RAY DYLAN – COUNTRY VIBES

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Ray Dylan is jare lank al stewig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gevestig. Hy glo egter sterk in vernuwing en kontinuïteit. Ray slaag altyd daarin om mense te vermaak en sy nuutste album, “Country Vibes”, is ʼn sprekende voorbeeld van sy toewyding aan sy lojale aanhangers! “Country Vibes” bestaan uit 19 liedjies, soos “Forever Young, Santa Maria, Beautiful War en Stuck on You” om slegs ʼn paar te noem – nie almal noodwendig eg “country” nie, maar met ʼn baie duidelike “country”- aanslag – soos net Ray Dylan kán! Hy is een van die veelsydigste sangers in die bedryf! Hoewel hy tans ook ten opsigte van produksies en promosies diversifiseer, gebruik hy steeds sy geseënde stemtalent. Ray kry dit keer op keer reg om sy aanhangers met sy unieke stem en ongelooflike talent met die kitaar, elektries en ander, geïnteresseerd te hou. Hy beskik oor ʼn geweldige wye repertoire.

In sy beginjare het hy by baie verskillende “venues” opgetree. Hierdie harde werk het in goue en selfs dubbelplatinumstatus-treffers en-albums gekulmineer. Deesdae is hy bekend as een van die min kunstenaars wat verskeie genres bemeester het, insluitend “country”-liedjies. Liedjies wat geensins enige bekendstelling verg nie, is treffers soos “Hokaai Stoppie Lorrie,

Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ‘n Boerehart, Angel-face, You’re my everything, Vir ewig jonk, Uitbasuin, Hier teen jou lyf” ensovoorts.

As dit wat deur jou are vloei nog altyd “country”- musiekbloed was, is Ray se nuwe album ʼn absolute moet-hê!

“Country Vibes” is NOU beskikbaar! Hierdie album beloof om net soveel genot soos enige van sy ander werke te verskaf

Kontak :

Jessica Dylan – Jersich 0845611865 / jessica@ray-dylan.co.za

Vonk Musiek
Vonk Musiek Kunstenaars
Vonk Musiek 83 Rietfontein Road
Jansenpark Boksburg, Gauteng 1461, ZA

Related posts

Leave a Comment