GRATIS SPRINGS EN EDENVALE MEAT WORLD MUSIEKFEESTE OP 26 OKTOBER 2019 WEN ‘N RENAULT STEPWAY BY ALLE TAKKE VAN MEAT WORLD!

Please follow and like us:
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
LinkedIn
Share
INSTAGRAM

Die jaarlikse Meat World Musiekfees vind op Saterdag, 26 Oktober 2019 plaas by die Springs Mark en ook by die Edenvale Meat World by die Meadowdale Mall.  Die  Springs Musiekfees is heeltemal gratis en skop af met ‘n regstreekse uitsending van RSG se BREKIS MET DERRICH met bekende omroeper Derrich Gardner agter die stuur van sake vanaf 08:00-10:00.  Daarna sal kunstenaars soos DJ Dazzie Funk, Pieter Koen, Sorina Erasmus (beter bekend as die Flooze), Helene Bester, Scott Engelbrecht en Alwyn Oberholster optree.  Bring ook die kinders, want Kristi Kat en haar maatjie, Helene Bester, kom ook die kinders vermaak. 



By die Edenvale Meat World, tree DJ Dazzie Funk, Alwyn Oberholster, Pieter Koen, Sorina Erasmus, Kristi Kat en Helene Bester op.  Helene gaan ook ‘n paar van haar Nana Mouskouri liedjies by Edenvale sing. 

Meat World gee ook ‘n splinternuwe Renault Sandero Stepway weg by alle takke van Meat World.  Koop net vir meer as R200 by die Springs Mark voor 25 Oktober 2019 en kom in die trekking.   Al die wenners sal ook na 17:00 op RSG aangekondig word.



Angelino Perreira, die Besturende Direkteur van Meat World, sê dat die Meat World Musiekfeeste al ‘n lekker instelling is.  “Ons is dankbaar vir die ondersteuning wat ons van ons kliënte ontvang en juis daarom is dit vir ons lekker om ook terug te gee aan die gemeenskap.  Ons nooi almal uit om reeds vroeg te kom, bring jou eie stoel en sambreel en geniet hierdie top kunstenaars.  Die lekkerte is dis heeltemal gratis!”   Perreira het ook aangekondig dat biltong op Saterdag, 26 Oktober 2019 gaan verkoop vir slegs R149,99 per kg by alle takke van Meat World.  “Nerens gaan jy kan biltong koop vir hierdie prys nie!”  Die ideale plek om jou biltong te kry vir Saterdag se groot rugby!

Daar word ook ‘n lekker vlooi- en kunstemark gereel op Saterdag, 26 Oktober 2019.  Kom eet al die lekkernye en kom koop solank Kersgeskenke.  Persone wat belangstel om stalletjies te bespreek kan 083 254 7293 of (011) 815 3000 skakel.  Eposse kan gestuur word aan admin@lefra.com of besoek www.meatworld.co.za

UITGEREIK DEUR LEFRA KOMMUNIKSASIE EN BEMARKING
NAVRAE: CHARL SENEKAL – BEMARKINGSBESTUURDER
TEL: (011) 815 3000  CELL: 061 616 6138
EPOS: admin@lefra.com

Related posts