BZN groet SA en Musiekindustrie met Grand Finale

Band Zonder Naam neem finaal afskeid van Suid-Afrika na 40 jaar in die musiekindustrie. Jan Keizer en Anny Schilder het tydens die 70’s en 80’s Afrikaanse harte verower met van hul grootste treffers soos Yeppa , Tonight , Wheels on Fire , Le Legionnaire , Waltzing Maria en Mon Amour . Die liedjies is steeds groot gunstelinge waarvan die klanke nog gereeld op plaaslike radiostasies gehoor word. Die legendariese duo sluit dié jaar hul loopbane af met drie finale optredes in Suid-Afrika. “Suid-Afrika was nog altyd goed vir ons. Ons is lief vir die land en die mense,” vertel Anny. Hul beplan ‘n onvergeetlike reis deur die jare propvol herinneringe en heimwee. Met meer as 30 albums op hulle kerfstok, beloof die grand finale om nie een treffer te oor te sien wat BZN beroemd gemaak het nie. Deur die jare het hulle verskeie toekennings ontvang vir die wonderlike musiek waarmee hul luisteraars bederf het. Die tweemanskap is albei deel van die oorspronlike groep en is die enigste groep wat vir meer as 26 agtereenvolgende jare (1973 to 1998) enkelsnit-treffers op die Top 40 gehad het.

Om die heel laaste optredes van BZN in Suid-Afrika nog meer onvergeetlik te maak, snoer hulle kragte saam met verskeie top plaaslike kunstenaars. Name soos Juanita du Plessis,
Nadine, Ruan Josh, Franja du Plessis, Manie Jackson asook Christo en Cobus gaan deel vorm van die voorskou. Met so wonderlike oploop tot die Grand
Finale , beloof die toer om BZN se finale toer op ‘n reusehoogtepunt te eindig. Inderdaad nie ‘n geleentheid om mis te loop nie. Kaartjies vir die optredes beloop tussen R250-R650 per person en is beskikbaar op iTickets. https://itickets.co.za/events/405420 11 Oktober – Grand Arena, Grand West in Kaapstad 12 en 13 Oktober – Carnival City in Johannesburg

Verkope: iTickets https://www.facebook.com/BZNsatour2019/

Facebook event: https://www.facebook.com/BZNsatour2019/ Publisiteit & Bemarking: Maatskappy: The Marketing Zoo Persoon: Marne du Plessis/Wian Smith Sel: 012 004 0642 E-pos: marne@marketingzoo.co.za/wian@marketingzoo.co.za

Webblad: http://www.bzn-online.com/Public/Default.aspx?lang=en

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →