oor die moed en durf wat jy geopenbaar het. Die beste van alles was dat jy ja gesê het. Ek is inderdaad die gelukkigste man ooit. Ek wou nie gehad het dat jy my moet sien ly nie. Gelukkig hou hulle my verdoof sodat die pyn nie te erg is nie. Ek het al die fotos en videos op my foon en kyk gedurig daarna net om nie te eensaam te wees nie en om die omstandighede draagliker te maak.
Ek het jou innig lief en ek is jammer dat ek jou nou in die steek laat, maar ek is seker dat jy weer iemand sal ontmoet.
Die laaste dae van my lewe was beslis die beste – dankie daarvoor.
Ek het jou innig lief.
Stil stil het die prokureer gesit en luister na die opname. Toe begin hy.
Alles wat Wynand gehad het is aan jou bemaak. Ek sal al dokumentasie vir jou bring om te teken. Daar is ʼn huis in Johanesburg met al sy inhoud wat ook nou joune is. Die lewens polis sal binne 7 dae in jou rekening inbetaal word.
Die voertuie sal ook oorgedra word in jou naam en ek sal die nodig vorms bring.
Ek is baie jammer vir jou verlies ons sal hom baie mis. As jy my nodig het vir enige iets laat my weet ek sal nog na die sake belange om sien. En net so is alles verby. Die leegheid hier in my binneste is so erg dat ek nie eers kan opstaan nie. Ek voel so geweldig eensaam.
Ek het so pas veneem dat ek ‘n multi miljoener is – maar wat beteken al die geld in die wêreld as jy niemand het om dit mee te deel nie? Vir die eerste keer in ʼn lang tyd voel ek verlate en verlore en geweldig eensaam. Ek wil nie weer betrokke raak met Basil nie want wie weet wanneer hy homself weer verloor met ʼn ander vroue slet. Ek wonder wat eindelik gebeur het met die vroumens. Ek was verpletter toe hy haar gekies het. Ek wil nooit weer deur daardie soort pyn gaan nie.
Miskien moet ek maar weer n nuwe emmer lys opstel. Maar wie gaan my dan weer help met die lys? Alle aarde wat moet ek nou doen? Meneer Olivier kyk my aan en verseker my dat hy alles in beheer het en dat hy my op hoogte sal hou met die besigheid. Ek kan enige tyd bel of sy kantoor kontak.
Basil het my elke dag gebel om te hoor hoe dit gaan en in die aand het hy by my kom eet.
Ek dink nou dat ek my niggie Maggie moet kry om te kom vakansie hou by my. Ek kan haar in Johannesburg ontmoet dan kan ons Sun City toe gaan om avonture te beleef. Die plan is parasailing, warmlugbalon en al die water sport wat ons kan doen.
So beplan ons dan die toer. Ons het ʼn week by Sun City gebly en al die dinge gedoen en onder andere het ons kilometres ver gestap en daar na het in die lewensgroote voël hok gaan sit. Dis ´n paradys van voëls. Hulle sit hier by jou en die kleure, dit is ʼn belewenes.
In die middel van die week die aand kry ek ʼn oproep van Basil. Hy nooi my uit vir aand ete en dans. Ek is so jammer maar ek is by Sun City. Saam met wie vra hy ontsteld uit. Saam met my niggie en ons het jare se pret. Hy was glad nie gelukkig nie maar nou ja, jy het jou kanse verspeel praat ek in my gedagtes.
Die een dag het ons saam na die wild plaas langs Sun City gegaan en ons het ʼn groot verskeidenheid van bokke en ander diere gesien. Dit was ʼn heelike sonskyn dag en ideale omstandighede om rond te ry in die natuur. Ongelukkig kom allê goeie dinge tot n einde en dis tyd om terug tegaan huis toe.
In Durban vind ek uit dat ek dringend Kaapstad toe moet gaan vir die besigheid. Die prokureer het die vlieg kaartjies bespreek en ons vlieg van Durban af.
Daar aangekom vind ons toe uit dat ʼn Amerikaanse besigheidsman die besigheid wil koop. Na privaat besprekings met my prokureer besluit ons toe om te verkoop. Ek weet nie genoeg van die besigheid af en en ek het belang verloor omdat Wynand nie meer hier is nie. Die besigheid is toe vir ʼn paar miljoen rand verkoop.
Ek het toe besluit dat ek ʼn geheime miljoener gaan wees. Ek het ondersoek ingestel na verkeie liefdadigheids organisasies en dan het ek daar gaan werk onder ʼn vals naam. Ek het toe die dierebeskermingsvereniging geld gegee. Die plekke waar hulle moet ry om by diere uit te kom om uminsering te doen teen hondsdolheid. Daar was van die verenigings wat te voet moes loop en dis vir hulle wat ek dat vier by vier voertuie gegee het. Ek het ook ʼn ambulans vir een die takke gegee. Daar was projekte wat kerke gehad het vir wie ek geld gegee het. Dit was nogal baie emosioneel om te sien hoe swaar hierdie organisasie kry sonder fonds en dan die blydskap van die ontvangs van die geld. Dit het my weereens laat besef hoe gelukkig ek eindelik is. Ek het ook ondersoek ingestel na orgaan skenkings. Dis ongelooflik hoe baie kinders siek is en organe benodig en daar is duisende mense wat wat om ʼn tweede kans. Daar is kinders wat wag vir n lewer of n hart. Daar is brand slagoffers wat wag op ʼn vel om die rou wonde te bedek. Dis is vertommend om te weet daat daar oor die vierduisend mense is wat wag vir n organoorplanting. Met een liggaam kan hulle sewe mense se lewens red. Hulle benodig hart, niere, pankreas, lewer en long. Dan is daar nog die korneas, hartkleppe, vel en been skenkings kan gebruik word
Proffessor Chris Barnard het die eerste hart in 1967 in die Groote Schuur hospital gedoen en dit het hie siening van organ skenkings aansienlik verander. Talle lewens is tot nou toe gered as gevolg van die baan breker opoerasie en ek het toe half miljoen aan hulle geskenk en ons het dit ook op die radio gedoen en uitdagings gestel aan ander mense om geld te doneer. Met reklame het hulle toe drie miljoen rand ingesamel. Dit kan ʼn klompie kinders red. Ek het dan ook verneem dat enige person wat ʼn redelike gesonde lewe lei tot met die ouderdom van sewintig jaar kan ʼn skenker wees.
Toe ek weer tuis is besluit ek om skoon te maak. Al die klere wat ek nie meer dra nie asook Wynand se klere is gepak en na my kerk toe geneem, omdat daar glo “squatter” kampe wat deur die kerk versorg word. Dit is hartroerend om na die stories te luister.
Basil het toe weer die Saterdag kom braai en dis toe dat ek hom vra wat met Rowenda gebeur het.
Wat beplan jy nou om te doen, verander hy die onderwerp. Ek is nou besig om ondersoek inte stel na grotte. Ek wil die verskillende grotte gaan besoek. Dit klink lekker is ek ook uit genooi om saam te gaan? Dit sal lekker wees om iemand te he wat kan saam gaan. Ek sal die inligting kry dan kan ons bespreek watter een ons eerste wil sien.
Die Maandag gaan ek toe deur al die slaapkamers en die hangkaste en laaikaste. In die kantoor kom ek toe per ongeluk op die kluis af. Ek het nie eers geweet dat hier n kluis is nie.
So dis die sleutel wat hy vir my destyds op die lughawe gegee het. Ek sluit die kluis met bewende hande oop. Laat val die sleutels ʼn keer of twee toe eindelik kry ek die kluis oop. Daar was drie juwele kissies. Die een het silver en goue munstukke ingehad. Die tweede een juwele en die derde een sertifikate en ander dokumentasie wat ek met die prokureer sal moet bespreek. Daar was ook ʼn klom kontant in die kluis. Hemel ek glo nie ek het al soveer geld bymekaar gesien nie.
Toe sien ek ʼn koevert met my naam daarop.
