Die uiters talentvolle Len Muller en Stella, is eersdaags in Pretoria te sien vir ‘n eksklusiewe akoestiese optrede – ‘n aand vol mooi, akoestiese, siels-klanke in Afrikaans. Len en Stella is al meer as 10 jaar vriende en het uiteindelik besluit om kragte saam te span vir ’n lekker akoestiese vertoning vol stories van hoop en lewe. Albei is gesoute musikante en liedjieskrywers met jare se ondervinding in die bedryf en bekend vir die eerlike manier waarop hulle hul musiek weergee. Dit is twee strelende stemme wat jou gemoed verseker sal verfris en jou sal laat ontspan.
Die vertoning vind plaas op Woensdag 25 September 2019 by Café Barcelona in Colbyn, Pretoria. Kaartjies is beskikbaar by info@cafebarcelona.co.za of kontak 012-4302495.
Moet dit nie misloop nie!
Meer oor Len Muller:
Len Muller is ’n veelsydige Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en musikant wat die laaste 7 jaar voltyds in die musiekbedryf werk. Hy het bekendheid verwerf vir sy strelende stem, unieke klank en betekenisvolle storievertellerslirieke. Met sy debut solo album ‘Doodgewone Avontuur’ (2015) is Len benoem vir twee Ghoema toekenings (Manlike Kunstenaar van die Jaar en Nuweling van die Jaar) en ’n Huisgenoot Tempo-nominasie vir Nuweling van die Jaar. Len se grootste drome is bewaarheid toe sy eerst enkelsnit: ‘Smag na Jou’ gekies is om een van die liedjies op die klankbaan van die Afrikaanse familiefliek, Strikdas, te wees wat in 2014 uitgereik is. Nie net het Len se klankbaan-droom waar geword nie, maar nog ’n groot eer het hom ook te beurt geval toe sy lied ‘Vrede’ vanaf sy twede album ‘Oog van die storm’ (2017) ook gekies is as die tema lied vir kykNET program, Mense Mense. Len se vertonings kan beskryf word as ’n diep Afrikaans Akoestiese musiek belewenis wat mense wil bemoedig en inspireer met liedjes stories uit sy eie lewe.
Meer oor Stella:
Stella is deel van die twee maal Ghoema-bekroonde gospelgroep, Duis:Lig. Haar 2 solo albums onder haar vorige verhoognaam, KrissTel, is ook benoem vir SAMA en TEMPO toekennings in 2008 en 2011. Stella het in 2017 haar eerste sekulere, kontemporere solo-album , Nuwe Môre, uitgereik, wat haar gevoelvolle stem komplimenteer en haar vaardigheid as liedjieskrywer tentoonstel. Haar treffer saam met Adam Tas, “Ek is ryk”, het top posisie op talle radiostasies se trefferparades gehaal. In Augustus 2019 het sy haar tweede solo album, “Ek kies jou” uitgebring waarop die lied, “Skree” tans nr 7 op die SA top 20 op onder andere Jacaranda FM is. Wanneer sy nie haar lyf musikant hou nie, is sy ook boervrou op hulle plaas net buite Carolina en ma van (amper) 2 dogtertjies. Sy is ook mede-bestuurder van hulle gastehuis en trou-venue, Acorn Guest Farm.
Publisiteit & Bemarking
Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST