VICTOR BRAVO STEL TWEEDE ENKELSNIT VRY NA HULLE EERSTE WEEK BY AARDKLOP

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

SKEMER gaan oor daardie rou tydperk, net nadat jy iemand verloor het, tussen-in wanneer jy nog vasklou aan die skadu’s van herinneringe voordat dit finaal in die donker verdwyn,” sê hoofsanger en liedjieskrywer, Weco van Basten, oor die betekenis agter Victor Bravo se tweede enkelsnit wat op 20 September 2019 eksklusief op Springbok Internet Radio vrygestel is. 

SoundCloud: https://soundcloud.com/user-625588893

Hierdie emosiebelaaide alternatiewe kontemporêre snit, wat deur Renier Henning Music vervaardig is, is oorspronklik geskryf as die temalied van ’n fliekdraaiboek waaraan Weco besig is om te werk. Alhoewel dié projek nog ver van klaar af is, het die duo gevoel dat die liedjie sterk genoeg is om op sy eie te staan, omdat dit reeds ’n groot gunsteling by hulle lewendige konserte is. Die ateljee-opname sluit ook die werk van die talentvolle baskitaarspeler, Janes Blomerus, en die bekende dromspeler, Bruce Wallace, in.

“Dit is vir ons belangrik om musiek te maak met dieper betekenis te maak, wat aanklank vind by diegene wat hou van lirieke wat hulle laat dink oor die lewe en SKEMER pas perfek by hierdie doelwit in,” sê hoofkitaarspeler, Jopie Pienaar.

SKEMER maak ook deel uit van die groep se eerste onafhanklike kortspeelplaat (EP), wat ’n mengsel van ses oorspronklike snitte – die twee radiogeredigeerde weergawes en vier eie verwerkings vervaardig deur Real Sounds en gemeng deur Pot Musiek Produksie (Hoe Lyk Vir Altyd, Suiderkruis, Vat My Saam en Thanks A Lot) – wat vir die eerste keer by Aardklop 2019 beskikbaar gaan wees. Victor Bravo sal op die volgende datums op die Ontprop-verhoog wees:

  • 24 September 2019: 20h00 tot 21h00
  • 26 September 2019: 18h00 tot 19h00
  • 27 September 2019: 11h00 tot 12h00

Breakway Line, die groep Victor Bravo se debuut-enkelsnit (ook deur Renier Henning Music), is in November 2018 uitgereik. Dit het speeltyd ontvang op Marius Dreyer en Zachelle Howard se ontbytprogram – Morning Mix@6 – (waar die duo in die ateljee gekuier het) 90.6 FM Stereo, Cousin Rick se program op IFM, asook Francois Deysel se program op FM Stereo, en die reaksie was oorweldigend. Tans kan dit steeds gehoor word op GrootFM 90.5, Whale Coast FM 91.4, Kosmos Stereo 99.3, CFM Overberg 89.3, FM Stereo, IFM en VCR 90.6FM.

Die enkelsnit het ook die Nommer 1-posisie bekleë op Springbok Internet Radio se Top 20 vir twaalf agtereenvolgende weke en het vir twee-en-dertig weke onder die top 10 gebly.

Die musiekvideo is in April 2019 vrygestel en is deur Dehan Janse van Rensburg verfilm by Die Windpomp Kroeg (Meyerton), Mediclinic Emfuleni (Vanderbijlpark) en Duck Point Venue (Sasolburg). Buiten vir die mooi storie en pragtige agtergrond van elke toneel, is die video besonders spesiaal omdat dit geskiet is as deel van een van Troukoors-tydskrif se amptelike gestileerde fotosessie vir die November 2019-uitgawe wat binnekort op die rak is.

“Ons wou graag ’n storie skep wat die hartsnare sou raak en het daarom ’n emosionele, maar oop einde gebruik, sodat kykers selfs die verhaal kon voltooi. Die boodskap is dat ’n mens moet tyd maak vir diegene wat jy liefhet, want daardie persoon kan in ’n oogwink nie meer daar wees nie… en dan is al wat jy oorhet herinneringe. Verder wou ons ook die verskillende tipes verliese uitbeeld wat jy kan ervaar… of dit nou is om op te breek, weg te gaan vir werk of die ultimate ‘breakway line’ – wanneer iemand doodgaan,” sê die duo.

