VINCENT GORDON

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

As ‘n ambisieuse nege jarige het Vincent Gordon vir die eerste keer sy sang talent op die verhoog bekend gemaak, na agtien jaar se hard werk en vele optredes het hy sy eerste album ‘Asem’ vrygestel. Die liedjies in die album is veral besonders en dra baie betekenis vir hom omdat elke liedjie ‘n uitsonderlike boodskap het wat geïnspireer is deur verskeie rolmodelle ,veral sy groot treffers ‘ Stap soos Karlien’ en ‘ Dis die liefde wat tel’. 

Sy persoonlike ervarings en opregte admirasie en dankbaarheid vir sy ondersteuners word onherroeplik uitgebeeld in elke liedjie.

As ‘n sewe-en-twintig jarige sanger en radio sensasie, bly Vincent nog steeds nederig en alhoewel hy skaam is , het hy seker gemaak dat sy optredes vol emosie en passie is. Hy het van jongs af menigmale optredes by gewoon en hy wil graag in die toekoms soveel as moontlik nuwe optredes aanpak waar hy sy ondersteuners kan inspireer en bemoedig met sy musiek. Vincent se liedjies was al vanaf 2013 te hore op menigte radio stasies wat uit saai regoor die land, sy roem eindig nie net by radio treffers maar hy het ‘n paar keer al op die televisie skerm verskyn om sy aanhangers te vermaak. Die musiek en vermaak bedryf het hom sterker gemaak as persoon, hy het nie verander om aan te pas by die res nie.

 

Sy geloof is die rede vir sy goeie gemoed en positiewe persoonlikheid, hy dra sy liefde vir die Here in alles wat hy aanpak en hy glo vas dat mens nie nodig het om soveel klem op aardse dinge te plaas nie. Vincent wil graag sy luisteraars bewus maak van die liefde om hulle, die liefde en waardering wat kom van af die mense rondom hulle.

“ ‘n man met soveel talente”, beskryf ‘n beskeie Vincent Gordon sy beste vriend en steun pilaar Ferdinand Skead. Vincent en Ferdinand het saam geskryf aan een van sy liedjies, hulle is albei kreatief en hulle spoor mekaar se goeie eienskappe aan. Vincent vertaal graag hoe Ferdinand hom inspireer en saam hom werk aan die melodies en soms skep hy ‘n kreatiewe atmosfeer. Van jongs af is musiek ‘n groot hoofstuk van Vincent se lewe, sy dae as ‘n jong seun was ingekleur met lirieke, optredes en drome. Op die stadium in sy lewe, volgens Vincent wil hy sy aanhangers op ‘n reis vat met sy musiek en hy sluit af met “ Natuurlik sorg die ritme ook vir ‘n lekker dans op die dansvloer”.

Vonk Musiek
Vonk Musiek Kunstenaars
Vonk Musiek 83 Rietfontein Road
Jansenpark Boksburg, Gauteng 1461, ZA

Related posts

Leave a Comment