Emil Paul se debuut album, BEGIN NET OOR, is pas vrygestel.

Emil Paul het bekendheid verwerf toe hy vroeër vanjaar ‘n plek los gesing het op Francois van Coke se span, tydens seisoen 3 van die plaaslike realiteit program ‘The Voice’.  Die jong man het nie op hom laat wag nie, en dis met groot opgewondenheid dat hy sy debuut album hierdie maand vrystel, getiteld ‘Begin net oor’.  Die album is versameling met iets vir almal; van dans-liedjie tot pop treffers en selfs ook ‘n paar ballades.

Olka Bolka E-Tydskrif het ‘n onderhoud gehad met Emil Paul, na sy eerste debut album om hom beter te leer ken.

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is gebore in Pretoria, maar bly al my hele lewe lank in ‘n klein dorpie in KZN, Paulpietersburg.  

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

‘n Awkward Duitser, met ‘n passie vir musiek, skryf en fotografie.  

Waar kom jou liefde vir musiek vandaan en hoe lank is jy al daarmee besig?

Ek kom uit ‘n baie musikale familie, maar ek het ook ‘n ander type verhouding met musiek gehad, wat nie in woorde veruidelik kan word nie. Ek speel al klavier van ouderdom 6 af, en het my Gr. 7 in klassieke klavier by UNISA in 2013 klaargemaak. Ek sing ook al my hele lewe lank, maar net in kore. Ek het as seuntjie Sopraan gesing, toe Alt, toe oorgeskip na Bass toe my stem breek, en het toe myself weer as tenoor gevind toe ek as solokunstenaar begin sing. 

Wat was jou gunsteling ding om deel te wees van “The Voice”?

Ek hou van besig wees, so die feit dat ons altyd op ons voete was met dinge, was vir my baie lekker. Dit was ook heerlik om net tussen mense te wees wat een algemene taal van musiek praat. 

Hoe was dit om onder Francois van Coke as mentor te werk?

Mens sou dink Francois is hierdie “hardcore rocker” wat altyd ernstig is, maar eintlik is hy maar ‘n “softy” met ‘n hart van goud! Ek het by hom geleer hoe om te bedoel wat jy sing, en dat musiek meer as net note en lirieke is. 

Vertel kortliks oor hoe jy “The Voice” ervaar het en wat jy daaruit geleer het?

Dit was definitief een van die mees stresvolste dinge wat ek nog gedoen het. Maar dit het my so baie geleer. Ek sal bieg, ek het weggestap met baie spyt, omdat te geintimideerd was deur die ander deelnemers, so ek het baie teruggehou toe ek daar was. Dus, het ek nou geleer dat ek vir niks en niemand moet terugstaan nie, en dat ek niemand ooit weer gaan toelaat om my terugtehou nie!

Wie sou jy sê is jou grootste musiek invloede?

Mense soos Demi Lovato en Calum Scott, wat musiek skryf, wat uit die hart kom, en gebasseer is op hulle lewenservarings. 

Waarna luister jy?

Enigeiets wat met my praat op daai oomblik van my lewe. Op my foon se speellys sal mens alles, van pop en country, tot rock en klassieke musiek vind. 

Som jou musiekstyl in een sin op?

Uniek, vars, selfstandig en 100% ek. 

 Watter invloed wil jy hê moet jou musiek op mense het?

Ek wil hê dat mense nogsteeds op die musiek kan dans en goed voel, maar ook hulself sal kan vereenselwig met wat ek sing. Musiek het my al deur die donkerste dye van my lewe gered, so as my musiek daai vir iemand kan beteken, het ek my doel bereik. 

Wat inspireer jou?

Mense wat die positief sien in negatiewe situasies. Ek glo nie mens moet jouself ooit as ‘n slagoffer sien nie, want dit beteken dan jy’s klaar met baklei. Mense wat hulself eerder as ‘n oorlewende, inspireer my. 

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Ek “fanboy” nie maklik oor enigeiemand nie, maar as ek vir enigeiemand sou flou word, is dit Demi Lovato. Ek is versot op haar stem! En in hierdie land, sou dit definitef iemand soos Riana Nel wees. 

Wat is die een liedjie wat altyd op jou CD-lys is?

The Story deur Brandi Carlile. Ek is mal oor daai liedjie!

As jy ‘n naweek wegbreek het waarheen gaan jy?

Huistoe, na my pa en my huis in Paulpietersburg. Die stad kan soms te vinnig beweeg vir mens! Ek is ook mal oor die strand en die see, so dit is ook waar ek op my gelukkigste is. 

Waarmee is jy op die oomblik besig?

My eerste album is nou uit, so nou is alle fokus maar op die bemarking daarvan! Ek swot wel ook klankingenieurswese, so ek werk op take en fokus op eksamens wat voorlê. 

 Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

My toekoms as sanger, gaan beslis meer selfstandig wees. Ek wil meer musiek uitsit, wat ek voel mense moet hoor, en nie meer so baie wat ander sê ek moet uitsit. Ek wil meer eksperimenteer met nuwe klanke, en minder ingeboks word. So, ek wil hard werk om my graad te kry, sodat ek die kennis het om daai te kan doen! 

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek – Ballades

Sanger – Shawn Mendes

Sangeres – Demi Lovato

Band – OneRepublic

Gunsteling liedjie – The Story deur Brandi Carlile

Rolprent – Suicide Squad

Akteur – Ryan Reynolds

Aktrise – Jennifer Lawrence

TV reeks – Modern Family

Kos en drankie – Pizza en Rooiwyn

Ontspanning – Swem of musiek luister. 

Vakansie bestemming – enigeiets, waar ek op die strand kan lê en swem!

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

– Onregverdigheid, en mense wat daarmee wegkom. 

– Mense wat ongeskik, oneerlik of vol van hulself is.

– Tamaties. 

– Dieremishandling. 

Emil Paul is defnitief ‘n jong man om dopgehou te word.

Onderhoud: Miggie Krauspe

SAMRO inligting:

Titel: Begin Net Oor

IRSC Kode: 194171545719

Verspreiding: CD Baby

Skrywer: Emil Paul

Vervaardiger: Edré Bosch

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →