Pieter Marcato Stel eerste enkelsnit – “As Jy Vra”, vry.

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Pieter Marcato, wat naam gemaak het as lid van die Afrikaanse popgroep EON en die musiekgroep Marcato, het sy eerste enkelsnit as solokunstenaar vrygestel.

Sy eerste solo-enkelsnit, “As jy vra“, gaan oor verhoudings. “Dit gaan daaroor dat mens na mekaar moet luister en mekaar ʼn kans moet gee.”

Pieter Marcato het aan die begin van die jaar met sy sololoopbaan begin nadat hy oor die jare sy merk in die musiekbedryf gemaak het deur harde werk, sy passie vir musiek en deursettingsvermoë.  Musiek het nog altyd ʼn groot rol in Pieter Marcato se lewe gespeel en hy bekwaam homself nou ook as liedjieskrywer.

Pieter Marcato is ook die stigter van LEGATO RECORDS en het klankingenieurswese studeer.  

“Musiek is in alle opsigte deel van my lewe en ek is in my element wanneer ek die passie aan ander mense kan oordra – in watter vorm dit ook al mag wees. Musiek is een van die dinge wat mense bymekaar kan bring en dis vir my ʼn eer om deel te wees daarvan.”

Marcato het diep in gehore se harte gekruip met hulle interessante vermenging van musiekstyle soos folk, country, bluegrass en akoestiese rock. Marcato is in 2008 gestig deur ʼn hegte groep vriende.  In 2017 stig Pieter Marcato, die sanger en akteur Altus Theart en Jerry Spangenberg die Afrikaanse alternatiewe popgroep EON.  Die groep het reeds groot sukses met hulle eerste treffer Bittersoet van hul eerste album, Ligjare, behaal.

Olka Bolka E-Tydskrif het ‘n onderhoud met Pieter gedoen om meer van hom uit te vind.

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

 Ek is in Pretoria gebore en het hier groot geword. Het so bietjie in Natal gebly maar meestal in Pretoria.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek het op skool begin kitaar speel waar ek in baie skool bands was. Ek het my liefde vir musiek gevind deur die bekende rock groep “The Offspring”. Ek het naskool voltyds in musiek in gegaan waar ek die groep Marcato saam my vriend Ben van Zyl begin het en later die groep EON gestig het saam Altus Theart en Jerry Spangenberg. Ek was lus vir `n nuwe uitdaging en het besluit om ook solo te begin sing. Ek en my vrou Karin is Februarie 2018 getroud en het op die 3rd October 2019 ons dogtertjie Amila verwelkom.  

Waar kom jou liefde vir musiek vandaan en hoe lank is jy al daarmee besig?

 Ek het `n liefde vir musiek al van kleintyds af maar het wel my eerste kitaar eers gekry toe ek 14 was. Ek het myself geleer kitaar speel en het insperasie getrek van my gunsteling musiek groepe af en myself hulle liedjies leer speel. Ek het wel eers op 22 begin sing.

Hoeveel albums het jy al vrysgestel en enkelsnitte? 

Vir die groep Marcato het ons 3 Albums vrygestel, EON een album en vir my solo Pieter Marcato is “As jy vra” my eerste enkelsnit.

Was jy maar nog altyd in die vermaaklikheidsbedryf of het jy ‘n ander beroep ?

Ek was nog altyd in die musiek bedryf.

Wie sou jy sê is jou grootste musiek invloede?

Bruce Springsteen, Ed Sheeran, Francios van Coke en Simon and Garfunkel.

Waarna luister jy op die oomblik?

 Die nuwe Blink 182 album.

Som jou musiekstyl in een sin op?

 Volk Pop met akoestiese kitaar en lekker ritmes.

Watter invloed wil jy hê moet jou musiek op mense het?

Ek wil graag `n posetiewe inspererende invloed op mense he.

As jy saam met enige iemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

 Francios van Coke want hys hardswerkend en `n regte insperasie.

Wat is die een liedjie wat altyd op jou CD-lys is?

Don’t stop believing van Journey.

As jy ‘n naweek wegbreek het waarheen gaan jy?

Ek het nie regtig naweke af nie maar as ek wel een af het geniet ek tyd saam my gesin met netflix en chill of braai saam vriende. As ek wel kans het vir `n wegbreek sal ons graag weer Mauritius toe wil gaan of bietjie oorsee toer.

Waarmee is jy op die oomblik besig?

Ek is besig om aan `n musiek video te werk asook my volgende enkelsnit. Ek is ook tans besig met besprekings en toer reelings vir die komende jaar.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Feeste toer en die land vol sing.

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek: Rock

Sanger:  Ed Sheeran

Sangeres:  Lana del Ray

Band: Spoegwolf

Gunsteling liedjie: Don’t Stop Believing (Journey)

Rolprent: Wolf of Wallstreet

Akteur: Leonarde Dicaprio

TV reeks: Ray Donovan

Kos en drankie: Kook kos en Whiskey

Ontspanning: Swem en Gym

Vakansie bestemming: Mauritius

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge. 

1.     Bier

2.     Groente

3.     Traffic

4.     Shopping

Pieter Marcato – “As Jy Vra”

Vrystellings datum: 14 Oktober 2019

Label: Independent / Dexco Records

ISRC#: ISRC- ZA-871-19-00001

Genre: Folk Pop

Taal: Afrikaans


Ons span sien vreeslik uit daarna om u terugvoer spoedig te ontvang vir ons eie rekords.

Vriendelike groete,


Artist Village

Ferdinand J Steyn-Eicker

Skakelbeampte / Publicist vir Top Kunstenaars / Sel: 079 1455 701 / ferdi@artistvillage.co.za

Related posts

Leave a Comment