Die Foxwoodfees bied vanjaar ‘n kunstefees aan om die lewe te vier vanaf 19 – 27 Oktober 2019.

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Celebrate life at this year’s Foxwood arts festival. A new Afrikaans play, an art exhibition, two ground-breaking films, a novel art exhibition using photography and radiology to create a visual design, Amanda Strydom in her award-winning show ‘State of the Heart’ are among the highlights.
 
Lewe gee lewe – ‘n fees gewy aan temas oor orgaanskenking en nuwe lewe, verhoudings wat sin gee aan ons bestaan en die krag van liefde.
Lewe gee lewe – ‘n fees gewy aan temas oor orgaanskenking en nuwe lewe, verhoudings wat sin gee aan ons bestaan en die krag van liefde.
 
Dedicated to explore and showcase the latest in Afrikaans creative work, the shows feature new ideas that will appeal to all. Among these will be work such as 2 Decades / 2 Dekades.
 
In vanjaar se Foxwoodfees kyk ons na die menslike lewe vanuit verskeie oogpunte: medies; verhoudings met geliefdes en ons medemens; skone kunste en fotografie en in die letterkunde; en ons bied ook vertonings aan wat ons lewens waarde gee.
Die jaarlikse viering van nuwe werk en kuns vind plaas in die Foxwoodteater, ‘n klipgebou in die tuin van Foxwood House voor die ou historiese woonhuis en in die tuine.

Die feesspyskaart tesame met die naam van ons celeb-chef word binnekort bekend gemaak. Geregte word beplan wat bekostigbaar, stylvol en smaakvol is.
 
PROGRAM
 
Sat 19.10.2019
 
Opening: Foxwoodfees en prof. Elize Botha-biblioteek 11:00


 
Die fees skop Saterdag 19 Oktober om 11:00 met ‘n glasie vonkelwyn af wanneer Foxwood ‘n kort oorsig aanbied oor die tien dae van vieringe wat voorlê. Ons open terselfdertyd die boekery van prof. Elize Botha in ‘n stel bykomende boekkaste; en ons neem afskeid van die man wat as ere-beskermheer oor ons van die begin sy hand gehou het, Ton Vosloo.

Prof. Elize Botha was an icon in Afrikaans academia reaching out to artists, especially writers. Her library housed at Foxwood House contains significant work of great importance to students and Afrikaans speakers, and anybody who loves creative writing.
 
Opening van kunsuitstalling / art exhibition 17:00
 
Leonie Scholtz’s creativity is on display. As a radiologist and photographer with a celebrated visual sense, her exhibition showcases remarkable work. Celebrated as our featured visual artist, her work will be on display daily throughout the ten days of our exhibition.


Die feeskunstenaar is prof. Leonie Scholtz. Leonie Scholtz is ‘n Renaissance-persoonlikheid wat daarin slaag om rare uiterstes in haar werk saam te snoer – haar werk as radioloog en fotografiese kuns. Haar bekroonde mediese geskiedenis is die stof waaruit sy haar kunswerke vorm. Die kuns en die mediese terrein word met ‘n wetenskaplike ywer en durf ondersoek. Haar werk, hetsy dit in die  radiologie-departement, op die konferensie-podium of die kunsateljee, getuig van ‘n veelsydige kunstenaar, medikus en akademikus.

Hannes van Wyk in Sê Groete vir Ma 20:00

The relationship of a man with his mother, the axis of his life. Coming to terms with life and loss of life, great love and great pain.  
Hannes van Wyk neem die aand om 20:00 die verhoog met Sê groete vir Ma – Hannes vertolk die rol van Reghardt Roberts van Aswegen wie se hele lewe, menswees en bestaan om die een vrou draai wat hom in die lewe gebring het.
Dit is ‘n drama waar die lag en die traan baie naby aan mekaar loop: die band tussen ‘n ma en haar kind, hulle lewensreis saam, die pyn en die onvermydelike oud-word – en hoe ons soms ons grootste foute kan verdedig, omdat dit uit liefde gedoen is. Die regisseur van die stuk is Sandra Prinsloo.

Christine Basson.


 
Sun/Son 20.10.2019
 
Hulde aan die gewilde en geliefde aktrise Christine Basson 11:00.
 
