JAN BLOHM ‘n Stille Runaway Toer

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat daar volgende jaar n nuwe Album vrygestel word na die sukses van die “Die Liefde Album” Ons toer ook “Live at the Performer” en “’n Stille Runaway”

Wanneer jy al als in die lewe probeer en ervaar het. Wanneer jou pelgrimstogte deurgetrap is en jou kruispaaie, deurkruis is. Wanneer jy selfs die hardste edelgesteentes en Ruby’s van die verlede deurkou het en jy vrede gemaak het met met jou verlede en wat die wêreld daarbuite van jou dink. Wanneer jy jou lisensie gekry het vir selfaanvaarding, eers dan, dan ervaar die rykdom wat elke mens so na smag;Die Liefde

Jan Blohm se debuutalbum wat in 2004 verskyn het, Melkstraat Confession, het die rock-wêreld op sy kop gedraai nadat hy in 2005 met die GMT-Toekennings die kollig gesteel het met ‘Album van die jaar’. Breyten se brief was toe as liedjie van die jaar aangewys en Jan as “Beste nuweling”.

Daarna het Jan sy loopbaan kaalvoet aangedurf met hoogte-en laagtepunte, maar staan vandag onoorwonne met die vlag in die hand op die spits van die berg as die koning van Rock.  Vele ander toekennings het gevolg soos Huisgenoot Tempo se “Beste Rock groep van die jaar” in 2005. In 2008 sprei hy vlerke en pluk die hartsnare in London en selfs Beijing, China!

Met die 14e jaarlikste SAMA toekenningsaand word ons Rock-Koning bekroon met “Beste Afrikaanse DVD van die jaar.” 2009 stel Jan sy 7 Jaar bekend en stap dankbaar weg met die VAMT toekenning vir “Beste Rock Album van die jaar” asook twee Huisgenoot Tempo Toekennings vir “Gewildste Rock Album” en “Alternatiewe Musiekvideo van die jaar” saam met MK! ‘n ‘Rocker’ met meer toekennings as kitare.

‘n Musikale sirkel wat begin het met frustrasies, teenkanting, sonder begrip en hoop, is vandag voltooi met selfaanvaarding en die grootste van als; Die Liefde… Jan Blohm breek die kontras tussen rock en liefde, en gaan jou harde rocke’s hart laat smelt met sy nuutste; Die Liefde Album!

Contact Bianca 076 410 5595

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →