FOTO KREDIET: Ross Melow van “Hybrid Fusion”
Sincerely Anne laat jou in jou spore vassteek wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing. Daar is ’n hoendervleismooi opregtheid en strelende ondertoon in haar stem wat jou uitnooi om verlore te raak in haar betekenisvolle lirieke… en laat aanhou luister na haar boodskap, totdat die finale noot stil geraak het. Dit is dan ook hierdie eienskappe wat haar eerste enkelsnitvrystelling so onvergeetlik maak.

POISON is ’n oorspronklike moderne verwerking, wat Progressiewe-, Alternatiewe- en Pop-Rock-elemente kombineer. Hierdie snit kom uit haar eie pen en gaan oor die gevolge daarvan om betrokke te raak in negatiewe verhoudings en situasies. “Gewoonlik laat ek die gehoor toe om my musiek op hulle eie manier te interpreteer. As ek egter moet opsom waaroor die liedjie vir my gaan, sou ek sê: om in ’n giftige interpersoonlike omgewing ingetrek te word blywende gevolge op jou gemoedstoestand kan hê,” verklap die talentvolle musikant en liedjieskrywer oor haar nuwe vrystelling. “Ek kom uit ’n situasie uit wat my baie afgetrek het. Die liedjie is die resultaat van hoe ek my gevoelens uitgedruk het en die lirieke het deur middel van my joernaal en ’n droom na my toe gekom.”

Volgens die sangeres, het sy in die verlede liedjies geskryf as deel van die groepe waarby sy betrokke was. POISON was die eerste liedjie wat sy self gekomponeer het. Sy deel: “Dit was die eerste liedjie waarmee ek ateljee toe is en die begin van ’n baie bevredigende reis, waarop ek met soveel wonderlike mense kon werk. Ek dink luisteraars sal aanklank vind by die boodskap en musiek en as ek net een persoon minder alleen kan laat voel hiermee, het ek in my doel geslaag.”
Anne woon tans in Johannesburg, maar het op ’n plaas grootgeword en tuisonderrig ontvang totdat sy dertien was. Sy is die jongste van vyf kinders en was baie jonk toe sy leer viool speel het. Sedertdien het musiek ’n integrale deel van haar bestaan geword. Sy het vir negentien jaar viool gespeel by funksies en vir vyf jaar in groepe gesing, voordat sy in 2017 met haar solo-loopbaan begin het en beskou dit as een van haar grootste prestasies sover.

Oor die jare, het sy baie loopbaan hoogtepunte bereik en die verhoog gedeel met van die grootste name in die musiekbedryf, waaronder Connell Cruise, Ard Matthews, Joshua na die Reën, Jan Blohm, Amanda Strydom, Graeme Watkins Project, Shortstraw, Shaun Jacobs en vele meer. Sy was ook, as konsertmeester en vioolspeler, betrokke by orkeste soos die NWU PUK-orkes en die Randse Simfonieorkes.
Die kunstenaar het waardering vir ’n wye verskeidenheid musiek, maar sonder Muse uit as een van die groepe wat die grootste invloede op haar eie outentieke musiekstyl gehad het. “Ek het hoofsaaklik klassieke musiek geluister totdat ek tien was en aan kontemporêre genres bekend gestel is. Enige styl musiek, wat klassieke elemente bevat, trek my dadelik. My eie werk verskil egter van dag-tot-dag en die invloed agter elke liedjie is anders,” vertel die sanger.
As jy haar vra waar sy die inspirasie vir haar lirieke vandaan kry, antwoord sy dat dit soms van persoonlike ervarings en emosies kom, maar dat die klavier ook help om haar te inspireer gedurende die skryfproses. Wanneer sy nie op die verhoog is nie, gee sy viool- en klavierlesse om die pot aan die kook te hou en verklap sy dat sy heel moontlik ’n loopbaan in sielkunde of fisiologie sou oorweeg het as sy nie kon sing nie.
Sincerely Anne glo dat geleenthede aangegryp moet word en dat jy nooit jou drome en doelwitte moet uitstel nie. Sy wil graag hê dat haar musiek ’n uitdrukking moet wees van dit wat mense voel, maar nie altyd weet hoe om te hanteer nie. Met POISON oortref sy nie net hierdie doelwit nie, maar verseker sy ook vir haarself ’n permanente plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers en op die treffersparades van die land se grootste radiostasies.
Hierdie liedjie is nou op alle digitale platforms hier beskikbaar:
iTunes: https://music.apple.com/us/album/poison-single/1483245802?ign-mpt=uo%3D4
Spotify: https://open.spotify.com/album/4lmht78isaBFsZn5O2U4dX
Google Play: https://play.google.com/store/music/album/Sincerely_Anne_Poison?id=Bkscj3b7vyccwfuq3hhq2iezcqi
Deezer: https://www.deezer.com/us/album/114587572
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/sincerelyanne1/
Instagram: @sincerelyanne._.music
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCe1GNnmaC_wYr56AX_RIi-g
PUBLISITEIT & BEMARKING
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za
STARBURST PROMOTIONS
Jacques Perie – ADMINISTRATION