Christine Basson was a beloved actress who passed away earlier his year. Friends and colleagues gather to celebrate her life and achievements. At 11:00.
Foxwoodfees bring Sondagoggend 20 Oktober om 11:00 hulde aan Christine Basson vir geliefdes, vriende en bewonderaars. Vir die volle besonderhede, kontak die feeskantoor by theatre@foxwood.co.za. Die reëlings word begin Oktober gefinaliseer.


 
Seemeeu, die film geregisseer deur Christiaan Olwagen (Johnny is nie dood nie en Kanarie). Tyd 18:00

Christiaan Olwagen presents Anton Chekov’s classic work The Seagull in Afrikaans, positioning it in the 90’s in South Africa.  
Christiaan Olwagen  neem die klassieke teaterstuk deur Anton Tsjechof en verplaas dit na Suid-Afrika in die 1990’s, bykans 100 jaar nadat dit geskryf is. Wat merkwaardig is, is dat die karakters uiters gemaklik in hierdie nuwe tydgleuf en omgewing bestaan, amper asof hulle geskryf is met die moontlikheid van só ‘n verplasing in gedagte.


 
Di/Tue 22.10.2019
 
Emma van Heyn  20:00
 
Singer and composer Emma van Heyn returned from Shanghai last year with creative ideas reflected in her latest show. Accompanying herself she also draws from a recent stay in New York. 
Created especially for the Foxwood arts festival, the show promises to be exciting and new.

Ná ‘n hoogs aangeskrewe show oor haar gebeurtenisvolle jaar in Shanghai, keer Emma van Heyn terug met ‘n splinternuwe musiek-show vars uit New York. Sy bring nuwe, oorspronklike musiek na vore. Van ballades wat sy self begelei op klavier tot ‘n legkaartproses van elektroniese popklanke.
Emma se nuwe show maak sy Suid-Afrikaanse debuut by Foxwood Theatre op 22 Oktober. Kom verlustig jou in hierdie talentvolle jong kunstenaar se unieke, uitsonderlike musiek en die stories agter haar liedjies.

Wo/Wed 23.10.2019
Amanda Strydom met ‘State of the Heart’ 20:00“You will leave with your heart singing” – Diane de Beer, Pretoria News. 
Amanda (‘Amandla’) Strydom sings in six languages: Afrikaans, English, French, German, Dutch and Zulu.

  “Hierdie is Strydom se kabaret-meesterstuk,” skryf Janine Morris (Metro).
“Dit weerspieël die vrou se talent as aktrise, sangeres, skrywer en bowenal as storieverteller. ’n Mens hang behoorlik aan haar lippe.”    
Die bekroonde Amanda Strydom het ‘State of the Heart’ in 1993 geskryf, die eerste van tot dusver ses solostukke uit haar pen.  
Sedertien het Strydom hierdie meesterstuk oor die lengte en breedte van Suid Afrika opgevoer – in groot en klein teaters, skoolsale, sitkamers, stoepe, tente, ’n grot in Hermanus en op ‘n trein tussen Johannesburg en Bloemfontein. Ook in Namibië en Nederland is sy staande toegejuig vir haar eg-Suid-Afrikaanse meesterstuk.
‘State of the Heart’ het die Dalro en Showtime-toekennings gewen vir Beste Kabaret en Kabaret van die Jaar in 1994 en sy voer dit steeds op publieke aanvraag op Hierdie tydlose liefdesverhaal steek op ‘n teer wyse die draak met ou Afrikanertradisies en kyk na die geskiedenis van Suid-Afrika van die twintiger tot sewentigerjare.Vooroordele tussen mense word tegelykertyd subtiel, skreeusnaaks en hartverskeurend bekyk. Die wreedheid van oorlog, die passie van ‘n hart wat bly glo die liefde sál seëvier ten spyte van teenslae, word ook in hierdie kabaret blootgelê.  
Daar was ‘n tyd toe vrouens hulle plek moes ken, hulle velle gebleik het as hulle sproete gehad het ( want sproete was glo kômmin), mans kruisbande gedra het, Springboktwak gerook het en Boeremeisies net met Boerseuns getrou het. Dit was ook in hierdie tyd dat die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het.  
Wanneer die heldin van die verhaal, die Afrikaanse Maxie de Meyer, op ‘n Engelse loods, Raymond G.Bartlett, verlief raak, spat die vonke behoorlik en ontplooi daar ‘n liefdesdrama in ditradisie van die ou Springbokradiovervolgverhale.  
Strydom vertolk op meesterlike wyse ál die rolle – van die knorrige Oupa Dikdaniël, die heldin Maxie, haar kindervriend Sipho Motsepe, Stoffelina du Plooy van die Langekloof en die hele orkes uit die Baviaanskloof wat by haar troue musiek moet maak, Dolly Parton, Maxie se broer Willie, die stywe-bolip Frances Pennington-Smythe en ‘n horde ander karakters.

