Dag van Vroue KRAG!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

‘n Dag van vroue-KRAG! – ‘n showcase van Music Profile Management se talent in samewerking met Speakers Profile.

Hierdie is ‘n dag wat jy as vrou nie wil mis nie!  Van ons land se bekendste sprekers soos; Melinda Bam, Leandie du Randt & Hykie Berg is saam vir die eerste keer op een verhoog en asof dit nie reeds genoeg is om jou opgewonde te maak om dadelik ‘n kaartjie te gaan koop nie word die dag verder aan gevul tot nuwe hoogtes wat jy ook die volgende name elk in hul eie reg sal leer ken. Elsa Esterhuizen, Bertha Le Roux, Melissa Swart, Quinne Brown, Cindy Swanepoel , Je-Ani Swiegelaar asook  Daniëlla van Heerden

Hierdie dag is nie ‘n konferensie nie. Hierdie is ‘n lekker “fun” dag om vrou wees  te vier (#GIRLPOWER) en elke spreker te geniet met wat hulle aanbied by Music Profile Management aka Speakers Profile.

Ons gaan nie ‘n program uit gee vir die dag nie omrede ons die dag vol verassings wil hou !

Hierdie dag van 3 November, sal daar ook eksklusiewe “pop-up” shops deur ons sprekers, gaskunstenaar en borge wees, goodie bags asook natuurlik ‘n kans om ‘n foto te naam saam jou gunsteling spreker of persoonlikheid.

Irene-Louise Van Wyk, ons gaskunstenaar vir die dag sal seker maak dat deur alles jy ook jou voete kan stamp en die dag geniet op haar treffers soos Sjampanje, Hou Jou Hande Van My Lyf af & Vergeet Van My om net n paar te noem !

Alle paaie sal lei na Rockwood Theatre in Parkview op 3 November op die Dag van Vroue KRAG!… 101 Sprekers;1 Sangeres,1 Verhoog !

Koop nou jou kaartjie by:

Rockwood Theatre

012 368 1555

www.rockwoodtheatre.co.za

Ons begin om 13h00 en die lekker dag sal ongeveer 18h00 met ‘n pause tussen in ,afsluit .

Drankies, snacks & pizza sal te koop wees deur die loop van die dag.

Sien jou daar..!!


Enige onderhandelings / ooreenkoms aangegaan, hetsy mondelings of skriftelik, sal nie bindend wees op enige van die
partye nie tot en wyl sodanige onderhandelings / ooreekoms vervat is in ‘n skriftelike MPM kontrak en ten volle
onderteken deur alle partye.



Like ons blad op Facebook! https://www.facebook.com/MusicProfileManagement 
Volg ons op Instagram! https://www.instagram.com/music__profile/
Besoek ons webtuiste! https://www.speakersprofile.co.za      Est in 1975

Related posts