
Waar het jy grootgeword en skool gegaan?
Ek is gebore in Pretoria, en het groot geword in Wonderboom-Suid. Ek was in Laerskool Boerefort en Hoërskool Wonderboom
Waar kom jou liefde vir musiek vandaan en hoe lank is jy al daarmee besig?
Professioneel is ek nou al 14 jaar in die bedryf. Ek was in Gr.5 gewees en ons het die middag revue oefening gehad. Daai middag was daar n oudisie gewees in die revue vir iemand om ‘n solo liedjie te sing in die revue konsert. My suster het gesê ek moet my hand opsteek. Nou daai tyd het ek nie regtig geweet ek kan eintlik sing nie. Ek kan net onthou my suster het gesê ek moet net lekker hard sing… Met n bietjie twyfel in my het ek my hand opgetseek en ek het kliphard gesing en so kry ek toe my eerste solo in die revue. Ek moes “My Pa Is Die Koning” sing en ek kan onthou hoe senuweeagtig ek was die eerste aand op die verhoog. Dit was die beste gevoel OOIT. En dis waar die gogga my gebyt het. Ek het as kind permanent gesing en het nog altyd n liefde vir musiek gehad
Het jy skool gaan studeur, indien wel wat?
Ek het na skool Musiek Teater gaan studeer by TUT. Maar na 3 maande moes ek opskop omrede ek deel geraak het van die boyband HI-5.
Hoe was dit om deel van die boyband Hi-5 te wees?
HI-5 was n goeie leerskool gewees vir my. Ek’t met die groep dele van ons land en wêreld gesien en dit het vir my baie deure oop gemaak.
Behalwe jou musiek, wat doen jy nog?
Ek is ook n TV aanbieder en dan is ek n sangafrigter waar ek weekliks met my studente kennis deel oor stem-tegnieke asook wat hulle kan verwag van die musiekbedryf.
Wat inspireer jou?
OOMBLIKKE en mense. Soms is dit die kleinste ding wat gebeur om my wat my inspireer. En eerlikwaar my studente inspireer my ook.
Hoe sou jy jou musiekstyl opsom?
Afrikaans pop-kontemporêr met n kommersiële aanslag.
Watter invloed wil jy he moet jou musiek op mense het?
Ek wil altyd he mense moet geinspireer wees deur my songs. Ek wil he hulle moet ontsnap van realiteit en vergeet van enige negatiwiteit. Musiek is een van dinge wat n mens altyd moet laat goed voel.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet?
Ek het ‘n fobie – Trypophobia – dis die vrees vir vreemde patrone of klein gaatjies.
Hoeveel albums het jy al uit?
Ek het 2 albums al uit – Die Enigste Manier en Vir Ewig.
Waarna luister jy en hoekom?
Ek luister deesdae na enige iets. Daars altyd n element van verskeie musiek wat my inspireer.
Vertel ons van jou nuwe enkelsnit ‘Vry’?
Vry het ek geskryf eintlik aan myself en dit wat my terug hou as mens. Ek sukkel nog altyd met angs. My angs het omgesit in depressie en dit het my terug gehou om’ n goeie lewe te leef maar so oor die jare het ek geleer hoe om my angs te beheer. Ek stop en haal net asem. Dis vir my verskriklik belangrik om elke dag die “mooi” en eenvoud in te neem. Die lewe is altyd ‘n gejaag en dit veroorsaak dat ons soms die fyner dinge in die lewe mis kyk. Die lied is geskryf om mense te inpspireer om beter te kan leef; geestelik, fisies en emosioneel om dit wat hulle terug hou te laat gaan. Ek het VRY saam met Hugo Ludik van Muso Productions geskryf en hulle het presies geweet wat ek soek en wat ek wil doen. Ek wou nie ‘n hartseer lied skryf nie. Eeder iets wat mense laat goed voel en inspireer
Wat is volgende vir jou en wat wil jy nog bereik?
Ek begin eersdaags weer te skiet aan ‘n nuwe TV reeks en dan natuurlik skryf ek aan nuwe musiek. Dit was nog altyd ‘n droom om met ‘n simfonie- orkes op te tree in die Royal Albert Hall in UK. So dis nog die een droom wat ek ‘n realiteit wil maak
Vertel ons wat is jou gunsteling:
Kos: Pizza, Mash, groent boontjies, skaap tjoppies en soet wortels
Kleur: ek hou baie van bruine en bloue
Drankie: Gin en Tonic
Klere: ek koop gewoonlik maar by Cotton On, H&M
Band: Die Heuwels Fantasties
Sangers: Adele, Ed Sheeran, Lady Gaga, Micheal Buble
Series: American Horror Stories, Big Little Lies
TV Program: Will & Grace, Survivor, The Amazing Race
VRY bou voort op die sukses van die kenmerkende styl musiek waarvoor Lee Scott bekendheid verwerf het. Die lied bevat die perfekte kombinasie van goedvoel-lirieke en ’n aanloklike deuntjie, wat sy stem nie net op sy beste laat vertoon nie, maar luisteraars ook uitnooi om die lewe te geniet.
Die enkelsnit is nou op alle digitale platforms beskikbaar en die musiekvideo sal eersdaags vrygestel word!
Foto krediete : Willem Botha
Volg Lee Scott op sosiale media hier:
Facebook: https://www.facebook.com/LeeScottMusic/
Twitter: @LeeScottMusic
Instagram: @LeeScottMusic
Youtube: https://www.youtube.com/user/LeeScottOfficial
PUBLISITEIT & BEMARKING BESTUUR & BESPREKINGS
Starburst Promotions Co-Productions
Gizela Arndt Corné Oosthuizen
Sel: 083 399 6869 Tel: (012) 751 3601
E-pos: gizela101@gmail.com E-pos: info@coproductions.co.za
Webtuise: www.starburstmusic.co.za