Olka Bolka E-Tydskrif se onderhoud met Nicholis Louw

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Miggie Krauspe , redakteur van Olka Bolka E-Tydskrif het ‘n onderhoud met Nicholis Louw gevoer na sy Hoendervleismooi weergawe van WORLD IN UNION ft Liezel Pieters

Vertel ons lesers bietjie van jouself in ‘n neutedop?

 Ek is Nicholis Louw, Suid-Afrikaanse sanger met 10 vrygestelde albums, waarvan 2 dubbelplatinum status bereik het met meer as 100 000 verkope elk, en 5 platinum status met meer as 50 000 elk.  Pa en Eggenoot tot my wonderlike gesin.  Motor entoesias.  Toer nasionaal en internasionaal om gehore te vermaak met my musiek.

Waar het jy groot geword en skool gegaan?

 Gebore en geskool in Oos-Londen, gematrikuleer by Grens Afrikaanse Hoërskool in 1996.  

Waar kom jou liefde vir musiek vandaan en hoe lank is jy al in die musiekbedryf?

My liefde vir musiek is ingebore deur die talent wat ons Here vir my gegee het, en ek tree al op vandat ek 13 jaar oud is, maar ek is bekend in die musiekbedryf vanaf 2003.

Het jy ‘n ander beroep gevolg voordat jy voltyds musikant geword het?

Nee, ek het skooltyd af musiek gedoen en onmiddelik na skool daarmee aangehou.

Wie of wat sal jy se is jou groottste musiek invloede?

 Daar is regtig baie invloede maar as kunstenaar moes ek doelgerig fokus daarop om ‘n unieke identiteit te skep en daarop te bou.  Oorspronklikheid is baie belangrik!

Waarna luister jy en hoekom?

 Ek luister na ‘n baie wye spektrum musiek omdat ek ‘n wye spektrum van smaak in musiek het.  Rock, Country, Klassiek, en Opera is my gunstelinge

Som jou musiekstyk op in een sin?

 Pop-Rock, met ondertone van Country en Klassiek.

Watter invloed wil jy hê moet jou musiek op mense het?

 Ek wil hê dat dit ‘n “feel-good” atmosfeer skep by mense.  Hulle moet opgebeur voel.

Vertrel ons iets wat niemand van jou weet?

 Almal weet teen dié tyd al als wat te wete is

Vertel ons bietjie van enige “embarrassing moments” op die verhoog?

 Daar was baie.  Baie broeke het geskeur, baie verhoë het gebreek en ek het baie geval wanneer die verhoë gebreek het

Waarmee is jy op die oomblik besig?

 Ek is op hierdie stadium besig met die bemarking van my en Liezel Pieters se nuwe enkelsnit, “World in Union”.  Hy word eersdaags op alle digitale platforms vrygestel, en sal dan te koop wees.  Op hierdie stadium sal hy nie op enige albums te koop wees nie, slegs op digitale platforms

Wat inspireer jou?

 Inspirasie kom uit verskillende oorde.  Baie keer kom dit net op terwyl ‘n mens bestuur, of iets in die natuur sien, of as jy instap by ‘n spesifieke plek.  

Wat is volgende vir jou en wat beplan jy?

 Volgende is daar nog ‘n paar liedjies wat ek gaan opneem en vrystel, en dis maar die lewe van ‘n kunstenaar.  Skryf, neem op, stel vry, toer, en kom terug na jou gesin.  

Vertel ons wat is jou gunsteling?

Kos:  Pizza

Drankie:  KFC se strawberry sunrise crusher

Bederf eetgoed: Sjokolade altyd

Klere: Moeilik om te kies, maar ek is op hierdie stadium groot op Fila skoene

Sport? En speel jy enige: Motorsport, ek het tussen 2013 en 2014 motorwedrenne gedoen, te danke aan Liqui Moly wat my geborg het.  Dit was fenominaal lekker.  

Musiek: Hard Rock

Band:  Nightwish en Within Temptation

Akteur: Al Pacino

Rolprente:  Die Harry Potter reeks

Waarna kyk jy graag op TV: Ek en my gesin kyk ‘n redelik groot verskeidenheid reekse, hoewel, ons probeer om eerder kwaliteit tyd saam te spandeer.

Ter afsluiting, enige raad of advies vir jong kunstenaars daar buite?

 Loop jou pad naby aan die Here.  Hoe beter dit gaan, hoe meer moet jy fokus op jou verhouding met die Here.  Werk baie versigtig met jou geld.  Wees versigtig wie jy vertrou.  Gee jou tiende met ‘n blye hart.  Onthou Wie hierdie talent en voorreg vir jou gee, en vereer Hom daarmee.  Doen dit wat jy doen, tot die uiterste beste van jou vermoë.  Onthou, dit wat jy vandag opneem, gaan oor ‘n 100 jaar, selfs dalk oor 500 jaar, nogsteeds gehoor word.  Wat wil jy hê mense moet oor 100 jaar sê oor die kwaliteit van jou werk?

Related posts

Leave a Comment