Die brief binne is van Wynand. My dierbare Micelle, Die geld is hier sodat jy nie nodig het om te wag vir die boedel om afgehandel te word nie. Jy het my ongelooflik baie gelukkig gemaak. Dankie dat jy my kans gegee het om saam met jou jou avonture te beleef. Geniet die juwele ek sou dit graag self vir jou wou gee. Ek het jou innig lief. Wynand
So praat hy uit die dood met my. Die dierbare Wynand. Ek mis hom. Ek is jammer dat ek hom die so lief het soos wat ek vir Basil het nie. Basil, Basil altyd Basil – kan ek hom nie maar net vergeet nie. NEE ek het hom lief met elke gryntjie lewe in in liggaam. Elke keer as ek net dink aan hom kry ek hartkloppings. Ek kyk gedurig na foto’s wat ek van hom geneem het en ons avonture en staptogte. Ek verlang my stukkend na hom.
Liefde maak blind. Kan ek hom ooit weer vertrou na daardie verduiwelse vroumens? Die tyd sal moet leer.
Wynand het ook aan alles gedink nou het ek nie meer nodig om bekommerd te wees oor die boedel, wat tot 3 jaar kan neem om afgehandel te word nie. Die trane kom nou vir die eerste keer oor hom.
Praat van die duiwel – Ek maak die deur oop vir Basil, ons gaan drink koffie buite op die stoep. Hy het gesien dat ek gehuil het, maar se niks. Skielik is ek honger en ek maak kaas toebroodtjies. Dit rëen en dit maak my net meer depresief.
Basil praat oor sy werk in Ierland en ek vind dit baie interessant, die her-winnings projekte en idees waarmee hulle besig is. O, se hy ek wil hê dat jy moet saam kom. Hoekom? Omdat ek jou graag wil saam neem dit sal lekker wees om iemand te hê wat omgee. Goed my paspoort is nog in orde. Dit was toe weer ʼn geskarrel om gepak te kom en dinge in orde te kry vir die rit.
Op die vliegtuig vertel hy my van sy wonderlike vriendin: Sy is toe al die tyd ʼn krimineel wat met geld wassery te doen het en sy en haar man het toe ryk mans gevang en afgepers vir hulle geld omdat hulle oorsese hof sake het wat betaal moet word. Hy het bleek geword toe jy my vertel het van die vroumens en haar dinge. Ek moes jou gelo het toe jy my vertel het dat sy met daardie man getroud was. Ek wou nie na jou luister nie omdat ek geding het jy wou ons uit mekaar uit kry. Ek is weereens so jammer oor wat ek aan jou gedoen het.
Hy het netjies in haar strik geval, met pens en pootjies. Ek wil nooit weer haar naam hoor nie. Sy is die slang – die duiwel wat gekom en geroof het. Dis die laaste van haar.
Die week in Ierland was baie lekker, al hoewel Basil die heeldag gewerk het het ek die dorpies gaan verken. In die aande het ons gaan eet in die hotel se eetkamer. Dit is die Basil wat ek eens op ʼn tyd geken het. ʼn Ware heer. Hy is weer homself en ek is natuurlik weer van vooraf dol verlief op hom. Ek vertel toe vir hom dat ek Holland toe wil gaan daar is glo ʼn “Disneyworld” en dieselfde tyd wil ek my kinders en kleinkind gaan sien. En dis die volgende aand dat my my verras met vliegtuig kaartjies na Europa toe.
In Disneyworld was dit ʼn ander belewenis – dis ʼn ander wereld. By die restaurant kyk hy my in my oë en neem my hande in syne en sê: Ek is so oneindig lief vir jou en ek belowe om jou nooit weer alleen te los nie. Van nou af gaan ons altyd alles saam doen. Hy haal iets uit sy sak, en kyk my in my oë en vra my – sal jy met my trou en ʼn nuwe lewe begin? Hy staan op en trek my op in sy arms en hou my styf vas. Ek kyk op en besef dat ek hom nooit weer wil verloor nie. Hy kyk in afwagting na my, wagtende vir my antwoord. Ek klou aan hom vas want my bene wil net pad gee onder my en kyk op en sê toe ja.