Do/Thur 24.10.2019

2 Dekades / 2 Decades 18:00

An innovative play, revisiting the characters who appeared in a TV drama two decades ago. They are interviewed on stage, their characters revealing what has happened to them in the intervening years. Two decades.

Based on a series created, written, directed and produced by Jan Groenewald in 1997/98 it featured Abigail Kubeka, Paul Phume, Amor Vittone and many others.

Fri/Vry 25.10.2019

Pops Mohamed and Chris van der West in Jozi Avant-Garde at 20:00 Well -known musician, Pops Mohamed, partners with harpist Chris van der West, and a line-up of other artists to create a brand-new sound he calls – Jozi Avant-Garde.

 

Sat 26.10.2019

Sondes van die vaders – ‘n boekbespreking van Lerina Erasmus se November-bekendstelling van die laaste boek wat sy geskryf het voor haar dood in Augustus 2018,  om 10:00

  Amore Bekker met Vroue, God en Kos om 11:00
Amore Bekker doen ‘n 45-minute-praatjie oor hoe ons ons verhouding

Nog nooit was so baie mense op diëte soos nou nie.
Nog nooit was daar soveel lae-vet en lae-suiker produkte nie.
Nog nooit was daar soveel vet mense per kapita op die planeet ne-up of other artists to create a brand-new sound he calls – Jozi Avant Garde soos nou nie.
Diëte werk nie, want daar word nie gekyk na hoekom ons eet nie. 
Die eensaamheid, verlange en woede word nooit aangespreek nie. 
met kos beter kan verstaan.
Jy sal lag, huil, en honger word…..

Pieter de Vos talks about the life and work of Emily Hobhouse 15:00

Emily’s work and life are increasing the Powers that Were in her time, but she achieved remarkable success. Admired by Gandhi and supported by powerful people of her day, she managed to save the lives of innumerable women and children in South Africa and Europely significant in the present world as well as national politics. As feminist and pacifist, her contribution to peace was intentionally frustrated and thwarted by the Powers that Were in her time but she achieved remarkable success. Admired by Gandhi and supported by powerful people of her day, she managed to save the lives of innumerable women and children in South Africa and Europe.

Jan Groenewald/Chris van der West met Leonardo se Poort om 20:00

An astonishing ensemble of music and storytelling, Jan Groenewald brings his latest work in Afrikaans to the stage. The magical formula turns out to be less magical and more real than one realizes as Jan’s narrative work unfolds in text and sound.

Sun/Son 27.10.2019

1000 Lives om 11:00
Jan Groenewald en Chris van der West met Leonardo se Poort om 15:00.
A new play in music and text in Afrikaans.

Kanarie, die film geregisseer deur Christiaan Olwagen om 18:00.

Kanarie is ‘n musikale oorlogsdrama, wat afspeel in Suid-Afrika in 1985 en die storie van ‘n jong seun vertel wat in ‘n tyd van onderdrukking geforseer word om sy identiteit te vind.

OORSIG / SYNOPSIS 
Visuele kuns/visual arts: Leonie Scholtz 
Musiek/music:
Emma van Heyn, Amanda Strydom (State of the Heart), Pops Mohamed and Chris van der West (Jozi Avant Garde). 
Plays:
Hannes van Wyk (Sê groete vir Ma), Jan Groenewald / Chris van West (Leonardo se poort), Jan Groenewald (2 Dekades/ 2 Decades) 
Film:

Christiaan Olwagen (Seemeeu, Kanarie)

Literature:

Lerina Erasmus (Sondes van die vaders). 
Tributes: Elize Botha, Christine Basson. 
Talks: Amore Bekker (Vroue, God en Kos), Pieter de Vos (Emily Hobhouse)
 
RESERVATIONS / BESPREKINGS Bespreek by www.skybookings.net of Theresa theatre@foxwood.co.za

Related posts

Leave a Comment