’n Gedeelde liefde en passie vir betekenisvolle musiek, het gelei tot die ontstaan van dié akoestiese duo, wat vanaf 2018 saam optree by kuierplekke in Gauteng en omliggende areas.

Die groep, wat bestaan uit Weco van Basten en Jopie Pienaar, het ’n baie unieke styl wat elemente van Alternatiewe-, Kontemporêre-, Rock-, Pop-, Folk- en Bluesklanke soomloos laat saamsmelt om ’n vars en nuwe aanslag na die Suid-Afrikaanse musiekmark te bring en waarby gehore van alle ouderdomme aanklank vind. “Die projek, Victor Bravo, is so twee jaar terug gebore as ’n konsep in my kop. Die idee was om ’n platform te skep uitsluitlik vir musiek, sonder die ander sideshows,” verduidelik Weco.

In die kort tydjie wat hulle amptelik saam musiek maak, het die musiekpaar (wat ook familie is) reeds verskeie hoogtepunte beleef. As deel van die Local is Lekka-kompetisie en -inisiatief; wat deur die bekroonde Country-ster Vernon Muso, VCR 90.6, IFM Radio 102.2, Mooivaal Media en Barnyard Vereeniging aangebied word; het hulle nie net die wonderlike voorreg gehad om te open vir komedielegende, Barry Hilton, se konsert nie, maar ook om op radio met Cousin Rick daaroor te gesels. Verder was Victor Bravo ook deel van die On Tap-kunsbierfees by Emerald Resort & Casino en het hulle al by verskeie groot kuierplekke in die Vaaldriehoek, Pretoria en Kroonstad opgetree, waaronder Shovels Pub and Grill in Pretoria, die Boshof Skou in die Vrystaat én die Yami Rib & Burger-groep se verskillende restaurante, met die hulp van die besprekingsagent Maxus Music Company. “Goeie musiek moet jou hart raak en dit is wat ons anders maak. Die liedjies wat ons kies, is dieper en ons pas die klank aan om ’n meer treffende en emosionele boodskap deur te gee,” verklap Jopie oor wat gehore van hulle konserte kan verwag.

DIE MANNE AGTER VICTOR BRAVO

Voorsanger, liedjieskrywer, ritmekitaar- en klavierspeler, Weco van Basten, kom uit ’n musikale familie wat gereeld saamkuier om die braaivleisvuur met ’n kitaar in die hand en ’n liedjie om te deel. Hy het hoofsaaklik in Sasolburg grootgeword en van kleins af musieklesse geneem, in die skoolkoor gesing en deelgeneem aan al wat kunswedstryd en konsert is. Gedurende die laaste twee jaar van sy laerskoolloopbaan, was hy ook lid van die Drakensberg Seunskoor. Omdat hy nog altyd passievol was daaroor om mense te vermaak en die stories in sy hart op papier te deel, is hy na skool Amerika toe om Drama en Engelse Kreatiewe Skryfkuns te studeer. In hierdie tyd, was hy deel van die akoestiese groep, Victim, wat gereeld in en rondom Houston opgetree het. Die finale twee jaar van sy Taalstudies, is by Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus voltooi, waar hy ook sy vrou ontmoet het. Alhoewel hy ’n wye verskeidenheid musiek geniet, sonder hy kunstenaars R.E.M., Cat Stevens, Sarah McLachlan, Eric Clapton, Ted Hawkins, Karen Zoid, Klopjag, Eminem, Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel, 2nd Life en Jo Black uit as musikante wat, vir verskeie redes, sy eie styl tot dusver beïnvloed het. Hy verklap verder dat enigiets hom kan inspireer om ’n liedjie te skryf op die regte oomblik. “Alledaagse dinge, soos koudkry, braaivleis en vriende, gee my soms idees vir lirieke. Maar dis die rou menslike oomblikke, daardie hartverskeurende mooi insidente waar die menslike weerloosheid naak lê vir almal om te sien, wat my die meeste tref… en dan moet ek skryf,” sê hy. Natuurlik is al sy musiek nie ewe ernstig nie en het hy dit geniet om onlangs die treffer, Boontasties, vir die trap-kunstenaar BOON se eerste album te skep. ’n Tweede lied, Sê Net Wat Jy Wil Sê, is ook deur dié kunstenaar aanvaar, maar verskil hemelsbreed van sy prettige voorganger.

