
Bekroonde sanger, liedjieskrywer, musikant, verhoogkunstenaar en akteur, André Schwartz het Woensdag, 19 September 2019, sy splinternuwe album, DIE PAD, tydens ‘n baie eksklusiewe geleentheid by die pragtige Fairway Hotel, Spa & Golf Resort in Randburg bekendgestel. Talle bekendes en gaste, uit verskeie sosiale- en mediakringe waaronder Joe Foster, Kurt Darren, Lee Scott, Willem Botha, Len Muller en Sorina het dié intieme bekendstelling bygewoon.

In sy toespraak het Schwartz sy opregte dankbaarheid teenoor almal betrokke by hierdie projek uitgespreek. Hy het ‘n paar van die snitte vanaf die album vir die gaste opgevoer en afgesluit met ‘n keurspel van ou treffers waaronder, Ek wil jou nooit weer sien waarna vriende, kollegas en media spontaan opgestaan het en hom staande toegejuig het.

FOTO KREDIET: SHEEN PHOTOGRAPHY
Die album bestaan uit tien oorspronklike snitte wat deur verskeie liedjieskrywers geskep is, asook vier bonussnitte wat verwerkings is van bestaande gunstelinge soos Piano Man, Lief Vir Alles Hier en meer. I Dare To Dream, ’n hartroerende duet saam met Yvonne Chaka Chaka, vorm ook deel van dié indrukwekkende speellys.











André Schwartz se nuwe album was beslis die wag werd en getuig van DIE PAD wat hy deur sy suksesvolle loopbaan moes stap om te wees waar hy vandag is. Nie net stel elke liedjie op sy nuwe vrystelling sy uitsonderlike talent en kreatiwiteit as musikant ten toon nie, maar bewys dit ook weereens hoekom hy een van die mees geliefde kunstenaars in die land is.
Koop die album hier: https://umgafrica.lnk.to/DiePad
LYS VAN SNITTE
Die Pad
Tweede Kans
Trap in my Spore
Negentien September
Perfek vir My
Ek Sal Wag
Roep My
Stukke Optel
I Dare To Dream (met Yvonne Chaka Chaka)
Ek Kom Huistoe
Bonussnitte
Lief Vir Alles Hier
Ek wil jou nooit weer sien/ Met Jou In My Lewe Medley
Hello
Piano Man
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/AndreSchwartzOfficial/
Twitter: @Andre_Schwartz
Instagram: @andreschwartzsa
YouTube: https://www.youtube.com/user/AndreSchwartzVideos
Webblad: www.andreschwartz.co.za
@GuvonHotels
@TheFairwayHotel
@TheHighBallCraftBar
PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za