Na die
vrystelling van sy 2018 album “Deur Jou Oë” en suksesvolle, toegekende
enkelsnitte, “Daai Liedjie”, “Voel”, “Alles
Om My” en “Soekhart”, is hy nou gereed om meer te
waag, met sy klank te eksperimenteer en sy ondersteuners met iets waardevol na
te laat,
wat hul idees sal uitdaag en iets sal gee om oor te dink.
Sy lewenservarings, goed en sleg is die dryfkrag van die boodskappe in sy musiek en is essensieel die ink in die pen waarmee hy sy lirieke lewe gee.
Volgens Vernon is “Asseblief”, sy nuutste enkelsnit en eerste voorbeeld van vars melodieë, bindende- en diep emosionele ritmes ‘n eerlik en volwasse interpretasie van universele ervarings, wat almal een of ander tyd beleef.
Vernon
geniet die verantwoordelikhied, maar terselfdertyd die voorreg wat hy het om ‘n
spreukbuis asook verteenwoordiger vir sy luisteraars te wees.
“Dis vir my belangrik om oor gevoelige onderwerpe te skryf en te
sing”, sê Vernon.
“Nie omdat dit voordelig is om aan hartseer en teleurstelling vas te hou nie,
maar omdat dit noodsaaklik is om oor ons seer te praat, indien ons daardie
emosies behoorlik wil prosesseer en volkome daarvan wil herstel”.
Vernon is baie
opgewonde om hierdie nuwe hoofstuk van sy verhouding met musiek aan sy
ondersteuners bekend te maak en hoop dat elke luisteraar ‘n positiewe boodskap,
relevant tot hul situasie, uit sy musiek sal vind.
Vernon Barnard – “Asseblief”
Vrystellings datum: 22 Augustus 2019
Label: Independant
ISRC#:TCAEJ1979123
UPC: 859734205171
Genre: Pop
Tweede Genre: Dans Taal: Afrikaans