Hier is Irene – Louise van Wyk se nuutste promo video:

Venue: Musiekskuur
Musiekvideo deur: AVC Studios
Grimmering: FAFA Makeup

Daar word na haar verwys as Suid-Afrika se Meghan Trainor, maar Irene-Louise van Wyk hoef nie ’n tree vir hierdie musieklegende terug te staan nie…

Hierdie lewenslustige blondine het tussen musikante groot geword. Vanjaar is haar vyfde jaar in die bedryf en sy het reeds hope sukses bereik. Nie net het sy al saam met van die land se voorste kunstenaars gewerk en opgetree nie, maar van haar treffers soos, Vergeet Van My het ook verskeie weke bo aan die treffersparades van talle radiostasies, waaronder Jacaranda FM, gekuier. Jy Speel ‘n Game Met My saam Elvis Se Seun is ook vereer met ‘n VCR 90.6 FM-toekenning.

Sy het met haar twee CD vrystellings – Meer As Woorde asook Sjampanje, dit reggekry om vir haarself ‘n amptelike plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te vestig – nie net as sanger nie, maar ook as verhoogkunstenaar. Die aanslag van die Sjampanje vrystelling in 2017 is verfrissend anders en ’n ware bederf vir die oor.Die vrystelling het treffers soos Sjampanje en Hou Jou Hande van My Lyf Af ft Early B gelewer.

Irene – Louise het ook al reeds onder andere meer as 130 vertonings saam met aktrise en televisiepersoonlikheid, Leandie du Randt aangebied.

Irene-Louise was ook benoem vir 2 GHOEMA’S 2018.
-Publiek se gunsteling Vroulike kunstenaar
-Beste Pop Album deur ‘n vroulike kunstenaar.

Haar laaste enkelsnit vrystelling deur Coleske Artists Stukkende Ruite, was geskryf deur Rudi Claase. Hoedervleis mooi en Irene-Louise se stem word behoorlik uitgestal.Kyk maar hoe die een vlieg , die snit sny tot in die been. Hy was op 4 verskeie radio stasies nommer een en 4 weke nommer een in PE op Luister FM. Kyk die museik video hier


Kyk hier onder na ‘n paar links :

Friday Live op Jacaranda
Is Jy Spyt – Musiek Video (Geskryf deur Riana Nel)
Meet South Africa’s Meghan Trainor – Chanel 24 Artikel
https://maroelamedia.co.za/vermaak/bekendes/groot-jaar-wag-op-afrikaanse-sangeres/
Sjamapanje LIVE op Expresso
Vergeet Van My LIVE op Expresso
Sjampanje Live saam kitaarspeler in Paarl
Is Jy Spyt Live op Groot Ontbyt
Irene-Louise en Germandt Geldenhuys (Louis van Binnelanders) Cover van Shallow

Irene-Louise Van Wyk se splinter nuwe treffer wat jou hele lyf sal wil laat dans – IZIIIT? Het sopas die lig gesien .

Irene-Louise stel parmantige nuwe enkelsnit, Iziiit?, vry.

Irene-Louise van Wyk is geen vreemdeling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie. Daar word selfs na haar verwys as SA se Meghan Trainor. Oor die afgelope vyf jaar het sy haarself gevestig as sanger en verhoogkunstenaar met twee suksesvolle albums. Die geesdriftige blondekop se nuwe enkelsnit – “Iziiit?” , reg in haar unieke styl soos vorige treffers – Vergeet van My; Sjampanje en Hou Jou hande van my Lyf af, is pas vrygestel en beloof om net so suksesvol te wees soos haar vorige treffers. 

“Iziiit?” is ‘n lekker parmantige liedjie wat haar laat lag en dadelik ‘n in goeie bui sit, vertel Irene-Louise. Elkeen van ons het al by ‘n braai of ‘n kuierplek te doen gehad met daardie persoon wat almal laat verstaan hoe baie geld hulle het, of hoe wonderlik hulle lewe is. Hulle hou net aan en aan met praat, wat die ander in die stilligheid laat dink, “Iziiit?”.  

Die enkelsnit is geskryf deur Roux Cloete wat die meeste van Irene-Louise se “cheeky, funky” musiek skryf. “Die liedjie is bietjie sarkasties. Ons almal het al so iemand ervaar wat dink hulle is die mooiste, rykste en slimste,” sê sy. Sy hoop dat die liedjie mense sal herinner om nie die lewe so ernstig op te neem nie. Daar lê nog groot planne vir Iziiit? Voor wat onder meer ‘n musiekvideo insluit.  

Haar unieke Pop klanke en prettige tong-in-die-kies lirieke is opgewek en sit ‘n glimlag op jou gesig as jy dink aan die persoon wat jou al in die geheim laat “Iziiit?” het …   Die lewenslustige sangeres word binnekort ma en berei hard voor vir die tydperk wat wag. Sy neem dit vir eers rustig en wil fokus op haar gesinslewe, gesondheid en natuurlik nuwe musiek met nog ‘n beloofde enkelsnit volgende jaar.

Irene-Louise hoop dat haar musiek mense sal aanraak, iets sal laat voel, al is dit net om hul dag op te kikker. Musiek het nog altyd deur haar are gevloei. Sy was van kleins af omring deur talentvolle mense wat by haar ‘n voorliefde vir musiek gekweek het. Sy put inspirasie uit die kunstenaar wat sy streef om te word en hoop om in die toekoms saam met Snotkop te werk.  

Vir Irene-Louise is die hoogtepunt van haar loopbaan die 2 Ghoema nominasies (Publiek se gunsteling Vroulike kunstenaar, Beste Pop Album deur ‘n vroulike kunstenaar) wat sy in 2018 ontvang het. Sy sal ook nooit die oomblik in 2017 vergeet toe sy op die hoofverhoog by Innibos in voor 65 000 mense opgetree het nie. 

Sy hou egter haar voete vas op Moeder-aarde en vertel dat die musiekbedryf haar geleer het om nederig te bly, jy sal die vrugte pluk as jy hard werk.  

NAVRAE Besprekings Naam: Louis van Wyk Sel: 082 333 7188 E-pos: louis@musicprofile.co.za Publisiteit & Bemarking The Marketing Zoo Marne du Plessis Tel: 012 004 0642 E-pos: marne@marketingzoo.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →