Bekende sportpersone; Neil Powell, Arnu Fourie,Grant Lottering en Pieter du Preez in splinternuwe program UIT DIE VELD GESLAAN – OOMBLIKKE VAN GENADE op RoepTV.com

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Vanaf 20 September bruis die bloed in Suid-Afrikaners se are groen en goud met die afskop van Rugby Wêreldbeker 2019. Tot oploop van hierdie geleentheid en viering van sportmanskap trek RoepTV.com sy sportsokkies op en vertel die lewensveranderende stories van bekende sportmanne in die splinternuwe program Uit Die Veld Geslaan – Oomblikke van Genade. 

Elke episode vertel van daardie een insident wat hul lewens drasties verander het en so ‘n impak gemaak het dat hul verstom kon staan oor God se genade en goedheid in hul lewens.

Van Springbok-rugby tot Paralimpiese atletiek, vir dekades al deel die mense van Suid-Afrika ’n passie vir sport, maar wat ons regtig saamsnoer, is hoop en geloof. Die RoepTV.com produksie Uit Die Veld Geslaan – Oomblikke van Genade vertel die aangrypende stories van verskeie oomblikke in Suid-Afrikaanse sportsterre soos Neil Powell, Grant Lottering, Pieter du Preez en Arnu Fourie se lewens.

  • UIT DIE VELD GESLAAN EPISODE 1 – Die onmoontlike: Grant Lottering is ‘n bekende fietsryer en Laureus sportsambassadeur. ‘n Man wat na ‘n lewensgevaarlike fietsongeluk nie net weer opgestaan, maar terugbaklei het om 1 430 km in 3dae af te lê…
  • UIT DIE VELD GESLAAN EPISODE 2 – Die Groen en Goud: Blitzbok afrigter Neil Powell maak hart oop oor Indetiteit en daardie een insident wat sy lewe en verhouding met God verander het en hoe hy homself en lewe sien.
  • UIT DIE VELD GESLAAN EPISODE 3 – Die Ysterman parapleeg: Pieter du Preez, beter bekend as ‘Supapiet’ is aktuaris, man vir Ilze en pa vir sy klein seuntjie. Pieter is ook ‘n kwadrupleeg en die enigste man ter wêreld wat 8 Ironmantitles agter sy naam kan skryf!
  • UIT DIE VELD GESLAAN EPISODE 4 – Die Genade: Arnu Fourie weet hoe dit voel om ‘n paralimpiese goue medalje om sy nek te hang, maar dit is die pad saam met God voor- en na  afloop van ‘n motorboot ongeluk wat die lewe van ‘n man en pa  werklik die moeite werd maak.

Klik op die skakel en kyk na die lokprent van Uit die Veld geslaan – Oomblikke van Genade: https://streaming.roeptv.com/movie/uit-die-veld-geslaan  | https://www.facebook.com/roeptv/videos/232528590979550/  of kyk na die musiekvideo; Amazing Grace https://www.youtube.com/watch?v=wqkGTnp5LLo  en ontdek die lewensveranderende verhale van die doodnormale kinders van ‘n bonatuurlike God.

Klik op www.RoepTV.com en teken aan of kyk gerus na die inhoud van RoepTV.com op hierdie skakel: https://streaming.roeptv.com/

Hierdie als en NOG meer te sien op RoepTV.com met Christen films en reekse. Op jou tyd. Enige plek.

Volg RoepTV.com op die sosiale media skakels:

 Website | Facebook | Instagram |Twitter

Related posts

Leave a Comment