Hoofkitaarspeler, sanger en liedjieskrywer, Jopie Pienaar, is ’n passievolle musikant met ’n natuurlike talent om van die kitaar een van die hoofrolspelers in enige musiekproduksie te maak.  Musiek was nog altyd deel van sy lewe en iets wat hom kon laat goed voel in enige fase of situasie waarin hy homself bevind het. Nadat hy op die ouderdom van veertien sy eerste rockkonsert (Straatligkinders) bygewoon het, het hy ’n kitaar aangeskaf en homself leer speel. Op hoërskool was hy deel van die band, Mad About You, en was hy ook betrokke by verskeie musiekprojekte by die skool en kerk. Dit is egter die tye, rondom die braaivleisvuur saam met Weco, wat vir hom uitstaan en wat hy beskou as die amptelike ontstaan van Victor Bravo. Wanneer hy nie besig met optredes nie, is hy ook ’n fiksheidsinstrukteur by CrossFit Razmig in Pretoria en werk hy daaraan om sy eie talent en selfvertroue as sanger en liedjieskrywer verder te ontwikkel. Buiten vir sy groot liefde vir Bluesmusiek, meen hy dat groepe soos Blink 182, Fokofpolisiekar, Dire Straits, Pink Floyd, Lynyrd Skynyrd en Kings of Leon die grootste invloed op sy kitaarstyl gehad het. “Tans luister ek na Spoegwolf. Hulle manier van skryf en hoe hulle musiek opbou en vloei, is baie goed. Ek hou ook van Rainbow Kitten Surprise se vreemde styl, metafore en die hoofsanger se stem,” vertel hy.

SKEMER kan afgelaai word op iTunes, Spotify, Google Play, Deezer, Apple Music, Amazon Music, SoundCloud en ander aanlynplatforms.

Victor Bravo wil hê dat hulle musiek moet wees watookal die luisteraar nodig het dit moet wees op daardie spesifieke oomblik wat hulle dit hoor. “Dit moet jet fuel wees vir die ouens wat wil kuier en dit geniet, maar dit moet ook ’n sagte vertroosting wees vir enigiemand wat op daardie oomblik ’n skouer soek om op te huil,” sê Weco.

Wat begin het as ’n Nuwejaarsvoorneme om musiek te maak ter wille van die passie en naletenskap daarvan, het uitgedraai in ’n kitssuksesverhaal wat die groeplede se wildste drome oortref het.

YOUTUBE-VIDEO’S

Dancing On My Own (Cover)

Vat My Saam (Oorspronklike werk)

Home (Cover – Weco van Basten)

Don’t Think Twice It’s Allright (Cover – Jopie Pienaar)

Stay (Oorspronklike werk – Weco van Basten)

SKAKEL NA ENKELSNITOMSLAG EN FOTO’S & ANDER FOTO’S

https://www.dropbox.com/sh/8sijc5ls7qv4alt/AAD25dcUbS4F3ykKVEoqKupBa?dl=0

https://www.dropbox.com/sh/wt2x886vicin8qk/AABswggPddFnmvqUYhM4GRZda?dl=0

KREDIET

Skemer-publisiteitsfoto’s: Sheen Photography

Vorige foto’s deur Cobus van Zyl Photography

Enkelsnitomslag deur Heidi Heart Creative Studio

Aksiefoto’s deur Dani B Photography

VOLG VICTOR BRAVO OP SOSIALEMEDIA

Facebook: https://www.facebook.com/VictorBravoMusic

Twitter: @VictorBravoMusic

Instagram: @VictorBravoMusic

SoundCloud: https://soundcloud.com/user-625588893

Web: https://victorbravomusic.wixsite.com/mysite

Hutsmerke: #VictorBravoLive #Skemer

BESTUURDER                                                             

Annelien van Basten                                                

Sel: 082 863 6817                                                      

E-pos: victorbravomusic@realsounds.co.za       

Kind regards

Annelien van Basten | 082 863 6817 | annievb5 | @avbasten | 086 465 2505

Related posts

Leave a Comment