VAALDRIEHOEKSANGERES VERSKUIF GRENSE MET EERSTE ENKELSNIT, I’M FREE

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Shandré, ’n passievolle sanger met ’n onblusbare liefde vir musiek, werk al vir sestien jaar lank hard om vir haarself naam te maak in die musiekbedryf. Die derde enkelsnit, vanaf haar debuut-album met dieselfde naam, I’M FREE, is pas uitgereik en beloof om die ore en harte van dansliefhebbers, regoor die land, te verower.

I’M FREE, wat sy saam met Ian Potgieter van Pot Musiek Produksie geskryf en vervaardig het, kan beskryf word as ’n voetjeuklekker, elektro-popsnit met ’n moderne Amerikaanse aanslag, wat beloof om ’n opskudding in die plaaslike mark te veroorsaak. Dié treffer is die perfekte pasmaat vir haar sterk stem en is beslis iets waarby gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind. “Die liedjie vertel die storie van ’n meisie wat op die strand sit. Híér voel sy vir ’n oomblik veilig en vry. Die see, voëls en wind in haar hare, herinner haar aan toe sy jonger was,” vertel die sangeres. “Ek dink almal van ons verlang soms terug na ’n tyd toe die lewe sorgvry was en daarom dink ek sal dit goed deur die publiek ontvang word.”

Die snit spog met ’n onweerstaanbare ritme, wat luiseraars onwillekeurig na die dansvloer sal laat stroom. Die onderwerp is lighartig en speels en is die perfekte keuse vir iemand wat lus is om die lewe te geniet en van hulle sorge te vergeet. ’n Musiekvideo van hierdie opgewekte lied, word ook vir binnekort beplan.

I’M FREE volg kort op die hakke van haar derde enkelsnitvrystelling, 10 000 Candles, wat sy geskryf en opgedra het aan die slagoffers van die Hoërskool Driehoek-tragedie in Februarie 2019. Sy het ook die lied voor duisende mense gesing tydens die Mass Ride-gedenkgeleentheid in Vanderbijlpark en beskou dit as een van die hoogtepunte van haar loopbaan sover.

Mad About You, haar eerste enkelsnit wat deur haar Pa (Ryno Henning) geskryf is, is baie goed ontvang en die musiekvideo is tans op YouTube te sien. Dit is verfilm en vervaardig deur Reborne Production House.

Haar meertalige debuutalbum bestaan uit verskeie genres, wat wissel tussen opgewekte elektroniese popliedjies, tot meer ernstige ballades en Country-snitte. “Die hoofdoel van die album is om luisteraars se harte te raak en om myself amptelik aan die musiekbedryf bekend te stel,” verklap Shandré entoesiasties. “Al die liedjies is nuut, vars en op internasionale standaard en was ’n spanpoging tussen my, my pa en Ian Potgieter (wat ook die album vervaardig het). Dit was ’n wonderlike ervaring om ook my eie talent as liedjieskrywer ten toon te stel.” Veertien snitte, wat spesiaal omskep is om haar stem op sy beste te laat vertoon, word op die CD vasgevang. Die produksiespan wou graag musiek kies waarmee aanhangers kon identifiseer en Shandré glo dat Bingo en 10 000 Candles baie gewild gaan wees.

Volgens die musikant, was musiek nog altyd deel was van haar DNS en kon sing nog voordat sy behoorlik kon praat. Beide haar ouers is musikaal aangelê en het ook gereeld musiek in die huis gespeel gedurende haar kinderjare. Sy sing al vandat sy ’n kleindogtertjie is en verklap dat haar talent vir die eerste keer tydens ’n Graad R-gradeplegtigheid ontdek is deur ’n man in die gehoor. “Om op die verhoog te wees en te sien hoe mense hulle in my musiek inleef, maak van my die gelukkigste mens op aarde. As ek egter nie kon sing nie, sou ek graag ’n onderwyser wou word omdat ek graag ’n verskil in kinders se lewens sou wou maak,” gesels die kunstenaar.

Shandré geniet ’n wye verskeidenheid musieksoorte en genres, maar sonder Juanita du Plessis en Shania Twain uit as haar grootste inspirasie. Sy sal ook eendag graag die verhoog wil deel met Karen Zoid wou werk.

Oor die jare, het sy al by verskeie kuierplekke en feeste opgetree en put sy tot vandag toe steeds inspirasie uit mense se stories wanneer sy musiek skryf. “Ek glo dat ’n liedjie jou iets moet gee om oor te dink en dat dit belangrik is om jou eie styl te hê. Jy is egter nooit te oud om te leer nie en moet die beste maak van elke geleentheid wat oor jou pad kom.”

Tans is sy besig om te beplan aan haar albumbekendstelling en sien sy uit daarna om verder aan haar musiekloopbaan te bou.

Shandré het ’n kleurvolle stem en ’n opwindende musiekstyl, wat ’n nuwe klank na die Suid-Afrikaanse mark bring. I’M FREE is die perfekte kombinasie van goedvoel-lirieke en ’n aanloklike deuntjie, wat nie net haar sang-en skryftalent perfek ten toonstel nie, maar gehore ook uitnooi om saam te dans en vrolik te wees.

LYS VAN SNITTE OP DIE ALBUM

10 000 Candles

As Jy Val

Mad About You

Mad About You Remix

Trompop

Bingo

Saam met my

Bel my

Magalies

Vakansie in my Hart

Areye

Today I’m me

I’m Free

Jy’s Myne

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/shandreartist/

Instagram: @shandre.artist

VORIGE OPTREDES

Loch Vaal Hotel & Venue, Vanderbijlpark

Faraday Pub & Grill, Vanderbijlpark

Emerald Casino, Vanderbijlpark

Vaal Highland Festival, Vanderbijlpark

Germans Club, Vanderbijlpark

Stonehaven on Vaal, Vanderbijlpark

The Rossi Sports Bar, Vanderbijlpark

Cow & Bull, Drie-Riviere

Fandango’s, Drie-Riviere

Groen Rissi, Risiville

Die Windpomp, Meyerton

Horse Shoe, Villiers

Die Bank, Kestell

Paul Roux Pub, Paul Roux

NAVRAE EN BESPREKINGS

Johan van Loggerenberg

Sel: 071 428 3706

E-pos: vanloggerenberg.j012@gmail.com

Related posts

Leave a Comment