“Iziiit?” is ‘n lekker parmantige liedjie wat haar laat lag en dadelik ‘n in goeie bui sit, vertel Irene-Louise. Elkeen van ons het al by ‘n braai of ‘n kuierplek te doen gehad met daardie persoon wat almal laat verstaan hoe baie geld hulle het, of hoe wonderlik hulle lewe is. Hulle hou net aan en aan met praat, wat die ander in die stilligheid laat dink, “Iziiit?”.
Die enkelsnit is geskryf deur Roux Cloete wat die meeste van Irene-Louise se “cheeky, funky” musiek skryf. “Die liedjie is bietjie sarkasties. Ons almal het al so iemand ervaar wat dink hulle is die mooiste, rykste en slimste,” sê sy. Sy hoop dat die liedjie mense sal herinner om nie die lewe so ernstig op te neem nie. Daar lê nog groot planne vir Iziiit? Voor wat onder meer ‘n musiekvideo insluit.
Haar unieke Pop klanke en prettige tong-in-die-kies lirieke is opgewek en sit ‘n glimlag op jou gesig as jy dink aan die persoon wat jou al in die geheim laat “Iziiit?” het … Die lewenslustige sangeres word binnekort ma en berei hard voor vir die tydperk wat wag. Sy neem dit vir eers rustig en wil fokus op haar gesinslewe, gesondheid en natuurlik nuwe musiek met nog ‘n beloofde enkelsnit volgende jaar.
Irene-Louise hoop dat haar musiek mense sal aanraak, iets sal laat voel, al is dit net om hul dag op te kikker. Musiek het nog altyd deur haar are gevloei. Sy was van kleins af omring deur talentvolle mense wat by haar ‘n voorliefde vir musiek gekweek het. Sy put inspirasie uit die kunstenaar wat sy streef om te word en hoop om in die toekoms saam met Snotkop te werk.
Vir Irene-Louise is die hoogtepunt van haar loopbaan die 2 Ghoema nominasies (Publiek se gunsteling Vroulike kunstenaar, Beste Pop Album deur ‘n vroulike kunstenaar) wat sy in 2018 ontvang het. Sy sal ook nooit die oomblik in 2017 vergeet toe sy op die hoofverhoog by Innibos in voor 65 000 mense opgetree het nie.
Sy hou egter haar voete vas op Moeder-aarde en vertel dat die musiekbedryf haar geleer het om nederig te bly, jy sal die vrugte pluk as jy hard werk.
SOSIALE MEDIA SKAKELS:
Facebook: Irene-Louise Van Wyk Instagram: @irene_louise Twitter: @Irene_Louise
NAVRAE Besprekings Naam: Louis van Wyk Sel: 082 333 7188 E-pos: louis@musicprofile.co.za Publisiteit & Bemarking The Marketing Zoo Marne du Plessis Tel: 012 004 0642 E-pos: marne@marketingzoo.co.za