
BESKRYWING
In Dit proe soos huis eer Herman Lensing sy ma Susan, wat skielik in Januarie 2019 oorlede is, met sy uitsonderlike talent. Hy klits haar lekkerste resepte en hul eie stories saam soos net hý kan. Hy neem ons op ’n kosreis – van sy grootwordjare in Upington waar sy passie vir kos ontvlam het, tot Hartenbos se jaarlikse kampritueel (met hope padkos) en eindig rondom sy eie Kaapse kombuistafel waar hy sy ma ’n resepkinkel of twee kon leer. Susan Lensing het almal gevoer wat kom kuier of net aan die deur geklop het. Meer nog, sy het vir hulle padkos vir die siel gebied. Haar leuse was: “My kind, kos is nie kwaad nie. Nooit nie. Kos vergewe en bring mense saam. As ons net aanhou kook, sal ons die wêreld een bord op ’n slag mooier maak.” Dié pragfotoboek vol onthou¬resepte is ’n kosverhaal wat dít wat is, verbind met dít wat was.
Dit proe soos huis, ook met resepte uit die gelyknamige TV¬reeks, soos gesien op VIA, is net die staatmaker wat jou kombuis kort.
OOR DIE SKRYWER
Herman Lensing is al ’n dekade in die kollig nadat hy in 2009 op 22¬ jarige ouderdom as die kosredakteur van die glanstydskrif SARIE aangestel is. Sedertdien het Herman vir hom ’n naam gemaak as een van Suid-Afrika se toonaangewendste kosskrywers. Herman het boonop al talle TV-reekse en -optredes op sy kerfstok, terwyl hy gereeld gasverskynings by geleenthede maak. Sy aansteeklike entoesiasme, omvattende koskennis en begrip vir die alledaagse uitdagings en flaters in ’n doodgewone kombuis skep ’n wenkombinasie. Hierdie is sy vierde boek.
Publikasiedatum: 15 Oktober 2019 Prys: R365,00 Bladsye: 192 Formaat: 270mm x 200mm Bindstyl: Sagteband Kategorie: Kookkuns ISBN-13: 9780798179911 Uitgawe: 1 Druk: 0
- Prys onderhewig aan verandering
Kontak Jean Pieters by jpieters@nb.co.za of 021 406 3033 vir meer inligting oor die boek en die skrywer